Nog ʼn waarskuwing uitgereik oor ysterpenne op paaie

Ysterpenne op paaie (Foto verskaf deur die Gautengse verkeerspolisie)

Die Gautengse verkeerspolisie het ʼn waarskuwing aan motoriste uitgereik oor ysterpenne wat op openbare paaie geplaas word met die doel om die persone te beroof.

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het gesê daar is ʼn toename in voorvalle waar ysterpenne strategies op hoofweë geplaas word. Voorwerpe word ook van brûe afgegooi wat daartoe lei dat motoriste beheer verloor oor hul voertuie. Die betrokke motoriste word dan van hul besittings beroof.

Maremane het gesê die volgende roetes is geïdentifiseer as brandpunte:

  • Die N4 Mpumalanga na Pretoria tussen Solomon Mahlangu en die Watermeyer-afrit
  • Die N4 Pretoria na Mpumalanga tussen Bronkhorstspruit en die Balmoral-afrit
  • Die N1 Polokwane/N4 Mpumalanga-wisselaar in Pretoria
  • Die N4 na Rustenburg tussen R80 Mabopane-hoofweg en die Brits-tolhek
  • Golden Highway
  • R21-snelweg van OR Tambo- internasionale lughawe na Pretoria

Hy het gesê die misdadigers skuif van een gebied na ʼn ander waar die paaie stil is sodat motoriste van kontant en ander waardevolle besittings beroof kan word. “Die voorvalle gebeur veral op Vrydagaande en oor naweke – tussen 18:00 en 04:00.

Hy gee die volgende veiligheidswenke:

  • Moet nooit met jou voertuig stilhou as jy oor ʼn ysterpen gery het nie. Ry eerder stadig na die naaste vulstasie terwyl jy die Gautengse verkeerspolisie kontak
  • As jy deur ʼn verkeersbeampte voorgekeer word, dring daarop aan om hul aanstellingsertifikaat te sien om te bevestig dat so ʼn beampte wel deur die betrokke verkeersowerheid aangestel is
  • Waar ʼn verkeersbeampte nie sy aanstellingskaart kan wys nie, skryf die nommerplaat neer van die patrollievoertuig en meld dit dadelik by die naaste polisiestasie aan
  • As jou motor onklaar raak, bly in jou voertuig met die deure gesluit terwyl jy bystand ontbied
  • Moenie toelaat dat enigiemand jou voertuig sleep sonder geskrewe toestemming nie

“Ysterpenne op paaie het daartoe gelei dat padgebruikers in talle ongelukke was. Sommige het al selfs met hul lewens geboet,” het Maremane bygevoeg. “Die Gautengse verkeerspolisie sal voortgaan met sy wetstoepassingsoperasies op Gauteng se grootste roetes en snelweë om seker te maak dat enigiemand aangekeer en vervolg word wat voorwerpe op paaie plaas.”

Motoriste word aangeraai om die Gautengse verkeerspolisie te kontak by 011 689 3712 of 011 689 3999 of kontak die polisie by 08600 10111.

Maroela Media het vroeër berig motoriste in die Pretoria-Oos-omgewing word gewaarsku dat misdadigers spykers en ander voorwerpe in die pad plaas om seker te maak die motoriste hou stil. Leon Muller, distriksbestuurder van Fidelity ADT, het gesê die spykers en ander voorwerpe veroorsaak ʼn pap band of ander skade aan die voertuig. “Die oortreders, wat gewoonlik gewapen is, beroof dan die bestuurder en passasiers van waardevolle besittings.”

Volgens Muller word die N4-hoofweg geteiken en verskeie ander paaie in die verre ooste van Pretoria insluitend Garsfonteinweg, Grahamweg (M6), die Boschkop-pad (R631) en die Bronkhorstspruitpad (R104).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

KB ·

Waar is die Metro- en SA Polisie? (Seker besig om staalpenne op paaie te help plant)

Bernard ·

Waar’s Sanral met hulle biljoene? Dis immers hulle plig om hulle skelm konsessie veilig te hou.

Joe Olivier ·

Ons sal seker voortaan die aanvallers met ketties moet skiet.

E ·

Of ‘n hyena in jou kattebak hou, of ‘n tokoloshe. Weet nie waarvoor hulle bang is nie.

Wonder ·

Sal tien teen een nigsteeds gearresteer word vir poging tot moord, tensy mens n lekker donker tan het…

Snowball ·

Nou waarom, as die useless polisie waarsku, kan hulle nie die gemors loop voorlê en op heterdaad betrap nie? Hoekom moet die gewone ou met sy lewe boet terwyl die polisie kamtig ‘wetstoepassingsoperasies’ doen. Dit beteken agteroor sit en die Publiek moet sien en kom klaar. Kan die polisie nie meer groot operasies beplan en uitvoer nie – die plekke, die tyd en die mo is bekend, wat meer is nodig sodat hulle ‘n teenaksie kan beplan?

Chris dupreez ·

En dan mag jy nie meer n vuurwapen kry vir selfverdediging.

Francois ·

Dit gebeur want ons wetstoepassers sit eerder by die huis en tv kyk as om misdaad te bekamp. Hoekom stel hulle nie lokvalle vir die mense?

Jan ·

Ry na naaste polisie stasie?Asb dit laat my lag!!!!Donderdag het my dogter by Roodepoort Polisiestasie gesukkel om ‘n klag van opsetlike saak beskadiging en cremin injuries aan te meld self die blanke bevelvoerder wou nie klag neem nie en ons moes aandring daarop want die versekering wou ‘n saaknommer he.

Kanjynoumeer ·

Afrika!
Maak vrede met jou omstandighede in Suid-Afrika of….
Veg of vlug.
Dit sal darem fantasties gewees het as al die onwettige en korrupte idees kon omgeswaai word in positiewe idees om Suid-Afrika se ekonomie te red. Helaas!! Afrika.

Danie ·

Dit is hoe hulle ons beroof en vermoor maar hulle wil ons vuurwapens waarmee ons onself moet verdedig wegvat.

Jan ·

Kan ADT nie hulle Hommeltuie gebruik om die paaie te patroleer en die kriminele te vang nie. Laat Sanral betaal daarvoor.

Caroline ·

Bring back the death penalty its the only way to bring back respect trust spare the rod spoil the people

Wonder ·

Death penalty won’t work now it wil only go one-sided and we all know who will get death penalty here in SA…

pestilensie ·

Indien n verkeerdbeampte wat nie een is nie jou aftrek, is jy klaar in die pekel, om hom dan vrae te vra gaan jou bokkerol help

Leesbril ·

Het so n pen verlede jaar net-net gemis, oppad na Nelspruit vir werk, as daar nie voor of agter jou verkeer is nie, sit hoofligte aan en ry in die middel van die pad, jy is boonop doodmoeg daai tyd van die aand/oggend en jou reflekse is nie van die beste om uit te swaai sou jy dit sien nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.