Nog raadslede vas oor Durban-tenderskandaal

Argieffoto ter illustrasie van Durban (Foto: oldeani0, Pixabay)

Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die beweerde multimiljoenrandse tenderskandaal waarin die eThekwini-munisipaliteit gedompel is.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se nasionale taakspan vir skoon oudits het drie raadslede Donderdagoggend in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel in die  sogenaamde Durban-vasteafval-tenderskandaal.

Maroela Media het vroeër berig die saak hou verband met ʼn kontrak vir die verwydering van vaste afval vir die stad ten bedrae van meer as R200 miljoen.

Diensverskaffers is glo groot bedrae geld betaal, maar geen dienste is gelewer nie.

Die raadslede, al drie tussen 44 en 47 jaar oud, staan nou soos verskeie ander beskuldigdes tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cherokee ·

Nie dat daar enige haas is met afhandeling van die saak. Gewese burgemeester afgedank met die anc wat haar bloot ander werk aangebied het.

Janee ·

En so sal dit aangaan….sonder dat enigeen in die tronk beland…heelwaarskynlik dan in die siekeboeg. Maar net nog ‘n dag in hierdie land…..

Cherokee ·

‘n Land waar (sommige) van die inwoners mense soos De Klerk kanker toewens. Wees nie verbaas as die land vervloek is nie. Ons moet ons oë ophef…

dada ·

Hoekom betaal hulle nie eers wanneer die werk klaar gedoen is nie?

andre ·

3 naamlose raadslede .Ek wonder hoekom hulle name nie genoem word nie ,maar wel ouderdom ?
Dit lyk so al of persvryheid aan bande gele word

daniel ·

Skande te groot om eers te noem. Kan hierdie tipe mense maar net nie van die aardbol verdwyn nie?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.