Nie nodig vir paniek oor NGV – presidensie

Vincent Magwenya (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Suid-Afrikaners kan gerus wees dat pres. Cyril Ramaphosa nie sommer net die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal afteken sou die Nasionale Raad van Provinsies dit óók goedkeur en die wetsontwerp op die president se tafel beland nie.

“Ek dink nie daar behoort enige paniek te wees wat die wetsontwerp betref nie,” het Vincent Magwenya, woordvoerder van Ramaphosa, Woensdag in antwoord op ʼn vraag oor die omstrede wetsontwerp tydens ʼn mediakonferensie gesê.

Die Nasionale Raad van Provinsies was veronderstel om Woensdagmiddag te stem of die wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar moet word of nie. Die debat en die daaropvolgende stemming is intussen met ʼn week uitgestel.

Magwenya het tydens die mediakonferensie toegegee dat sekere organisasies hul kommer oor sekere dele van die wetsontwerp direk aan Ramaphosa deurgegee het.

Hy het egter sy versekering gegee dat Ramaphosa nié voor die voet teken elke keer wanneer hy ʼn wetsontwerp ontvang nie.

“Sodra die wetsontwerp goedgekeur is, het die president steeds ʼn grondwetlike verpligting om daardie wetsontwerp te verwerk voordat hy dit onderteken.

“Hy sal na die proses kyk. Een van die dinge waarna hy sal kyk, is of daar voldoende konsultasie was en indien wel, of daardie konsultasies voldoende aandag gegee het aan die kommerwekkende kwessies,” het Magwenya gesê.

Hy het ook daarop gewys dat sou die Nasionale Raad van Provinsies die wetsontwerp aanvaar, dit nie noodwendig beteken dat die proses afgesluit word nie.

“As die president dit so verlang, kan hy nog ʼn rondte van konsultasie open om homself tevrede te stel dat dit wat hy teken nie aan eindelose litigasie onderwerp sal word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Fanie ·

Ja reg – Bela, NGV, julle is besig met sosialisme – al verskil is julle maak gemors voor die tyd – ten minste het die USSR se gemors na dit tyd eers kom uitgesteek .

KB ·

Nee, julle het ʼn perd opgesaal , wat julle nie kan ry nie…inteendeel dis ʼn dooie perd.

Martie ·

Verstaan nog steeds nie. NGV en wat word nou van ons MFonds? Wie betaal vir wat en waar kry ek ordentlike sorg want dis beslis nie in die meeste staatshospitale nie.

Aggie ·

Dis net praatjies op praatjies. Hierdie gefaalde regering, as dit eens ‘n regering genoem kan word, sit net elke dag daar in hul luukse kantore om leuns uit te dink. Die komende verkiesing is ons kans om al die mag by die regering weg te neem.

hpven ·

As dit van Ramaphosa, sy ANC en diepsakke afhang was dit reeds onderteken!

Henry ·

kyk in die ou dae was die staats hospitale uitstekend. gaan besoek iemand nou by so n hospitaal en kyk hoe dit agteruitgegaan het. ook kan jy nie die regering vertrou nie want hulle wil alles geheer. sosialisme
behoede ons

Heinrich ·

Ek het maar geen rede om die woordvoerder te glo nie. Net soos wat al die diskriminerende wetgewing teen minderheidsgroepe geteken is met die president wat daarna kyk deur ‘n ANC bril en nie ‘n staatspresident se belofte om te doen wat die beste in die land se belang is, so sal die die ANC president maklik die ANC doelwitte deurdruk en te hel met die land.

gatgogga ·

Nee, dit is korrek. Ramaposa onderteken niks voor die voet nie. Hy wag altyd eers vir sy instruksies vanaf Malema en ander.

Theresa ·

Maar al die vorige omstrede wetsontwerpe is voor die voet onderteken….

Boon ·

Die voorgestelde NGV is die laaste strooi wat die perd se rug gaan breek. Hoe hard moet mens dit uitspel : DIE LAND IS BANKROT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.