Pta’ners gewaarsku oor spykers in paaie

Argieffoto (Foto: Mikes-Photography/Pixabay)

Motoriste in die Pretoria-Oos-omgewing word gewaarsku dat misdadigers spykers en ander voorwerpe in die pad plaas om seker te maak die motoriste hou stil.

Leon Muller, distriksbestuurder van Fidelity ADT, het gesê die spykers en ander voorwerpe veroorsaak ʼn pap band of ander skade aan die voertuig. “Die oortreders, wat gewoonlik gewapen is, beroof dan die bestuurder en passasiers van waardevolle besittings.”

Volgens Muller word die N4-hoofweg geteiken en verskeie ander paaie in die verre ooste van Pretoria insluitend Garsfonteinweg, Grahamweg (M6), die Boschkop-pad (R631) en die Bronkhorstspruitpad (R104).

“Bewustheid is jou mees doeltreffende verdediging,” voeg Muller by. “Ons maan motoriste om versigtig te bestuur op dié paaie – veral in die aand, omdat daar gewoonlik donker dele is en min ander motors op die pad.”

Hy raai motoriste ook aan om ʼn betroubare opsporingstoestel met ʼn paniek-funksie te installeer om vriende, familie en die owerhede in kennis te stel indien jy hulp benodig.

Hy gee ook die volgende veiligheidswenke:

  • Hou by ʼn redelike spoed wat stadiger is as die spoedbeperking – veral in die aand en op donker paaie. Dit gee jou meer tyd om te reageer op enigiets in die pad sodat jy dit kan vermy. Dit sluit diere en slaggate in.
  • Stel vriende en familie altyd in kennis van die roete wat jy gaan volg en hoe lank dit jou behoort te neem.
  • As jy ʼn pap band kry, is dit beter om stadiger te ry en na die naaste plek van veiligheid te ry om die band om te ruil. Dit kan moontlik jou wiel en selfs jou motor beskadig, maar dit is veiliger as om in die donker en op ʼn verlate stuk pad in die aand stil te hou.
  • Oorweeg om eerder van paprybande gebruik te maak wat jou ʼn paar ekstra kilometers bied om te ry, selfs al kry jy ʼn pap band.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cecilia ·

Ek sal my definitief bewapen as ek n padgebruiker in daai omgewing is. Maar ja d blankes se wapens mos weggevat met d kamtigeamnestie nonsens deur ou Hoed man

Pieter ·

Ons huise het in tronke verander nou moet jy as die sonsak ook nie meer op die pad wees nie. Die ANC regering en SAP is te sleg om hulle werk te doen. Ons is van die domste belasting betalers in die werld. Ons moet belasting betaal maar kry geen diens van die breindood regering nie. Wanneer gaan ons standpunt in neem seker die dag as ons nie meer daar is nie.

Alleen Wolf ·

Die moontlikheid dat die SAP ens. betrokke is, is baie goed, ek ry dikwels in die omgewing van die Putfontein afrit waar die twee jong mense ‘n tydjie gelede dood geskiet is feur die zama zama’s, hulle loop steeds oop en bloot met hulle sakke goudstof terwyl die empd heen en weer verby hulle ry.
Ek spel dit doelbewus met klein letters want dit is die minagting wat ek vir hulle het.

Irma ·

Nee Allen Wolf, ek sou eerder se dat Tanzaniers by hierdie tipe misdaad betrokke is want hulle doen dit in Tanzanie.

Irma ·

Nee Alleen Wolf ek sou eerder se dat Tanzaniers by hierdie tipe misdaad betrokke is want hulle doen dit in Tanzanie.

Cecilia ·

Al hierdie paaie os swak belig en dis hkm d kaders daar target. Dis 10@1d selfde klomp wat d selfse gedoen het by Carolina en Ermelo in Mpumalanga want d SAPS is te dom om hul te vang

Tiptol ·

Dit is baie waar. Ons paaie se ligte werk nie meer nie. Dit is stikdonker in die aand. Mens kan nie sien wat vorentoe aangaan op die pad nie.

Janc ·

Okay julle weet mos nou dis ‘n baie groot probleem so hou op waarsku en doen iets daaromtrent! Ons werkers was slagoffers van hierdie gemors en ek is seker daar is nog baie ander!

Hennie ·

SA word regeer deur ‘n kommunistiese terroriste groep. Dis waarom die kriminele so tuis voel hier en kan floreer.

Michelle ·

Ek is eintlik vreeslik vredeliewend …. maar ek gebruik elke dag Garsfontein rd…. ry met jou wapen op jou skoot en wees bereid om dit te gebruik. Maak seker jy weet hoe om dit te gebruik!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.