NSFAS gaan nié skuld afskryf, sê Nzimande

Dr. Blaze Nzimande gedurende Dinsdag se mediakonferensie. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Dr. Blaze Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, ontken bewerings deur die Demokratiese Alliansie dat die nasionale hulpfondsskema vir studente (NSFAS) besig is om historiese skuld af te skryf.

Hy het dié bewerings Dinsdag tydens ’n mediakonferensie as “absurd” en “onverantwoordelik” bestempel.

Die DA het verlede week aangevoer dat Nzimande in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA gesê het NSFAS is besig om R1,9 miljard se historiese skuld af te skryf.

“Dit blyk of sommige van die DA se lede nie kan lees nie,” het die minister vanmiddag gesê.

Volgens Nzimande is die bedrag van R1,9 miljard as onreëlmatige uitgawes verklaar, nadat die vorige NSFAS-raad onbestede historiese skuld van 2016 en 2017 aangewend het om NSFAS-kwalifiserende studente in 2018 te befonds.

“Hoewel dit ‘n wettige herleiding van fondse was, is die nodige prosesse nie gevolg om die nasionale tesourie se goedkeuring te kry nie. Daarom het die ouditeur-generaal dit as onreëlmatige uitgawes verklaar,” het hy verduidelik.

Volgens Nzimande is NSFAS besig om alle onreëlmatige besteding te verwyder en die ouditeur-generaal het aangeraai dat hierdie onreëlmatigheid op dieselfde manier hanteer word as om “historiese skuld af te skryf”.

Nzimande het gesê hy veroordeel die DA se bewerings, aangesien dit net verdere onsekerheid te midde van die Covid-19-pandemie tot gevolg gehad het.

Die minister het ook gesê hy is besig om ’n nuwe raad vir NSFAS aan te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Die ANC is strategies besig om Covid 19 blatant te misbruik om hulle anargie en sosialistiese afhanklikheids staat tot stand te bring. Ons is in GROOT moelikheid!

capie ·

R1,9 miljard word nie as historiese skuld afgeskryf nie. Dit word as onreëlmatige besteding geklassifiseer en gehanteer dieselfde as historiese skuld. D.w.s. as historiese skuld afgeskryf. Die man weerspreek homself se erg dat hyself hom nie kan verstaan nie. Shame, ek neem hom nie kwalik nie.

Cherokee ·

‘..onbestede historiese skuld..’ Klink asof dit geld is wat geleen is en terugbetaal moet word maar nie uitgegee is nie, en toe gebruik is om studente mee te befonds. Dit is my afleiding. Anders weet ek nie hoe skuld gebruik kan word om iets mee te befonds.

Anoniem ·

Jy slaan die spyker op die kop. NSFAS studente ontvang maandeliks ‘n stewige toelaag van meer as R3000-00 vir vervoer, verblyf, kos plus gratis studies. Lekker ne?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.