Eskom het Donderdagoggend aangekondig dat beurtkrag tot Vrydag sal voortduur.
Die kragvoorsiener het in ’n verklaring gesê fase 2-beurtkrag sal vanaf 08:00 vanoggend (Donderdag) tot 06:00 Vrydagoggend in werking gestel word.
Luidens die verklaring is Eskom oornag 14 000 MW bykomende kragopwekkingskapasiteit en noodreserwes kwyt weens onbeplande instandhoudingswerk.
“As gevolg daarvan moet ons beurtkrag deur die loop van vandag tot môre in werking stel,” het die kragvoorsiener verduidelik ná die soveelste fase beurtkrag vandeesweek.
Eskom belowe om Suid-Afrikaners ingelig te hou oor die vooruitsig van beurtkrag vir die res van die week en die naweek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
33 Kommentare
Ek is net bly Eskom is nie my kar nie. Ek sal my doodhuil as hy die hele tyd onbeplande onderhoud nodig het.
Onbeplande instandhouding is n mooi term vir totale ineenstorting
Daar sal n dag kom dat die kragnetwerk heeltemal ineenstort. Dan gaan alles tot stil stand kom.
Ek vind dit al moeiliker om hierdie ouens se verklarings te glo deesdae. Ek betwyfel elke uitspraak en ek vertrou geeneen se stellings meer nie. Dalks verander dinge eendag , maar dit sal dalks lank vat
“Onbeplande instandhouding” is ESKOM se term vir “ons het die ding in sy dinges in laat werk sonder dienste tot hy in sy dinges in gebreek is”
(Mens kan die “dinges” met ander goeie Afrikaanse beskrywende woorde vervang)