Nog niemand vas oor 10-jarige se moord

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 10-jarige meisie wat dood aangetref is in Botshabelo in die Vrystaat nie.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die bure het op 13 Februarie die polisie ontbied weens ʼn onwelriekende reuk uit ʼn nabygeleë plakkershuis. “Die polisie het dadelik reageer en op die liggaam van die 10-jarige meisie afgekom. ʼn Ondersoek het onthul sy is op 9 Februarie al as vermis aangemeld. Sy is laas by ʼn plaaslike winkel gesien.”

Die eienaar van die plakkershuis is glo tans in Pretoria, maar sy het ʼn egpaar gevra om na haar huis om te sien. Die egpaar is laas op 10 Februarie gesien.

“Konst. Lephui Khumalo het die familie van die vermiste meisie gekontak en hulle het haar uitgeken as hul vermiste kleinkind.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Enigiemand met inligting kan konst. Khumalo kontak by 078 688 3994 of 051 531 5805.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.