NSFAS ontken R5 miljard-betaling aan student

Die skermskoot wat wyd versprei word.

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het ontken dat hy R5 miljard in ʼn student se bankrekening inbetaal het.

ʼn Skermskoot van ʼn SMS-kennisgewing word wyd op sosiale media versprei wat glo wys dat R5 miljard in ʼn rekening inbetaal is en “Nsfas” wat as verwysing aangedui word.

Dr. Randall Carolissen, NSFAS-administrateur, het dit egter ten sterkste ontken en gesê NSFAS het nie ʼn betaling van R5 miljard aan enige student gemaak nie.

Dit kom nadat NSFAS in 2017 weens ʼn administratiewe fout ʼn astronomiese R14 miljoen se studiegeld aan ʼn student betaal het in plaas van slegs R1 400 vir haar maandelikse kostoelaag.

ʼn Foto van ʼn strokie wat wyd op sosiale media gedeel is wat ʼn balans van meer as R13 miljoen in Sibongile Mani se rekening toon. Foto: Twitter

Sibongile Mani, ʼn student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU), is later van diefstal aangekla aangesien sy oor ʼn tydperk van drie maande op ’n inkopietog van R818 000 gegaan het, voor die owerhede onraad vermoed het. Die saak duur steeds voort.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, sal intussen Dinsdag besoek aan NSFAS se kantoor in Wynberg, Kaapstad, aflê.

Die minister sal tydens sy besoek deur die NSFAS-administrateur en senior bestuur ingelig word oor die vordering wat gemaak is met die verwerking van betalings vir NSFAS-studente vir die 2020‑ akademiese jaar.

Nzimande sal ook ingelig word oor die prosesse wat lei tot die finansieringsbesluite deur NSFAS vir sowel universiteits- as TVET-studente.

Na afloop van die inligtingsessie sal die minister op ʼn toer van die NSFAS-gebou geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frederik ·

Dit is belaglik, mense maak foute maar die fout is ongelooflik!!! Kan so n foutjie nie maar in my bankrekening plaasvind nie??

Kiewiet ·

Vir so ‘n klein foutjie, kan ek ook maar my rekening nommer aamstuur!

Wondermaarnet ·

Dit is nie die eerste keer wat ‘n fout insluip nie. Dit is seker nie ‘n fout nie en doelbewus gedoen, want daar is kaders wat wil deel in die student se vet beurs.

Ou Baardbek ·

“Ja, ek sou kon doen met ‘n miljoen, ek sou myself met net ses nulle kon versoen, ja, ek sou kon doen met ‘n miljoen!……” met erkenning en aplologie aan die eertydse sanger!! :-))

Lourens ·

Wel baie dankie aan NSFAS. Ons seun is 3e jaar by TUKS, derde jaar wat hulle sy studies vol betaal, jy moet net bly slaag. Ander seun begin ook by TUKS, onderwys. Sy NSFAS ook goedgekeur. Alles is nie sleg nie mense…..ek glo ook nie daardie groot bedrag is beskikbaar in NSFAS se rekening om te betaal nie. Dink dis fop nuus…..

Jakes ·

Slaan my dronk dat die fondse nie bestuur word deur n gekrediteurde oudit maatskappy nie. Sal my ook nie verbaas as hierdie tendens net die oortjies van die seekoei is nie.

Foefie ·

Dis ‘n OU berig hierdie. Kyk na die datum op die dokument.

Kobus ·

Op die eerste dokument is die datum 10 Februarie 2020, m.a.w. dit was gister.
Die tweede een het al in 2017 gebeur en die ondersoek duur steeds voort.

Asgat ·

Die tweede foto is van die eerste betaling wat aan n’ student gemaak is wat genoem word in die berig…..

Asgat ·

Ek dink persoonlik ook dit is fop nuus – die R voor die bedrag is in swart en die syfers in blou. My selfoon en rekenaar maak syfers blou as dit soos n’ telefoon nommer of soort gelyk voorkom. Wat daarop wys dat daardie sms nie deur Capitec of NSFAS gestuur is nie. Sover ek dit verstaan sal dit ook nie se transfer nie maar payment received.

Dries ·

En na aanleiding van die ‘reaksie’ gister op hierdie vals nuus, is dit nog steeds duidelik dat hierdie NSFAS begunstigdes dink die ‘gratis’ geld wat nie hoef terug betaal te word nie. My liewe jong mens, of jy nou 5 sent, of R5miljard van NSFAS kry, jy is steeds verplig om daardie geld terug te betaal wanneer jy die dag die arbeidsmark betree. NIKS in hierdie lewe is verniet nie!

Leon ·

Met soveel geld, plaas ek dit vinnig oor in ‘n buitelandse wegsteek rekening en verdwyn uit Suid Afrika.

Marie ·

Ek het nog altyd gedink mens doen ‘n EFT betaling maar sien nou dit is FET Payment …. wonder hoe waar is die storie, maar as dit waar is hoe kan sulke groot betalings deurgaan???? Daar moet mos vrae gevra word, of stelsels moet in plek kom as so ‘n groot betaling deurgaan dat daar ‘n waarskuwing of iets gestuur word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.