Nóg ʼn verkeersbeampte sterf op Mpumalanga-pad

(Argieffoto ter illustrasie: Twitter)

ʼn Verkeersbeampte van Mpumalanga is dood nadat sy ʼn bakkie op die R544 tussen eMalahleni (Witbank) en Kriel wou voorkeer en die voertuig haar getref het.

Jeanette Mlangeni was Maandag besig met roetinewetstoepassing toe sy die voertuig opgemerk het terwyl dit glo ʼn ander voertuig gevaarlik verbygesteek het.

“Sy het probeer om die voertuig voor te keer en dit het haar getref,” sê Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling.

ʼn Ondersoek na die voorval is reeds van stapel gestuur en die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid, Speedy Mashilo, het ʼn beroep op motoriste gedoen om wetstoepassers te respekteer. Hy sê verkeersbeamptes is nie daar om motoriste se lewe te bemoeilik nie, maar om lewens te red.

“Die voorval word ondersoek, maar ons glo dat motoriste met groot waaksaamheid sulke tragedies kan verhoed. Motoriste moet wetstoepassingsbeamptes én die padreëls gehoorsaam,” sê Mashilo.

“Dit gaan help om padongelukke te voorkom.”

Mashilo het ook sy medelye met Mlangeni se familie, vriende en kollegas betuig.

Verlede maand is nóg ʼn verkeersbeampte, Gijimane July Nkabinde, ook dood toe ʼn vragmotor hom op die N4-tolpad in die provinsie raakgery het.

Hy het die vragmotor glo na ʼn weegbrug gestuur toe hy deur dié voertuig getref is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

philippus ·

Hartseer. Maar ongelukkig het die mense geen idee hoe om karre veilig te stop nie. Het in laaste jaar amper 2 dood gery. Hardloop net oor pad om iemand anders te stop

KB ·

Daar is nie meer respek op SA-paaie nie, en dit geld ook vir “wetstoepassers” – dit is ongelukkig die status vd verkeer in SA. Dis hartseer, maar “wat jy saai, sal jy maai”. Ruk die land reg…dit begin by die landsburgers se eie-ek. Dis ʼn opvoedingstaak, gerugsteun deur ʼn ordentlike regering.

Hendrik ·

Ek is glad nie verbaas dat hierdie verkeersbeamptes raakgery word nie. Gaan kyk maar by die Donkerhoek weegbrug hoe spring/staan die Gauteng Metro Polisie offisiere in die pad om taxi’s/vragmotors voertuie te ondersoek terwyl al die voertuie teen 120km/h beweeg. Dit is uiters ontveilig en kyk maar net na die Vlieende Piering wisselaar hoe die TSMP die verkeer ontwrig en daar staan stringe busse/vragmotors/bakkie ens by die aansluiting van R21 met die N1. Dit is heeltemal ontveilig vir die hele spitsverkeer verkeerssituasie. Jammer vir die persoon wat afgesterf het maar daar is geen sprake van OHSA of enige iets wat veiligheid betref nie. Maar wat sal ons nou hier skryf die situasie verander mos nie want wie is in beheer?

Karlahari ·

Wat het met die bestuurder gebeur? Weggejaag? Inhegtenis geneem?

Miena ·

nee geen mens sal nou weet nie. ek het gistermiddag verby die toneel gery net nadat dit gebeur het en daar was geen teken van n motor betrokke of aandadig nie. Sal nogal interessant wees om te te verneem wie, wat, waar en al die gewone vrae.

Lourens ·

“Speedy Mashilo, . . . sê verkeersbeamptes is nie daar om motoriste se lewe te bemoeilik nie, maar om lewens te red.”
Ongelukkig is die ou Oos-Transvaal, nou bekend as Mpumalanga, berug vir sy verkeersmense wat motoriste stop bloot om omkoopgeld te eis. En dít is die hoofrede waarom hulle nie gerespekteer word nie.
So miskien moet Speedy (wat ‘n naam om verkeersake te moet hanteer ) begin deur die korrupsie aan te spreek voordat hy begin praat oor “respek”.

Heinrich ·

“Speedy Mashilo, het ʼn beroep op motoriste gedoen om wetstoepassers te respekteer”. Om die lewe binne-in die uniform te respekteer, kan gedoen word. Om die uniform en wat dit verteenwoordig te respekteer, kan ook gedoen word. Respek vir die persoon binne-in die die uniform word verdien. My dogter is Desember af Kaap toe en is drie keer afgetrek en gedreig om omkoopgeld te betaal “anders was sy toegesluit”. Our people binne-in uniforms is ‘n teenstelling want daardie uniform word hopeloos te veel misbruik deur die draer daarvan.

Andrè ·

As jy as speed cop in die pad inspiring om ñ kar af te trek gaan jy tweede kom,ongelukkig het sommiges nie die in diepte visie om te sien ñ voertuig kom met ñ spoed aan en as hy/sy dink ñ ligaam gaan hom stop gaan dit nie gebeur nie,nogtans beteurenswaardig

Harley Davidson ·

Respek vir ‘n proaktiewe polisie beampte een wat haar werk gedoen het.

Miena ·

Ek ry elke weeksdag die Wolvekrans pad werk en huis toe. En juis op daardie dieselfde plek waar hierdie persoon omgery is, was ek self as soos vele ander mense reg van vooraf in die aankomende verkeer se gesig in, verras gewees deur n persoon wat in die pad inspring – soos n wafferse jack-in-the-box; en dit is baie maklik om die persoon in die uniform om te ry. Nes jy dink jy wil dalk uitswenk dan gaan jy oor na die baan toe vir aankomende verkeer. So wie of wat wil jy tref – die persoon of n ander kar / trok? Nou kyk – hierdie stukkie is reg op n draai so 50m van n rivier af. Hoekom sal hulle daar staan maak? Want dit is die enigste plek met ordentlike bome en wegsteekplek vir hulle karre agter die bos. Kom kyk maar self. Ek het verby die toneel gery gister – en dit was baie hartseer om haar hoed te sien le eenkant en haar kolega op haar kniee al huilend. Geen voertuig gesien wat betrokke gelyk het in aandanigheid nie…

Andries ·

Sleep paar weke terug my woonwa teen 100 km/h. Spring die vlakhaas oorgewig verkeerdame voor my in. Automaties is my stop afstand baie groter en toe ek uiteindelik stop, het ek geweier om terug te stoot na haar toe. Met haar logge ligaam wou sy my skryf omdat ek nie betydes kon stop nie. Baie skimpe oor hoe dors sy is , het op dowe ore geval.

Eugene ·

Jammer daarvoor, maar somtyds is hulle ook skuldig, dis die spietkops.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.