Nóg ʼn monument met verf geskend

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Anglo Boereoorlogmonument in Burgersdorp in die Oos-Kaap het ook nou onder vandale deurgeloop.

Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, het gesê groen verf is vermoedelik Dinsdag in die vroeë oggendure na die monument gegooi. “Die monument is net ‘n entjie van die ingang na die dorp. ʼn Saak van opsetlike saakbeskadiging is geopen,” het sy gesê. “Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.”

ʼn Herrie oor die skending van standbeelde het in die afgelope paar maande ontstaan, nadat talle standbeelde en monumente regoor die land geskend is. Die standbeelde sluit die standbeelde van Paul Kruger op Kerkplein in Pretoria, Koningin Victoria en die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth in die Oos-Kaap, Andrew Murray in Wellington in die Wes-Kaap, Louis Botha voor die parlement in Kaapstad en Mahatma Ghandi in Johannesburg in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peet Schabort

ONS TAAL: Ons ou’ers taal, ons erfnis goed, Wat ower gaat, van bloed op bloed, Van tijd tot tijd, van ouer op kind, Hou dus mar stijf, mijn liwe vrind! Die ‘Patriot'(koerant) doet goed en wel Dat hij ons openlik vertel, Wat ander tale ver ons doet, Dit kan ons eie net so goed. Die ‘Patriot’ doet goed en wel, Met oek ons taal op skrif te stel; Die vorms en reels goed na te spoor, Te boek te stel soos dit behoor. Versierde tale van ons tijd, Die is ver ons te hoog, te wijd; Dis moeilik om daar… Lees meer »

Andre

Eers moes die blerrie Britte al daardie standbeeldegroep vernietig, en nou na 115 jaar is dit weer die doelwit? En ja, dit is mijn taalmonument daar in Burgersdorp. Groeten uit Nederland.

Nico

Die 1 in die agtergrond sonder ‘n kop is so ver ek weet die oorspronklike taalmonument wat deur die Britse soldate tydens die Anglo Boere oorlog beskadig is. En dit was natuurlik opgerig ter wille van die Nederlandse taal en nie regtig vir Afrikaans nie. Maar dit verander natuurlik niks aan die daad en dit wat beoog is deur die vandaliste nie. Wit is vir hulle wit.

zahn

Wil julle hê daar moet groot marakas kom? Raak net aan een standbeeld van mandela. Enige plek, dan sien julle hoe draai die rook.

sarie

Dis ‘n plan,dan sal hulle weet hu voel ons .Miskien moet iemand dit probeer.