Nóg Johannesburgers se krag afgesny

(Foto: City Power/Twitter)

City Power gaan voort met sy pogings in Johannesburg om geld te verhaal van kliënte wat agterstallig is met betaling en diegene wat onwettige verbindings het.

Kliënte skuld City Power se middestad-diensleweringsentrum meer as R2 miljard.

“Vandag se bedrywighede is deel van die algehele aggressiewe inkomsteverhalingsveldtog in Johannesburg,” sê Isaac Mangena, woordvoerder vir City Power.

Drie kliënte wat saam byna R26 miljoen skuld, is geteiken. Dié kliënte sluit onder andere Johannesburg Hotel (R9,9 miljoen) en The Reef Hotel (R13 miljoen) in. Twee woonstelblokke wat onwettig verbind is, is ook geteiken.

“Een van die woonstelle het hulself weer onwettig herverbind ná hulle kragtoevoer aanvanklik in November verlede jaar verwyder is,” sê Mangena.

“Ons sal ons pogings verskerp deur soortgelyke veldtogte twee keer per maand oor die volgende twaalf maande uit te voer in Johannesburg se agt diensleweringsentra,” sê Tshifularo Mashava, uitvoerende hoof van City Power. “Onwettige verbindings sal in brandpunte verwyder word en ons sal inwoners ook oplei oor die belangrikheid om vir elektrisiteit te betaal.”

City Power se algehele uitstaande skuld beloop R4 miljard. “Dit kan gebruik word om ons kerndoelwitte te bereik om betroubare kragtoevoer te verskaf, om infrastruktuur-instandhouding te doen en voorraad aan te skaf.”

Mashava doen ʼn beroep op kliënte om hulle skuld af te betaal of reëlings te tref. “Ons spreek ook graag ons waardering uit teenoor elke kliënt, veral ondernemings, wat positief reageer en hul naaste diensleweringsentrum besoek het om reëlings te tref vir betaling of wat hul rekeninge betaal het.”

* City Power het in sy aanvanklike verklaring aangedui dat die sportwedderymaatskappy Betfred ʼn bedrag van R3 miljoen verskuldig is.

Julie van Wyk, woordvoerder van Betfred, het dit egter Woensdag benadruk dat die maatskappy nog nooit agterstallig was met enige betaling nie. “Hierdie kwaadwillige bewerings is foutief en moet reggestel word,” het Van Wyk in ʼn verklaring gesê.

Betfred word in meer as 60 winkels landswyd bedryf met meer as 1 000 personeellede.

“Ons betaal verskaffers, ons kliënte en belasting. Die betrokke winkel is deur ʼn verhuurder aan Betfred verhuur. Die diensterekening is by die huurooreenkoms ingesluit – ‘n proses wat deur Stad Johannesburg goedgekeur is. Ons bevestig dat ons deel van die kragvoorsiening betyds betaal is. Enige dispuut wat die verhuurder met City Power het, hou hoegenaamd nie verband met die betaling van fakture deur Betfred nie. Sulke dispute is ongelukkig ook buite ons beheer,” het Van Wyk afgesluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Harley Davidson ·

Die regte ding om te doen maar die reël moet vir almal wees nie net vir sekeres nie,die rassistiese lezufi promofeer nou die afskryf van Soweto se agterstallige rekeninge.

Realis Thailand ·

Waarom toelaat dat die rekening so ophoop
Moet die krag afsny na n paar dae
Op die kusdorp waar ek gewoon het, en my dogters nou nog woon, as jy nie betaal op of voor die sperdatum kry die rekeninghouer n sms na drie dae en n paar dae later word die krag afgesny. Geen verdere verskoning word aanvaar nie,
Maar nee die JHB stadsraad is te sleg om dit te gedoen het.

Yolandy ·

Exactly my vraag ook? En wat van Soweto wat Miljarde skuld, maar dit word afgeskryf en dan teiken hulle besighede wat baie minder skuld wat nog n hoèr unemployment rate gaan veroorsaak.

anko ·

Kroonwild. Skuld word blykbaar afgeskryf en dis miljarde soos vantevore. Dit is geen voorbeeld wat gestel word aan die res van die land nie. Almal weet verkiesing lê voor

Christine ·

Ja wat, hierdie hotelle cater net vir sekeres, geen wonder hulle het dit reg gekry om rekeninge so op te jaag nie, het seker bribes betaal en gedink hul skuld gaan ook afgeskryf word soos hul maaitjies in Soweto.

Gerhard ·

Ek wonder wie die eienaars van die ondernemings is…….en Soweto word nie aangeraak nie

Lillian ·

Absurd om nie hul krag al lankal af te gesny het nie, aarde dis hotelle, hulle maak goed geld én gebruik baie elektrisiteit so hoekom betaal hulle nie hul rekeninge nie???

Misky ·

Moes nooit eers so ver gegaan het nie. Mis ‘n maand, dan sny jy af!!!!

Penelopi ·

Hoe kry mense dit reg om sulke miljoene agterstallig te wees en nog steed krag te hê? As ek nie betaal nie, of te min betaal word my krag onmiddelik afgesit ……………..

Christelle ·

City of CT moet dit ook begin doen, maar ipv optree, moet maklike targets R400+ levy maandeliks betaal om te cover vir die onwettige krag tappers.

gpsa ·

Absoluut belaglik R29m en word nou eers afgesit. Geen wet en order in hierdie land nie. Wette geld net vir sommiges. Wat ‘n skande, het al hoop verloor vir hierdie land, dink res van die wereld het ook al.

Jacobus ·

Die mense hier wat so kommentaar lewer moet onthou dat Johannesburg was onder ANC beheer tot so n paar maande terug toe die ANC weer probeer het om die metro terug te kry. Mpo Palatse die DA burgermeester het toe weer reggekry om beheer terug te kry. Die totaal vervalle metro word nie in een maand weer opgebou nie, dit wat baie lank.

Piet parys ·

En jy moet onthou dat Soweto onaantasbaar is . So gaan die DA dan Soweto se wanbetalers se krag af sit of is julle chicken

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.