Nog ʼn TVET-student in Limpopo vermoor

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Die polisie het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat nog ʼn student aan ʼn TVET-kollege in Limpopo vermoor is.

Die 27-jarige Tshidi Mocheko se liggaam is Maandagoggend in ʼn plas bloed in die erf van ʼn huis in Onverwacht in Lephalale (Ellisras) gevind.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die eienaar van die huis, glo die suster van die oorledene se kêrel, die polisie ontbied nadat sy tuis gekom en op die liggaam afgekom het.

Mocheko was ʼn student aan die Lephalale TVET-kollege. Die polisie is intussen op soek na Zachariah Moabi (36) in verband met die saak en het hom versoek om vir ondervraging by die Lephalale- of enige ander polisiestasie aan te meld.

Enigiemand met inligting oor die voorval of oor waar Moabi hom moontlik bevind, word versoek om kapt. Hlungwane by 082 565 7968 te kontak of Stop Misdaad by 08600 10111. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Precious Ramabulana (Foto: Facebook)

Die moord op Mocheko volg na die moord op Precious Ramabulana in November verlede jaar.

Ramabulana, ʼn student aan die Capricorn TVET-kollege in Limpopo, het in haar huurkamer in Mokomene, noordoos van Polokwane, gelê en slaap toe ʼn onbekende persoon deur die venster toegang tot haar kamer bekom het. Ramabulana is verkrag en verskeie kere met ʼn mes gesteek.

Aubrey Manaka (28) is in verband met Ramabulana se moord en verkragting in hegtenis geneem. Hy het verlede week weer in die Morebeng-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op vyf aanklagte. Die saak is tot volgende maand uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dries ·

Interessant hoe moorde in kategoriee verdeel word volgens die slagoffers, en hoe daar dan in verskillende grade van ontsteltenis daarop gereageer word deur die media en bree publiek.

Magda ·

Baie jammer om dit te hoor – Sterkte aan haar familie. – Hoekom word my kommentaar gemodireer – Sy is vermoor en my innige simpatie aan haar Familie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.