Noodlyn vir transitorooftogte bekend gestel

Catch (Foto: Twitter)

Die transitomaatskappy SBV het Woensdag ʼn noodlyn bekend gestel om die publiek aan die praat te kry oor transitorooftogte en mense aan te spoor om dié misdade aan te meld.

Dié noodlyn staan bekend as Citizens against Transit and Catch Heists (Catch) en verskaf ʼn platform aan die publiek, gemeenskapsgroepe en sekuriteitsmaatskappye om transitorooftogte aan te meld, het Mark Barrett, uitvoerende hoof van SBV, verduidelik.

“SBV het nog altyd nou saam met ander sekuriteitsmaatskappye, die polisie en die misdaadintelligensie-eenheid gewerk. Wat ons met Catch wil doen, is ʼn platform skep om inligting te versamel en te deel. Dit kan dalk kom van ʼn werknemer, dit kan kom van ʼn lid van die publiek. Ons moet seker maak dat mense ons kan bereik en weet dat ons luister.”

Barrett het verseker dat die noodlyn deur ʼn onafhanklike maatskappy genaamd Whistleblowers bedryf word wat alle oproepe aan die noodlyn anoniem sal hanteer.

Hy verduidelik hoe vinniger inligting oor dié misdade gedeel word, hoe vinniger kan ʼn ondersoek van stapel gestuur word. “Waardevolle video’s en foto’s wat op die toneel van transitorooftogte geneem word, lei tot inhegtenisnemings.”

Inligting van dié aard kan dus op Catch se Twitterrekening geplaas of telefonies oorgedra word om te verseker dat die betrokke inligting die polisie spoedig bereik.

Indien jy inligting het wat ʼn transitorooftog kan verhoed of oor inligting beskik rakende  ʼn transitorooftog wat reeds plaasgevind het, skakel 0800 2CATCH by 0800 222 824. Die oproep is gratis en word 24 uur per dag deur Whistleblowers gemonitor. Alle oproepe word vertroulik hanteer, het Barrett gesê.

Besoek Catch se Twitterrekening hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Regs! ·

Hulle sal dit nooit doen nie want geld is belangriker as blankes se lewens!

Se maar net ·

Snaaks dat dit nou net na die verkiesing gebeur, En kyk ook na die patroon. Geen rooftogte nou net voor en na verkiesing nie? Noem maar net,

Gert van Wierdapark ·

Goeie idee, maar indien dit nie gekoppel word aan n ou beloningkie nie, sal min fluitjie-blasers moeite doen ias hul iets sou weet of sien! Dit is mos logies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.