Nog twee vas oor bedrogsaak in Noord-Kaap

Argieffoto (Foto: Ian Landsberg/ Afrcan News Agency/ANA)

Twee verdagtes, Isak Andrew (38) en Ivan Steenkamp (45), het Maandag in die Victoria-Wes-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.

Hulle is vroeër die dag deur die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, in hegtenis geneem.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê dit is ʼn opvolg in die saak waar die voormalige waarnemende bestuurder van Ubuntu-munisipaliteit, Xolani Goodman Malgas (53) en ʼn kontrakteur, Dan Bevin Sonwabo Nkili (58), in hegtenis geneem en vlugtig op 24 Augustus 2020 in die hof verskyn voor hulle op borgtog van R30 000 vrygelaat is.

Maroela Media het vroeër berig die Ubuntu-munisipaliteit in Victoria-Wes in die Noord-Kaap het verskeie betalings aan verskillende diensverskaffers gemaak sonder dat behoorlike aanskaffingsprosedures gevolg is. Hulle moes materiaal verskaf om kragtoevoer by 206 huise te installeer en materiaal verskaf vir padopgraderings in die gebied wat nooit gebeur het nie. Die fondse beloop ongeveer R2 miljoen.

Steenkamp en Andrew is ook vrygelaat op borgtog van R30 000 elk. Hul saak is tot 16 November 2020 uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Strandloper ·

Mooi man! Wonder net waneer gaan die Valke ontbind word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.