Nóg ’n motor stort oor Voëlklip

Argieffoto van Voëlklip naby Heroldsbaai. (Foto: Elaine Krige/Maroela Media)

Soek-en-reddingspogings sal Donderdagoggend met dagbreek hervat nadat ’n motor Woensdag oor die afgrond by Voëlklip naby Heroldsbaai gestort het.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê die polisie in George is omstreeks 11:00 daarvan in kennis gestel dat ’n motor oor die berugte afgrond gestort het.

Polisieduikers en verskeie nooddienste is dadelik na Voëlklip ontbied en daar is in die koue na die bestuurder van die motor in die water gesoek.

Spies sê die ongunstige weerstoestande het die soektog bemoeilik.

Polisieduikers was teen laatmiddag nog op die toneel.

Dit is die hoeveelste voorval by Voëlklip die afgelope paar jaar.

Maroela Media het vroeër berig ’n vrou se liggaam is in Januarie vanjaar uit die water by Voëlklip gebring, skaars ’n week nadat die liggaam van ʼn man in die see by Voëlklip gekry is.

Dit is ook hier waar Heidi Scheepers (35) en haar twee jong kinders, Cozette en Hugo, in 2019 dood is toe hul Volkswagen Caravelle oor die afgrond gestort het.

Die plaaslike munisipaliteit het in Maart 2021 reeds hout paaltjies langs die grondpad by Voëlklip aangebring in ʼn poging om voertuie te keer om by die afgrond af te ry. Ten spyte hiervan het minstens vyf voertuie sedertdien oor die krans gestort en die insittendes omgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Anna84 ·

En wat gebeur dan?? Dan gaan ry hulle oor die volgende afgrond. En as ons eendag ons oë oopmaak, is ons hele kuslyn toegemaak… En waarom moet ons belastingbetalers daarvoor betaal? As iemand wil selfdood pleeg gaan hulle dit in elkgeval doen, of dit nou oor ‘n afgrond is, is eintlik irrelevant.

Perdeby ·

Hoekom moet hulle die pad toemaak. Die mense wat daar af ry doen dit uit hulle eie vrye wil. Hulle het voor die tyd beplan om daar af te ry. Om die pad toe te maak gaan nie die probleem oplos nie ,hulle gaan soek net ‘n ander plek!

Linda ·

Dis n belaglike voorstel. Dan moet elke bergpas in SA ook “toegemaak” word. Was jy al in Bainskloof, buite Wellington? Daaris dit so hoog en persone kan een tree gee tussen die groot rotsblokke wat hulle daar opgerig het na opknapping, en jy val die ewigheid in. As iemand klaar besluit het om sy lewe te be-eindig sal ‘n geslote pad hom nie keer nie.

SjN ·

Dit sal nog steeds nie die probleem oplos nie Madeleine, die probleem le by die mens self.

Marcello ·

Die pad kan nie toegemaak word nie, dit is privaat grond, en niks sal iemand keer, as hulle ‘n doel voor oë het nie. Dit is hartseer, maar ongelukkig ‘n feit.

Koen ·

Vir wat. Ek sal toegang vra. Die mense sal mos baie betaal. Het niks meer hier nodig nie.

Hendrik ·

Minisipaliteit is dit dan so onmoontlik om met n laaigraaf n behoorlike afskorting met groot klippe rotse daar te maak. Jul paaltjies is patetiese geldmors.

Anna84 ·

As hulle daar ‘n behoorlike afskorting gemaak het, dan gaan ry hulle by die volgende afgrond af. Enige poging om die mense daar weg te hou is geldmors.

Colombo ·

Die grond behoort nie aan die Stadsraad nie.Dit is privaat eoendom.Om nou te wil se dat groot klippe en rotse daar gepak moet word grens aan die belaglike.Al bou jy n Berlynse muur sal persone wat wil selfmoord pleeg n ander uitweg kry.

Linda ·

Dis seker lekker koel daar op jou hoë perdjie, ne? Was jy al deur Bainskloof in die Weskaap. Rotse so hoog soos 6 voet mans, is daar opgerig, en mense sal steeds daar kan afspring en selfs motorfietse daar afry.

piet ·

Die uitkykpunt is juis daar vir die uitsig. Ek dink die houtpaaltjies is reg, kan dalk iemand keer wat per ongeluk ‘n foutjie maak. Die wat wil selfmoord pleeg, sal afspring as hulle nie kan afry nie. Nee wat, dis in orde soos dit nou is.

annie ·

Ja, houtpaaltjies is die goedkoopste opsie. Dié munisipaliteit sien hierdie tragedies as goeie publisiteit.

