NGV ‘eenvoudig onuitvoerbaar’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Hush Naidoo/Unsplash)

Die nasionale tesourie sal ʼn belaglike bykomende bedrag van R296 miljard benodig om die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ʼn werklikheid te maak.

ʼn Nuwe verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) dui daarop aan dat die regering doodeenvoudig nie oor die vermoë beskik om die beplande NGV in Suid-Afrika te bedryf nie.

Die wetsontwerp vir die NGV is in Junie deur die parlement aanvaar, maar besonderhede oor hoe dit veronderstel is om te werk, bly karig.

Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die SNI, sê daar kan in hierdie stadium akkurate aannames oor die algehele geraamde koste van die NGV gemaak word op grond van hoe die regering beplan om die hele privaatgesondheidsektor in die NGV op te neem.

“Ons kon met behulp van die nasionale begroting ʼn akkurate skatting maak; dit is nou éérs duidelik dat die NGV geheel en al onuitvoerbaar is.”

Volgens Du Buisson is daar egter steeds min inligting beskikbaar oor hoe die regering beplan om die NGV te finansier.

“Dit blyk dat die staat die fondse deur bybetalings op inkomstebelasting en ʼn algemene betaalstaatbelasting moet bekom.

“Dit sal dus enigiemand wat ʼn inkomste verdien raak, veral die lae-inkomstegroepe,” sê Du Buisson.

“Vir die meeste salaristrekkers beteken dit ʼn verhoging van sowat 40% op jou persoonlike belastinglas. Indien jy tans R5 000 aan inkomstebelasting betaal sal jy in die toekoms R7 000 moet opdok.”

Du Buisson meen dat minimumloonwerkers die swaarste hierdeur geraak sal word omdat hulle tans geen belasting betaal nie, maar nou met ʼn koers van sowat 14% belas sal word.

“Boonop kwalifiseer hierdie werkers tans reeds vir gratis sorg in staatshospitale. Dit wys net weer hoe absurd die NGV-planne is.”

Daar is inderdaad hervorming in die land se gesondheidsektor nodig. Tog moet die fokus eerstens op die opleiding van meer dokters en tweedens op verbeterde gehalte diens in die openbare sektor val.

“Slegs dán kan die staat begin om ʼn insae in die private mediese sektor te hê,” sê Du Buisson.

“Die verslag toon duidelik hoe die NGV almal van ons heelwat méér gaan laat betaal – en dit vir swakker gesondheidsorgdienste.

“Solidariteit is oortuig dat die wetsontwerp vir die NGV finansieel eenvoudig onuitvoerbaar is en dat dit in die geheel herroep moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Di ·

Nee jong, die kaders dink die geld val uit die lug uit! Ons middelklas mense verarm by die dag al hoe meer. Die meerderheid word net ingestop en die minderheid moet net bly opdok. Hulle moet ophou lugkastele bou wat nie kan realiseer nie. Dis net van gee gee gee ……………. plaas skep hulle meer werk

Pieter ·

Die lot is soos ‘n groot klip wat afdraande rol. Nie veel stop dit en daar is gewoonlik skade. Niks nuut maak nie saak hoe baie jy logies probeer praat…

annie ·

Julle moet begin verstaan, na drie dekades, dat die ANC die onverskrokke drang het, om alles in die land af te wentel tot in die ellende. Wat kan nou beter werk as juis mediese dienste aan siek mense wat sorg benodig, as dit. Die ANC glo veral noudat BRICs hier vergader, dat hul martelaarskap die krane sal laat loop by die BRICs-bank vir ‘n lening wat nooit terugbetaal sal word nie weens die sware lyding van onse regering en die rassisme en agtergeblewenheid en en… En so gaan die nuwe idee gebore en begrawe word met BRICs-fondse. RIP.

MJLS ·

Ek stem 200% NEE vir hierdie “plan” van die kaders. Hulle het net nog ‘n plan vir korrupsie daargestel.

Hendrik ·

Die ANC sal die staatspensioenfonds gebruik om die NVG te finansier. Die fonds is mos triljoene rande sterk.

Fluisterwind ·

Dit is belangrik om daarop te let dat ekonomiese oorlogvoering aansienlike gevolge vir burgerlike bevolkings kan hê, en die doeltreffendheid daarvan kan verskil. Alhoewel dit nie direkte geweld behels nie, kan dit steeds tot lyding, onstabiliteit en onbedoelde gevolge lei.

Bolandse Nooi ·

Ons dinges al hoe meer in die rigting van ‘n totale kommunistiese staat in. “Wat myne is, is myne … en wat joune is, is ook myne”.

Danie ·

Hoe wil jy n onbevoede korrupte eenheid verder befonds.Hulle moet toegemaak word en nuwe personeel aangestel word.

JohanR ·

Die ANC gee nie om of die gesondheids stelsel heeltemaal ten gronde gaan nie. Daar is kaders wat uit die NGV stelsel dik gaan vreet! Wat in Suid Afrika het hulle nie al verwoes sodat die kaders kan vreet?

Koos 100 ·

Ek is oortuig dat die verkiesingsbeloftes is. Hoeveel van die ANC se verkiesingsbeloftes van 1994 het gerealiseer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.