Nog ʼn beurtkrag-blaaskans vir Paasnaweek

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag is Saterdag vir ses uur opgeskort weens ʼn vermindering in die vraag na elektrisiteit.

Volgens Eskom is beurtkrag om 11:00 gestaak en die verposing sal tot 17:00 geld voor dit weer voortgaan. Fase 1-beurtkrag sou Saterdag tot 16:00 gegeld het.

Fase 2-beurtkrag sal van 17:00 tot 05:00 Sondagoggend toegepas word. Volgens Eskom sal daar dan Sondag tussen 05:00 en 16:00 weer geen beurtkrag wees nie. Fase 3  sou aanvanklik dan weer om 16:00 hervat en tot 05:00 Maandagoggend gegeld het maar volgens Eskom sal hy teen Sondagmiddag laat weet hoe die situasie verder sal kyk.

Daar was oorspronklik ook geen beurtkrag vir tussen 05:00 en 16:00 Maandag geskeduleer nie.

  • Die berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.