Netbal SA dalk binnekort in hof gepak oor rassereëls

Die Mpumalanga Sunbrds. Foto: Verskaf.

Netbal SA word met regsaksie gedreig oor dié liggaam se reëls in verband met die rassesamestellings van spelers wat op ʼn gegewe oomblik op die baan moet wees.

“Dit is gewoon belaglik. Suid-Afrika is reeds die mees rasgereguleerde land ter wêreld, maar daar is feitlik geen sfeer van die samelewing waar die vlak van inmenging eers naby aan netbal kom nie, ” sê Hennie Bierman, hoof van Solidariteit Gildes.

Solidariteit het Vrydag ʼn skrywe aan Netbal SA gerig waarin die federasie versoek word om afstand te doen van dié reëls of deur regsaksie in die gesig gestaar te word.

Die Mpumalanga Sunbirds het met die Kingdom Queens in die halfeindstryd van die Telkom-netballiga afgereken maar het kort daarna gehoor dat hulle nie aan die transformasieregulasies voldoen het nie en van hul punte gestroop word.

Die span was hul plek in die finaal kwyt omrede hul te min wit spelers tydens die wedstryd op die baan gehad het. Theresa Rossouw, afrigter van die Mpumalanga Sunbirds, het onsuksesvol teen die bevinding geappelleer. “Die feit dat ek as afrigter – sonder dat ek dit besef het – soveel teleurstelling kon veroorsaak is verskriklik. Ons was op die aanval en ek en my assistent se volle aandag was op die spel gewees; hulle is my spelers en ek kyk nie na kleur nie.”

Theresa Rossouw.

“Die idee dat daar rasseskeidsregters is wat deurlopend verseker dat die spanne ʼn kunsmatige en onregverdige rassekwota handhaaf is nie net heeltemal teenstrydig met internasionale norme nie, maar ook moreel afskuwelik by uitstek,” meen Bierman.

Solidariteit voer aan dat Netbal SA met sulke reëls nie bloot net sekere groepe benadeel nie, maar alle spelers, afrigters en uiteindelik die hele sportsoort en sy verwante beroepe skade berokken deur die afdwing van hierdie streng en ongeregverdigde reëls.

“Die vraag was nog nooit wie die benadeelde en wie die begunstigde van sulke absurde reëls is nie. Die feit is dat ons almal slegter daaraan toe is. Die sportsoort is ook slegter daaraan toe. Ironies genoeg is die grootste slagoffer van sulke onlogiese reëls die hoop dat daar vordering sal wees met betrekking tot rasseverhoudings in ons land.”

Die tersaaklike reëls soos dit tans uiteengesit en toegepas word, is in geheel ongrondwetlik, meen Solidariteit. Dit word ook deur verskeie regulasies wat deur internasionale liggame vir dié sport saamgestel is, verbied.

“Ter wille van regverdigheid moet ons dit beveg; ter wille van almal wat in die beroep staan; ter wille van die jonger generasies wat moet grootword in ʼn samelewing waarin hulle geleer word dat dit normaal is vir iemand om vir jou te sê dat jy nie nou op die baan mag wees nie as gevolg van jou velkleur. Ook ter wille van diegene wat bloot net die sport wil beoefen omdat hulle lief is daarvoor en vir wie dit ʼn wegbreek is van die golf van politiek wat toenemend ons lewens oorneem,” sê Bierman.

Rapport berig intussen dat Netbal SA vandag sal besluit of daar teen Rossouw opgetree gaan word nadat sy haar misnoeë met die besluit om haar span te straf, te kenne gegee het.

“My spelers was stukkend. Die een oomblik was hulle opgewonde oor die eindstryd, net om in die volgende te hoor dat hulle verneder is,” het Rossouw voorverlede week aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Persheks Adri ·

Politiek en rassisme hoort nie in sport nie! Vir die 1ste keer is daar te veel wit mense. Ek kan dit nie glo nie regtig

Mudguard ·

Die bal moet ook seker swart wees anders word iemand benadeel.

