Net toetse, geen eksamens vanjaar vir gr. 10, 11

Argieffoto

Luidens ’n omsendbrief deur die departement van basiese onderwys sal leerders in gr. 10 en 11 aan die einde van vanjaar nie oudergewoonte eksamen skryf nie, maar eerder “gekontroleerde toetse” in hul onderskeie vakke.

Dit is weens die grootskaalse ontwrigting wat die algehele landwye afsondering en die koronavirus op die akademiese jaar gehad het.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys, het die egtheid van die omsendbrief Woensdagoggend aan Maroela Media bevestig.

Luidens die brief het onderrigtyd vanjaar verlore gegaan weens die skole wat vir vier weke gesluit was waarna leerders om die beurt begin skoolgaan het om hul kans om infeksie te verminder. Dít het daartoe gelei dat nie alle leerders dieselfde gewig van die kurrikulum gedek het nie.

Die departement het dus besluit dat gekontroleerde toetse deur die leerders se onderskeie onderwysers opgestel moet word en slegs werk sal dek wat die leerders reeds behandel het. Die toets behoort tog ’n wesenlike deel van die kurrikulum dek, word daar in die brief verduidelik.

Eksamenvraestelle word gewoonlik deur die departement opgestel en alle leerders skryf dieselfde vraestel.

Luidens die brief sal die gekontroleerde toetse ook minder gewig as ’n eksamen in die assessering van ’n leerder dra terwyl skoolgebaseerde assessering meer gewig sal dra. Die gewig vir die eksamen, wat vanjaar as ’n toets geskryf sal word, word nou van 75% tot 40% verminder terwyl die gewig vir skoolgebaseerde assessering van 25% tot 60% verhoog word.

Volgens die departement sal leerders in gr. 10 slegs gekontroleerde toetse van een uur lank skryf terwyl gr. 11’s gekontroleerde toetse van twee uur lank sal skryf.

Hoewel die aantal toetse in fundamentele vakke soos wiskunde en tale dieselfde bly as in ʼn eksamen, sal die tyd wat toegeken word om die toets te skryf, verminder word. Keusevakke se toetse word tot een toets per vak beperk.

Die skryf van dié toetse is steeds onderworpe aan die protokolle wat moderering betref om te verseker dat daar aan standaarde voldoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andrew ·

Vir mediese studies in KZN in 2010 as volg:
Wit mense kort 90% in 5 vakke, 80% in 1 ander en 80% in n standaardheids toets.
Kleurling studente kort 80% in 4, 70% in 2 , en 53% in n standaardheids toets.
Swart studente kort tussen 70-79% in 6 vakke, en 50% in die standaardheids toets.
Die standaardheids toets meet die standaard van die matriek uitslag, oftewel is die persoon se kennis op standaard. Dus met n gemiddeld van 70%, en teen onderkant van 50% standaard gemeet, beteken die persoon mag moontlik n gemiddeld van 35% gehad het sou die persoon by n standaard skool gewees het. Dit los die vraag oor die voordeel wat sekere skoliere in privaat of model-c skole or die laaste 10 jaar gehaad het, maar tog het SA n geweldige tekort aan doktors. Hul vlieg nogsteeds Kubane in

Andrew ·

en dan 10 jaar later , vat ons die 50% en maak dit 40% want die graad 10 en 11 leerlinge kom nie deur nie en kry dus nie toelaating tot medies nie.

Piet ·

Wat bedoel jy met standaardskole? Almal in publieke skole skryf mos dieselfde eksamen. Boonop kan ek nie sien dat enige dom leerder toegelaat sal word om medies te swot nie. Dis darem nou ‘n bietjie te dik vir ‘n daalder

Andrew ·

As al die skole op standaard was dan sou ek saam stem, maar die realiteit is alle skole is nie op dieselfde standaard nie anders sou die slaagsyfers dit gewys het. Daar sou ook geen nut vir n standardiseerings toets gewees het nie (daar is ook die IEB ens maar ons hou by staat skole). Ek vir een sal ook wil sien hoe verdere mediese studies se qoutas toegepas word, weet wie om nie te besoek nie.

So om die qoutas vol te kry moet genoegsame swart studente universiteit toelaating kry.
Dit is die % slaag syfers wat in 2010 nodig was om in KZN medies te studeer, met n standaardiseerings toets slaagsyfer van net 50%, dit was om die qouta van 69% swart mediese eerste jaar studente vol te kry. Maklike google.

Dom of nie dom, dit is die gestelde qoutas.

koos10 ·

Dis sommer net plein onosel. Tydens toetse gaan kinders normaal skool, tydens eksamens bly hulle in een klas en kan die af tye gebruik om te leer. Toetse is baie meer druk as eksamens.

Elijah Mhlanga, jy moet ook bietjie terug gaan skool toe om te leer tel. 4 weke is 20 skool dae, dis sowat ‘n kalender maand. As skole nie SELF opgetree het nie (sien nadat julle die knie gebuig het vir die unies) het my seun in graad 9 sowat 6 maande of sowat 50% van sy skool dae gemis, maar met dit alles het hy gelukkig net 35% SKOOLDAE gemis, en weet jy wat? Hulle skool werk is op datum.

Julle probleem lê by die kwintel 4 en 5 skole, wat alles vanaf die staat kry en wie se onderwysers (jammer as ek veralgemeen, die skoen moet maar pas) nie wil werk nie. Hulle is sover agter, dit lyk of hulle al met 2021 begin het.

Gato ·

Die graad 10 en 11 leerlinge wat nou net toetse gaan skryf en dan maar almal bevorder gaan word na die volgende graad gaan volgende jaar agterkom dat hulle myle ver agter is en nie die nodige kennis het om graad 11 of 12 baas te raak nie. Dan gaan die regering hulle weer almal deurdruk om die graad 12 uitslae goed te laat lyk. So beland derduisende jongmense in die arbeidsmark sonder dat hulle genoegsame basiese kennis het. 2022 en 2023 se eerstejaar studente gaan uitval voor die jaar halfpad is.

Anel ·

Ek wil my verstout om te sê dat ek dink Afrikaanse kinders gaan weer uitstyg want soos ek kan aflei is hulle op datum met hulle werk. Hulle het nie niks gedoen nie tydens die inperking nie. Dit klink of hulle baie hard gewerk het. En daarom is ons kinders so gesog in die buiteland. En dit is nie net by gewone medies wat die blanke kinders so hoë persentasie om toelating moet hê nie. Dit is vir veeartsstudies dieselfde. En dan val die 30% ters in die eerste jaar uit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.