Nkandla: Dwing afsondering af, of skrap regulasies oral – Steenhuisen

Oudpres. Jacob Zuma stap terug na sy huis by Nkandla nadat hy Sondag sy ondersteuners toegespreek het. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die DA het uitgevaar teen die tonele wat die afgelope naweek buite oudpres. Jacob Zuma se huis by Nkandla in KwaZulu-Natal afgespeel het en sê byna elkeen van die vlak 4-afsonderingsregulasies wat tot dusver aangekondig is, is by die byeenkoms verontagsaam.

John Steenhuisen, leier van die DA, het die situasie beskryf as ʼn byeenkoms wat vinnig kan verander in ʼn “gevaarlike en plofbare Covid-19-superverspreiderbyeenkoms wat die lewe van tallose Suid-Afrikaners kan bedreig”.

Duisende mense het die afgelope naweek na Nkandla opgeruk om hul steun aan oudpres. Jacob Zuma te gee. Die Konstitusionele Hof het hom verlede week aan minagting van die hof skuldig bevind en tot 15 maande tronkstraf gevonnis.

Hy het tot Sondag gehad om hom vir sy gevangenisstraf aan te meld, maar het op die nippertjie ʼn hofaansoek ingedien vir die tersydestelling van die beslissing.

Steenhuisen sê pres. Cyril Ramaphosa moet dringend ingryp in die chaotiese byeenkoms van Zuma-ondersteuners in KwaZulu-Natal wat ʼn ooglopende verontagsaming van die gevare van die pandemie op die lewe van Suid-Afrikaners en minagting van die wet toon.

“Terwyl die drankbedryf, kleinsakeondernemings en restaurante verwoestende verliese moes verduur weens die beperkings, kan lede van die ANC en Jacob Zuma se RET-faksie [radikale ekonomiese transformasie] dit oënskynlik sonder enige gevolge verontagsaam. Dít is ondenkbaar.”

Ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma Sondag buite sy woning by Nkandla in KwaZulu-Natal. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Steenhuisen sê die president se stilte oor die kwessie versterk wat talle Suid-Afrikaners reeds glo: Niemand is bo die reg verhewe nie – behalwe dié met bande met die ANC se elite.

“Daar is hardwerkende mans en vroue in ons land wat hul enigste vorm van inkomste onder streng afsonderingsregulasies opgeoffer het om die prys te betaal vir Suid-Afrika se swak toegeruste gesondheidstelsel en die president se inentingsprgram.

“Lugrederye het vlugte opgeskort, provinsiale grense is gesluit en mense verloor hul werk by die miljoene.”

Hy vra hoekom Suid-Afrikaners en hul gesinne die hoogste prys moet betaal, terwyl die ANC en Zuma-ondersteuners steeds straffeloos kan optree.

“Afsonderingsregulasies op enige vlak moet óf konsekwent toegepas word, óf heeltemal geskrap word. Daar is geen rede waarom restaurante nie ʼn aansitdiens kan aanbied, of kroeë nie klante veilig kan bedien nie, as Zuma-ondersteuners op die ingewing van die oomblik sonder enige gevolge bymekaar kan kom nie.”

Steenhuisen sê as Ramaphosa wil hê Suid-Afrika moet glo hy het die land bo sy party geplaas, moet hy verseker dat Zuma en sy ondersteuners dieselfde as enige ander mens behandel word.

“Indien hy dit nie doen nie, gaan hy altyd onthou word as die president wat branderplankryers en drawwers aangekeer het, terwyl sy kamerade skotvry daarvan afgekom het.

“Jacob Zuma is ʼn gewone burger. Dit is hoog tyd dat hy so behandel word.”

Zuma het Sondag aan sy ondersteuners gesê deur hom op sy ouderdom te midde van ʼn pandemie tronk toe te stuur, is dieselfde as om hom ʼn doodsvonnis op te lê.

Zuma kan op verskeie foto’s – nes talle van sy ondersteuners – sonder ʼn masker gesien word.

Hy het ook aan sy ondersteuners gesê sy “grondwetlike regte is misbruik” deur regters van die Konstitusionele Hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

annie ·

Dis ‘n swak konneksie broer, om Covid en diè smeuelende pot wurms enigsins by in te wil roer. Die huis brand reeds. Zuma was in 2010 al aan die prut en die stankende konkoksie het oraloor geruik. Waar was die DA toe?

gpsa ·

DA was nog altyd daar om teen die dubbele standaarde te veg.

Tiptol ·

Hulle gee nie om dat blanke sake ondernemings ondergaan nie. Dit is deel van die pandemie transformasie.

Thom ·

Is julle besope ? Op watter manier gaan net blanke sake-ondernemings onder ?

Stefaan ·

Dit is waarvoor die regering bekend is. Dubbel standaarde

Anthony ·

So as ek vir een of ander rede selle of tronk toe moet gaan, het ek die opsie om dit te weier omdat die kans dat ek Covid in die tronk gaan kry te hoog is, so ek kies om NIE te gaan nie. Ek het nie geweet dit was onderhandelbaar nie.

