
(Foto: kelseythomasofficial/Instagram)
Springbok-spelers Eben Etzebeth en Handré Pollard het onlangs die opwindende nuus bekendgemaak dat hulle binnekort pa gaan word.
Nou het nóg ʼn oud-Springbokspeler goeie nuus met sy aanhangers en die sportwêreld gedeel: Herschel Jantjies het oor die naweek gesê hy en sy lewensmaat, Kelsey Thomas, verwag hul eerste pienkvoet.
Die paartjie het die nuus op Instagram bevestig en pragtige kiekies van hulle swangerskapfotosessie gedeel waarin Kelsey met haar bababoepie spog.
Die 27-jarige skrumskakel van die Stormers was deel van die 2019 Springbok-span wat die Rugbywêreldbeker gewen het, maar hy is ongelukkig nie vir die 2023-span gekies nie.
Eben en sy vrou, Anlia, het hulle babanuus op 29 Oktober bekendgemaak, terwyl die skopsensasie Handré Sondag op Instagram laat weet het hy en Marise se eersteling word in April 2024 verwag.

(Foto: kelseythomasofficial/Instagram)
Die manne was nie net besig op die veld nie :P
Lekker lag ek nou!
Isabelle jy vat die woorde uit my mond. Ek nou so lekker gelag.