Linda ·

Vergewis jou van jou feite, voor jy daar op jou high horse sit en kommentaar lewer. Voëlklip is in privaat besit, en het niks met die munisipalteit uit te waai nie.

Danie ·

Hoe keer jy mense wat oor die afgrond wil ry: paaltjies gaan nie help nie, heinings gaan nie help nie en selfs grondwalle of klip walle teen die kant gaan nie help nie.

Ek vermoed vir elke 1 kar wat oor die afgrond wil ry is daar ten minste 50 wat nie die pad byster raak nie.

Lillian ·

Dis duidelik dat die plaaslike owerhede nie omgee nie anders sou behoorlike versperrings al opgerig gewees het.

Anna84 ·

Lillian, jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie!! Wat sou jy voorstel moet hulle doen? Seker ook die pad toemaak né? En wat dan? Daar is nog miljoene ander afgronde waar die mense kan gaan afry. As jy wil dood, dan wil jy, maak nie saak watter afgrond jou wil hê nie. Gebruik tog net bietjie jou gesonde verstand.

AH ·

Die probleem lê nie by die plaaslike owerhede nie. Niks gaan iemand keer wat daar WIL afry nie. Dit is ongelukkig die realiteit van Voëlklip……

KatjieDeKat ·

Wat Is dit aan hierdie plek wat mense so trek om daar selfmoord te pleeg, wonder ek nou al by hierdie tyd?

Hester ·

Houtpaaltjies is aangebring….mmm…ja….kan nou nie verstaan hoe die arme houtpaaltjies ‘n kar moet keer nie. Ek dink daar moet meer ernstige iets aangebring word daar….Houtpaaltjies gaan nie die ding doen nie.
Ek dink ook dat dit ‘n plek is waar mense gaan selfmoord pleeg. Ek is nie so seker dat dit elke keer ‘n “ongeluk” is nie. Ek dink mense ry aspris daar af

Elmarie ·

Hoekom dink so baie hier dit was self dood? Mens kan nie net aannames maak nie!

AH ·

Dis nie aannames nie, dis feite aangesien dit nie so maklik is om per ongeluk daar af te ry nie..

Juanita ·

Nog so 6 maande max dan lees ons van die volgende voertuig wat daar af is. Net soos die misdaad in ons land raak dit maar net ‘n alledaagse voorval wat ons aan gewoond moet raak. Duidelik word dit nie as belangrik genoeg geag om ‘n oplossing te kry nie.

AH ·

Die oplossing is nie om die pad toe te maak of versperrings op te rig nie. Mense wat daar WIL afry sal dan net ‘n ander plan maak.

Delia ·

Juanita, gee n oplossing. Nie die toemaak van die pad nie want die persoon sal wel n ander plek soek.

Adri ·

En dis hoekom Suid Afrika beskou word as die land met die onveiligste paaie. Enige iemand kan mos duidelik sien dat daar nie genoegsame veiligheid is nie. klipmuur, groot waarskuwigingstekens ens… Dis mos nie so onmoontlik nie.

Delia ·

Waar het jy dit uitgevind? Onveiligste paaie…dis nie n sarkastiese vraag?

A.S ·

Wil nie Van Stadens “statistiek” wees nie (dis mos al ou nuus), so Voëlklip is die “nuwe ding”
NIKS wat die munisipaliteit doen gaan iemand wat ‘n einde aan sy/haar lewe wil maak keer nie!!

Lee T ·

Persoon agter die stuurwiel uit en uit verantwoordelik! Bly nugter en op die pad. ‘n Voertuig gaan waarheen hy bestuur word.

Delia ·

Net my 10c. Dalk as die media ophou publisiteit gee aan Voëlklip, sal dit beter gaan by Voëlklip. Mense hoor presies dat daar nie oorlewendes is, as jy daar afry nie. So dit maak die plek “gewild”.
By gesê, op die ou end..as jy wil, sal jy!

JohanR ·

Daai Voelklip is Suid Afrika se Bermuda Triangle. Daar is een of ander trekings krag daar.

Marcello ·

Ons sal nooit versstaan waarom mense dit doen nie, en ek glo ons is nie daar om te oordeel nie.. Ek sê nie dit is reg nie, maar ‘n ander man se boeke is duister.

AH ·

Om wat te bereik? Teen tyd wat die kring televise ‘n motor daar die pad sien verlaat is dit in elkgeval te laat….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.