Wielspore ·

Ek het min tot geen bekommernis oor die inhoud van die berig omdat die persone verbonde aan die aksie hulle nie veel steur aan wet en orde en hulle min tot geen bydrae lewer tot ons land se welstand. If you want to play by the sword, you must expect to die by the sword. So, as jy met Covid wil speel moet jy weet dat jy jouself onderwerp aan die siekte.

Peter Pan ·

Ons gaan nie wen nie.. Los maar vir Zuma uit. Daar sal altyd een of ander verskonig wees…

Kobus ·

HY,Zuma het gesmeek vir sy dag in die hof.Hy is dit aangebied,maar het sy eie voorwaardes gestel.Hy is nie bang om tronk toe te gaan nie,maar nou skreeu hy blou moord. Hy is bang hy word met Civid in die tronk besmet maar stap oopmond langs krygers sonder maskers. Hy is oud,maar hy dans nog struglle liedere soos ‘n 18 jarige.Hy se en hy doen wat hy wil,CR moet asb wakker skrik.Die ANC gevegte het nou SA se probleem geword.Cele weet nie watter kant toe nie.Ace veg net so hard om comrade Zuma uit die tronk te hou want hy gaan dieselfde taktiek volg. Indien grondwethof hulle beslissing gaan terugtrek,dan kan ek maar net se wel,wel,wel

Werner ·

Ou zuma het nog nooit ophou regeer nie.Jy kan mos sien ou cyril het dan nog nie n woord gese nie.Hy is so bang vir zuma soos die duiwel vir n slypsteen

Saartjievandiebosveld ·

”OUR PEOPLE” moet sommer by Nkandla in afsondering gehou word. Mnr Rhamaposa…hoekom swyg jy soos die graf….jou mense doen net wat hulle wil….geen dissepliene nie…maak… en doen…net wat hulle wil. KRY ‘N RUGRAAD….VAT JOU MENSE VAS!!!!!

Ovelia ·

GEEN WET EN ORDE NIE ons middel klas en die armstes van arm betaal vir sulke twak. Pprez tree op asb

Johnny ·

“Daar is hardwerkende mans en vroue in ons land wat hul enigste vorm van inkomste onder streng afsonderingsregulasies opgeoffer het om die prys te betaal”
Hulle het dit nie opgeoffer nie. Dis hulle ontneem.

Nie Verbaas ·

En dit is presies nog n voorbeeld hoekom die land in totale wanorde en misdaad verval. Die regering is ruggraatloos en hulle agenda duidelik sigbaar.

Jacobus ·

Hierdie situasie, dat hulle vir Covid in tronk vrees hou eenvouding nie water nie. Hy het die laaste bietjie empatie verbeur. Én hy is ‘n krimineel wat tot nou toe die regstelsel ontwyk!

Bart-Man ·

Sondag het vir ons n paar positiewes opgelewer. In weet nou. Om in die tronk te beland is onderhandelbaar. Om n masker te dra is ondelhandelbaar. As jy jou eie klein weermag wil saambring, ondelhandelbaar. As jy die nasie soos die present op TV wil toespreek, onderhandelbaar. Minagting van die hof, onderhandelbaar.

OW ·

Van 1990 is alles onderhandelbaar.Die NP het hom ook uit mag uit geonderhandel by KODESA.

koos10 ·

Bart-man, nog iets. Gewapende mense kan opdaag en vuurwapens afvuur, ook het Julius dit gedoen, maar my wettige wapens word bedreig!

Andre ·

Die harde waarheid is dat niemand maar niemand op hierdie vasteland die kultuur van verwoesting kan stop sit nie en die wat kan ry, ry maar ek is bevrees die meeste het geen ander keuse as om te bly. Ai! die droom van’n nuwe nuwe Suid Afrika sal maar altyd in my kop vassteek. Dalk is ek maar net ‘n pessimis en dromer maar waar is die bewyse

piet ·

Ek sien die Britte kyk lekker sport in getalle sonder maskers. Hulle wil nou in Julie nog afkom van die maskers en teugkeer na normaal. Daai mense het hul kant gebring en is in massa ingeent. Ongelukkig gaan ons storie voortsleep as gevolg van die ongehoorsames. Kyk maar na jouself hier in SA.

Michael ·

Skrap alle regulasies-dis mos nou al goed gedokumenteer dat afsondering en maskers geen verskil maak nie. Daars werklik gevaarliker bedreigings wat Zuma en sy ondersteuners aanbetref as die regulasies. Die man en sy ondersteuners dreig die kommunistiese regime met geweld-dit behoort onmiddelik aangespreek te word en nie inperkings nie.

