Nóg ʼn hoewe-aanval op Bokfontein

Argieffoto: SAPD

’n Man is Sondagmiddag na ’n hospitaal gehaas nadat hy in sy huis op ’n kleinhoewe in die Bokfontein-omgewing in Noordwes oorval en verskeie kere met ’n mes gesteek is.

Dít volg sowat 24 uur nadat ’n egpaar oor die naweek ook op ’n kleinhoewe in dié omgewing oorval en aangerand is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man (64) het gelê en dut toe vier mans gister tussen 14:30 en 15:00 ’n venster gebreek het om toegang tot die huis te verkry. Die man was ten tyde van die aanval alleen by die huis en is in sy slaapkamer oorval.

“Een van die mans was gewapen met ’n mes en het die slagoffer verskeie kere gesteek,” het Funani gesê. Die man het egter terugbaklei waarna die verdagtes op die vlug geslaan het. Niks is in die voorval gesteel nie.

Funani kon nie in die stadium enige inligting verskaf oor die aard of erns van die man se beserings nie.

Sy het wel gesê dat niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak en aanranding.

Maroela Media het vroeër berig ʼn egpaar is Saterdagmiddag oorval en aangerand op hul kleinhoewe in die Bokfontein-omgewing.

Die man (77) en vrou (75) verkoop vleis vanaf die kleinhoewe vir ʼn ekstra inkomste en drie mans het omstreeks 15:30 die kleinhoewe betree onder die voorwendsel dat hulle vleis by die egpaar wou koop, toe hulle toeslaan.

Hoewel albei deur die mans geslaan is, het die vrou die ergste daarvan afgekom en is sy na ’n hospitaal vir mediese behandeling geneem. Die man het ligte beserings in die voorval opgedoen.

Niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Arie ·

Die regering keur dit goed dis hoekom hulle stil bly daaroor en dit ontken

Terreur ·

Enige volk met self respek sou al lankal ‘n lyn getrek het…

Nugter ·

Sedert Peter Mokaba gesê het “kill the boer, kill the farmer”, het die anc die plaasmoorde goed gekeur, hulle keur dit nog steeds goed. Stem saam met kommentare hierbo.

Jannie van Niekerk ·

Hoe langer Ramaphosa die EFF en BLF beskerm, hoe meer gaan plaasaanvalle en moorde toeneem. Dis ‘n georkestreede plan van die regering om mense van hul grond af te verdryf. Dis hoekom daat geen kritiek uit ANC geledere en sy ondersteuners (Beyers Truter ingeluit) oor plaasaanvalle en plaasmoorde kom nie.

Koos de Meyer. ·

Ek wens hulle wil hulle geluk by my probeer. As hy ‘n mes of enige gevaarlike item by hom het dan was hy gewees. Ons moet ten alle tye paraat wees.

Willem ·

Elke oggend is daar ‘n berig van plaasaanvalle/moord/verkragting ens. Dit is nie meer nuus nie, dit het die norm geword in RSA. MAAR wat die meeste ontstel – elke berig word afgesluit met “nog geen verdagtes is aangekeer nie” Wat doen ons wets toepassers dan,
soek hulle regtig of ignoreer hulle maar net nog ‘n misdaad??

jakes ·

Al wat gaan help is om jouself te bewapen en paraat te wees. Skiet persone wat jou grond onwettig betree want dis of jy of hulle wat in die stof gaan byt.

Willie ·

CR se niks nie, en as jy niks se nie, keur jy dit goed! Hulle almal het bloed aan hulle hande! Wees paraat en beskerm julle self.. mens moet ongelukkig leef of jy te alle tye aangeval kan word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.