Misky ·

Dalk nie, want dan word hy weer rond “gegooi” en iemand sal n probleem hê

Flip ·

Miskien moet alle wit spelers en afrigters n ander heenkome vind in n ander land. Sal dan graag wil sien hoe lank die sport dan sal hou sonder dat dit “ge-abba” word.

Anel ·

In hierdie land word kinders geleer dat jy nie hoef te werk vir iets nue. As jou velkleur reg is kry jy net, maak nie saak hoe sleg jy us nie. Wit kinders moes nog altyd harder werk om iewers te kom en al kwalifiseer hulle, moet hulke plek maak vir of iemand van kleur of vir ‘n kind wie se ouers geld het. Ons kinders het dit ook aanvaar, maar is vandag suksesvol en die wat gekry het agv kleur of pappa se geld en invloed, waar is hulle.
Wat hier gebeur het is uiters swak. Die beste span het nou nie gewen nie want vir ons regering gaan niks oor wen nie, solank daar kwotas is. Dis siek verby. Is nou al so keelvol daarvoor. Ondersteun nou al vir jare geen sport meer nie en was baie groot ondersteuner. Voel jammer vir die wat dit verdien, maak nie saak wie of wat jy is nie.

Dup ·

SASCOC het destyds verkondig:”no normal sport in an abnormal society”.Niks het sedertdien verander nie…..

Die Goodwoodianer ·

“Die span was hul plek in die finaal kwyt omrede hul te min wit spelers tydens die wedstryd op die baan gehad het.” Hersien asb.

Jaco ·

“Die span was hul plek in die finaal kwyt omrede hul TE MIN WIT spelers op die baan gehad het”
So dié rasbewuste swart sportowerhede het eintlik teen hulle eie ras “gediskrimineer” omdat die span nie wit genoeg was nie. Meer wit sou dus meer “reg” gewees het as meer swart.
Dit móét ‘n eerste in die geskiedenis van dié anti-wit SA sedert 1994 wees. Hier kom groot reën. Waar ook al nog droogte is: berei julle voor. GROOT waters kom!
So wit mense mag darem netbal speel in dié land waar orals 2 stelle reëls geld en waar wit mense gedurig aan die kortste end trek.

Riaana ·

Kan my ore nie glo nie… “te min WIT spellers” dis n eerste sou dink hulle sou eerder bly of trots wees… maar ja hou Politiek uit SPORT uit alle magtig waarmee gaan hulle nog fout vind,

Gert Johannes ·

En uit die werkplek, dan sal dit baie beter gaan met die land en sal baie meer van hulle werk kry.

Vrijburger ·

Dit is tyd om die ANC se voorbeeld onder die vorige bedeling te volg – internasionale optrede teen SA sport. En ja, as dit nodig is boikotaksies en uitsluiting uit internasionale sportorganisasies en deelname.

Alle rasvereiste moet uit sport uit.

Sarel ·

Onderdoek moet gedoen word na die optrede.. Die span was beroof. en uitverkoop..

Sarel ·

Ondersoek moet ingestel word want die span was beroof.
Iewers is slang in die gras. Hoekom nie tydens wedstryd beswaar gemask nie. Klink asof die span nie moes gewen het nie. Iewrrs is vooraf gekonkel

Fred ·

So gebaseer op wat hier gebeur het, gaan die regering hom self uitskop as daar te min witmense/vrouens of wat ook al in dialkabinet is?

Jakes ·

Was die persoon wat die bewering gemaak het dalk kleurblind? Nog nooit gehoor dat daar gekla sou word oor te veel wit spelers nie.

Sparky ·

“Die span was hul plek in die finaal kwyt omrede hul te min wit spelers tydens die wedstryd op die baan gehad het.” Dit is wat ek gelees het en nou sien ek almal kla oor te veel wit spelers…..Nou hoe nou!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.