Nog een vas ná bejaarde egpaar se moord

Henning en Hilda Schourie (Foto: Bergbron Gereformeerde Gemeente)

Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem nadat Henning Schourie (82) en sy vrou, Hilda (80), se liggame die naweek in hul huis in Sophiatown in Gauteng aangetref is.

Kapt. Jerbes de Bruyn, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn tweede verdagte is Sondagaand in Westbury in Johannesburg in hegtenis geneem. Dit is nie duidelik hoe oud die verdagte is nie.

Maroela Media het vroeër berig sy makker (45) is Saterdag in hegtenis geneem kort nadat die bejaarde egpaar se liggame Saterdag omstreeks 12:55 in hul huis in Annadalestraat in Sophiatown aangetref is.

“Lede van ADT-veiligheidsdienste het gesien hoe die eerste verdagte die vroueslagoffer aanrand. Toe hulle die verdagte beveel om te stop, het hy van die toneel gevlug deur oor die muur te spring,” het De Bruyn Sondag verduidelik. “Een van die veiligheidsbeamptes het hom agternagesit en die verdagte in die bobeen geskiet.”

Volgens De Bruyn is dié verdagte later die dag uit ʼn hospitaal ontslaan waar hy mediese behandeling ontvang het. Hy sou na verwagting vandag in ʼn hof verskyn het en bly in aanhouding.

Dit is nie duidelik wanneer die tweede verdagte in ʼn hof moet verskyn nie. “Dit sal binnekort wees,” sê De Bruyn.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Die motief vir die moorde is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oom Willem ·

Die motief vir die moord is onbekend. Hoe naïef tog. Dis oorlog en as jy wit is is daar duidelik net een motief en dit is om jou dood te maak veral as jy oud is en nie jouself kan verweer nie.

Attie. ·

Donderdagaand het Andre Lloyd en sy gesin vanaf Pretoria teruggery na hul plaas naby Morgenzon. Skurke het met skerp ysters die bande van hul kar beskadig en die kar tot stilstand gedwing warna hulle beursies en selfone geroof het. n Patrolliemotor het toevallig op die toneel aangekom waarna die booswigte in die donker verdwyn het. Die Hand van die Here is duidelik waarneembaar in die toevalligheid. In die land kan geen mens in die donker dit op die paaie waag nie. Ons eer die Here vir hul veiligheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.