Nog 2 Covid-19-sterftes in SA aangemeld

(Foto: Timothy Bernard/ANA)

Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het tot 1 655 gestyg.

Dit is 70 bykomende gevalle sedert die statistiek gister deur dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, bekend gemaak is.

Mkhize het Sondagaand in ʼn verklaring gesê daar is nog twee sterftes aangemeld weens Covid-19 en dat die dodetal nou op 11 staan.

ʼn 82-jarige vrou is op 29 Maart in die hoësorgeenheid van ʼn hospitaal in die Wes-Kaap opgeneem. Haar simptome was koors, kortasemigheid, lyfseer, ʼn droë hoes en ʼn seer keel. Volgens Mkhize het die vrou ook aan diabetes, hipertensie en hoë cholesterol gely.

Die ander slagoffer is ʼn 86-jarige man wat op 26 Maart in ʼn hospitaal in KwaZulu-Natal opgeneem is met longontsteking en respiratoriese nood. Hy het ‘n onderliggende toestand van chroniese obstruktiewe lugwegsiekte gehad, aldus Mhize.

“Ons betuig ons innige meegevoel met die families van die oorledenes en wil graag die gesondheidswerkers wat hulle behandel het, bedank.”

Meer as 700 gevalle van Covid-19 is nou al in Gauteng aangemeld terwyl die Noord-Kaap met agt die minste gevalle in die land het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Steady Eddie ·

Ek lewer graag kommentaar, as ‘n roker, oor die verbod op die aankoop van sigarette …
Ek het by ‘n winkelier ingestap en die persoon R30 gegee !!!
Die persoon was sooooo dankbaar, dat hy/sy vir my ‘n pakkie sigarette gegee het !!!
Natuurlik het ek sy/haar dankbaarheid waardeer !!!

Die Wolf ·

Kan iemand asseblief verduidelik wat die rede vir so n absurde besluit was. Ek kan nie die kloutjie by die oor bring nie. Indien dit die virus kamtig verder sou versprei. Tensy dit wetenskaplik getoets was, sal ek daarmee saamstem. Dit wys nou maar weer dat dit makliker is om die sagte te teiken. Is dit n kwessie van totale onbevoegdheid? Daar is ander dinge meer belangrik nou as om sigarette te teiken(die afgradering bv). Terloops ek is nie n roker nie maar probeer prakties in my uitkyk van die lewe wees. Wat van die hogeriges wat elke dag nog hulle sigare en goue voggies gebruik.

Estelle ·

Steady Eddie ek het vir 30 jaar gerook. Nou al n jaar gelede opgehou – dis die lekkerste gevoel om nie die slaaf van iets te wees nie. Geen bekommernis dat my sigarette amper klaar is, of daai reuk aan my vingers nie. Ek moet egter se dat ek elke sigaret geniet het in my lewe, maar ek is dankbaar om vry te wees van die verslawing.

marius ·

Nie geweet dit gaan verbied word . Pille by Dr gekry na dag 1. Agt dae later en ek is glad nie lus nie . Wens ek het dit dertig jaar terug gedoen .

Erik ·

Ek is nie heeltemal seker hoekom sigaret verkope verbied word nie, maar kan aan 2 moontlike redes dink:

1. Die virus veroorsaak respiratoriese probleme en rokers sal dis moeiliker herstel van die virus en vinniger op ‘n ventilator gekoppel word, waarvan daar nie genoeg is nie.

2. Sigarette is nie ‘n noodsaaklike item soos kos nie.

Die Wolf ·

Jou kommentaar is dalk geldig by punt1. Ek is nie so seker dat dit n riglyn is nie. Stem saam indien enfiseem by n pasient wat die virus het in die hospitaal beland. Die res is ?
Wat is fout om sigarette saam met jou kruideniesware te koop, want jy gaan dit slegs by jou huis gebruik en nie in die openbaar nie?

Abel ·

Die inperking van drank en siggarette kan meer nagevolge hê as om met inperking te help.
Diegene wat ‘n dampie maak en ‘n sopie neem is oor jare gewoond daar aan en dus word jou liggaam gewoond aan die stimulasie.
Om dit nou meteens te stop wakker jy ander dinge aan wat kan negatief by dra tot so ‘n persoon se persoonlike lewe tydens inperking. Almal sukkel met die idee van “bly by die huis” en as die afwesigheid van nikotien en alkohol aansluit by dit kan dit tot probleme lei. Ek dink bv. aan wat van mense wat alkohliste is en baie strawwe rokers. Hierdie mense gaan rasend word en deur ‘n baie moeilike tyd gaan agv ontrekkings en dit kan ‘n groot druk plaas op diegene wat saam ‘n spasie moet deel tydens afsondering. Ek sien nie siggarette as so ‘n groot probleem nie. Alkohol is ‘n ander besprekingspunt.

Anel ·

Ek kan ook nie sien hoe kan ‘n hele land gestraf word vie die dood van 11 mense, wst moomtlik ook sou gesterf het aan gewone griep. Onthou, ons in Afrika is ‘ n sterk spesie. Ons is blootgestel aan baie kieme. Ons het oor die algemeen ‘n baie sterk imuniteitstelsel. So ja, as jy gewoonlik siek word in die winter of jy het ‘n swak gestel kan jy dalk siek word. Maar nou ja, ons mens word histeries omdat die buiteland hiseries is en ons moet hulle mos slaafs navolg. Maar daar het hulle nie verbod op drank en tabak geplaas nie. Ons regering wil maar net vir ons wys wie is baas en ons so stelselmatig, sonder dat ons dit werklik agterkom en kan rebeleer in ‘n staatsbestel plaas. Kominusme.

Erik ·

Anel, jy sit die pot heeltemal mis. Die regering probeer proaktief optree. Dis gaan nie alles oor 11 mense wat dood is nie, maar oor die moontlikheid dat duisende kan sterf. Dis ook nie slegs ons regering wat die nuwe wetgewing geskep het nie, maar die helfte van die wêreld is tans ingeperk. Wat sou jy voorstel? Almal gaan aan soos altyd en mense moet maar so vlieë sterf? Selfs misdaad het aansienlik afgeneem agv die verbod op drank.

Michael 1 ·

Ek dink ,en dit is net my opinie,jy het nie as kind gerook of dit nodig gehad nie gebruik hierdie inperking tyd en wys die sigarette wie is baas,vervang dit met n stokperdjie.

Frank ·

MM, wil julle nie dalk vir tyd en wyl ‘n “Corona pull down menu” oorweeg waaronder al die Covid 19 berigte kan sorteer nie? Dalk oor bietjie meer internasionale beriggewing ook? Ons moet rondval tussen Netwerk24 (opskrifte), Fox, Dailymail ens net om die jongste nuus raak te lees. Dink die deursnee Maroela-leser sal verkies om dinge in my eie taal op een webtuiste te sien.

Megan Swart ·

Dagsê Frank
Dankie vir jou boodskap.
Alle berigte wat Maroela Media oor die koronavirus-pandemie publiseer, is op hierdie skakel beskikbaar: https://maroelamedia.co.za/tag/koronavirus
Soek gerus ook op die hoofnavigasielys onder die nuuskategorie (“pull-down menu”) na “koronavirus” waar al die berigte te sien is.
Groetnis
Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.