Althes ·

As ek reg verstaan wat ek gelees het ,het Thuli Madonsela Ramaphoza afgeraai om betrokke te raak by zuma se geveg met die reg, omdat zuma dit as politieke speelbal kan gebruik.
Nietemin die ANC moet nou sterk optree. Anargiste is soos hiënas wat wag vd bepalende faktor mrt Zuma sage

Riaan ·

Is dit werklik die beste waarmee die DA te voorskyn kan kom mnr Steenhuisen. Die Covid kaart word deesdae net so selektief rondgegooi soos die rasse kaart. Bekommer jou eerder oor die regstelsel wat ten gronde gaan, en die feit dat die gewone burger nie dit sou regkry wat Zuma reggekry het nie.

Elinette ·

Ag, ou “Af Duimpie” hier – gaan speel op die spoorlyn. Of gaan Nkandla toe, dan gaan staan jy hand om die blaas met ou Zuma. Los maar die masker, hoor – hy is immuun teen alles, teen die wet en ook die virus.

Oom Kaspaas ·

Hy het nog van daardie seep waarmee hy vigs getroef het jare gelede :)

gpsa ·

Goed gestel DA. Alles belangrike feite wat gestel word en wat toegepas moet word.

Frik ·

Kom aan Bheki Cele, jy het uiteindelik nou iemand wat jy (met reg) kan gaan afdreig en arresteer. Hoekom hoor of sien ons jou nie nou nie?

Elinette ·

LOS!!!!!!!!!!!!!!!!!! Die geleentheid/geleenthede is SUPER-VERSPREIDER/S van die virus. ‘n Pandemie, of virus, vra nie wie of wat jy is, watter politieke party jy ondersteun (of vir wie jy ondersteun) of hoeveel geld jy het, al dan nie. Dit maak net minder van wie daar alreeds te veel is.

Waldo ·

Ek het geweet hy gaan n spanner in die works gooi op die laaste moment om nie met sy gat agter tralies te gaan sit soos hy eeue gelede al moes nie.
Hy is n opperse banggat en probeer nou enigiets om nie te gaan sit nie.
Die beste sal nog wees as die howe dit wel “hersien” en hom n langer tydperk gee agter tralies.
Ongeag n gewese president of de nie, hy is nie meer n president nie. Daar moet n voorbeeld van hom gemaak word sodat die wereld kan sien SA is nie bang om iemand te vervolg nie. Al is dit n gewese president.
Niemand is verhewe bo die reg nie en wat hy en sy gespuis doen is niks meer as terrorisme nie.

Danie ·

Jacob Zuma se hy kan nie tronk toe gaan weens sy ouderdom en gesondheid maar hy kan sonder n masker tussen mense beweeg sonder om bekommerd te wees oor sy gesondheid. Hoop die Hof tel dit op. Ramaphosa lyk weer soos n nar want hy kan nie wetgewing afdwing nie dus maak dit hom die swakste leier in die Suid Afrikaanse geskiedenis.

Anoniem ·

Lyk my hierdie is net weer ‘n Politieke Magsspel vir die komende verkiesing.

Sê maar net ·

Absoluut pateties en totaal onaanvaarbaar.
Ons is die “laughing stock” van die wêreld. Maar nou ja. Skape met oogklappe sal weer en weer die ANC instem. Dis tyd dat alle Suid Afrikaners wakker word. Knieë buig voor God en saamstaan om hierdie gespuis uit te stem.

msp ·

Dit is tragies dat die wet en shutdown maatreëls net bedoel is vir wetsgehoorsame burgers en nie vir die lede van die anc/eff nie. Pateties.

gpsa ·

Gooi maar die af duime, maak nie saak nie. Die Afrikaner mense word al meer geneig om nie gehelp wil word nie want dit is te lekker om te sit en kerm en self jammer te kry. Soek iemand anders om te blameer. Kyk na kommentare op die artikel en ander voor die een. DA wat wil help met wet verandering op vuurwapen wet bv. en baie se te min te laat. Kyk na kommentaar op die artikel, is dit OK dat klein besighede swaar kry en ander kan doen wat hulle wil? Nee, maar dis te lekker vir mense om net te kerm. Ek is nie baie groot op politiek of die DA nie maar as die amptelike opposisie party wil help se mend nie nee dankie nie.

piet ·

Jy moet in gedagte hou dat ‘n sekere groepie hier vasgehaak het in die verlede, dink die nuwe SA skuld hulle iets.

VaalDonkie ·

LOS HULLE dat hulle aangaan. OF dit gaan bewys COVID is ‘n klug (of ten minste oordrewe), OF ons gaan ‘n hele paar minder Zuma-aanhangers in die land he oor so paar weke. In ieder geval wen ons.

Francois ·

Ag asb DA. Julle droom in n vee verhaal. Julle was deel om hulle in bewind te bring

KB ·

Niemand het tot nou toe vir ons bevestig waar Zuma was vanaf en tydens die Konstitisionele Hof se uitspraak, totdat hy (uit die niet!) sy verskyning op Nkandla gemaak het nie. Moenie dan kom sê hy kon nie self in die hof gewees het nie, sodat hy aangehoor kon word nie. Hoe onnosel dink hy is ons? Hy het natuurlik iewers weggekruip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.