Nog ʼn kind van die Kaapse Vlakte vermis

Nabeelah Begg word vermis. (Foto: SAPD)

Nog ʼn kind van die Kaapse Vlakte in die Wes-Kaap is as vermis aangemeld. Dié keer ʼn tiener van Bonteheuwel. Die 16-jarige Nabeelah Begg word sedert Dinsdag vermis.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring Nabeelah is Vrydag as vermis aangemeld nadat sy Dinsdag nooit vir skool opgedaag het nie. Sy het sedertdien ook nog nie na haar ouerhuis in Smalblaarstraat teruggekeer nie.

Volgens Van Wyk is Nabeelah vermoedelik vir die laaste keer in die omgewing van Heideveld gewaar. Sy het ʼn wit hemp en grys broek ten tyde van haar verdwyning aangehad.

Enigiemand met inligting oor waar Nabeelah haar mag bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, konst. Natasha Louw, by 084 533 3260 of ao. Joseph Swartbooi by 082 302 8437 te kontak.

Nabeelah se verdwyning volg kort nadat die liggaam van die agtjarige Tazné van Wyk van Ravensmead naby Elsiesrivier Woensdag in ʼn stormwaterpyp buite Worcester aangetref is.

Maroela Media het vroeër berig ontstoke gemeenskapslede het Vrydag die strate van Parow in die Wes-Kaap ingevaar nadat Moehydien Pangaker (54) in die Goodwood-landdroshof verskyn het in verband met die moord op Tazné.

Tazné van Wyk (8).

Gemeenskapslede het enkele huise aan die brand gesteek, waaronder ʼn huis waar die hulle glo Tazné na haar verdwyning aangehou is voordat sy vermoor is. Die huis is vermoedelik ’n dwelmhuis.

Van Wyk het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting en openbare geweld. Niemand is nog in verband hiermee in hegtenis geneem nie.

Lees alle berigte oor Tazné se verdwyning op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SomeOne ·

wat se lawwe grap is dit nie, dinsdag reeds van skool af, maar word eers vrydag as vermis aangemeld, waar slaap die ouers ?????????????

Peetjie ·

Ek hoop die pragtige meisie word gou op gespoor, en… Die polisie was daar toe die huise aan die brand gesteek is, hulle het gestaan en kyk…. En…. As die gemeenskap weet waar die dwelmhuise is, hoe weet die polisie dit nie….

Lorna ·

Hierdie soort ding gaan nie stop nie
Skuldiges sit in tronk vir paar jaar kom uit en doen dit weer
RAMAPOSA SKIRK WAKKER ONS KINDERS HUIL EN JY SIT AGTEROOR OP JOU LAZYBOY
hoop sy word ongedeerd gevind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.