Nóg eendeweer oor groot dele van SA verwag

Argieffoto: Pixabay

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag gesê terwyl Suid-Afrikaners dié week terugkeer werk toe en skool toe ná die Paasnaweek, kan die meeste provinsies nat weer met koel tot koue temperature verwag.

Die weerdiens sê in ʼn verklaring swaar reën sal Dinsdag en Woensdag voortduur oor die sentrale Karoo en suidelike kus in die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, die suidelike gedeeltes van KwaZulu-Natal, asook die westelike dele van Noordwes en die Vrystaat. Volgens die weerdiens word die nat toestande veroorsaak deur ʼn laedrukstelsel wat stadig ooswaarts beweeg.

Die swaar reën sal koue temperature meebring en kan oorstromings op laagliggende paaie en brûe veroorsaak.

Die weerdiens verwag dat die reën teen Woensdagmiddag oor die sentrale Karoo en Eden-distrik sal begin opklaar. Die weerstelsel sal na verwagting Donderdag die land aan die oostelike kus van die Oos-Kaap verlaat, met laaste oorblywende donderbuie wat oor die oostelike provinsies sal voorkom.

“Die weerdiens waarsku die publiek en veral leerders om die nodige voorsorg te tref wanneer riviere en oorvol waterstrome oorgesteek word en om na hoër grond te beweeg waar oorstromings ʼn moontlikheid is,” lui die verklaring.

“Die weerdiens sal enige verdere verwikkelinge in die weerstelsel dophou en die publiek word aangeraai om die media dop te hou vir die jongste nuus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SjN ·

Dankie, prys die Heer, Hy sal uitkoms gee, nie enige politieke party nie. Hy beskik.

honourable member ·

Ons het lank gewag vir hierdie heerlike reen. Ons het gebid daarvoor en die Here het voorsien. Ek hoop dit reen ook so heerlik in die droe Noordkaap.

Adri ·

Vader, ons dank U in die naam van U Seun Jesus Christus vir die wonderlike reen wat oor groot dele van ons land geval het. Ons kan nou sonder kommer die winter ingaan. Help ook die dele waar dit nog droog is. Help daardie mense om gelowig te bly en op U te vertrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.