Nuwe adjunk-hoofsweep vir die DA

Dr. Annelie Lotriet (Foto: Facebook)

Die DA wens dr. Annelie Lotriet geluk met haar verkiesing as die party se nuwe adjunk-hoofsweep in die Nasionale Vergadering. Sy het onbestrede gestaan.

“Annelie is ʼn uitstekende voorbeeld van ʼn parlementariër met passie en toewyding om die land ʼn beter plek te maak,” sê Siviwe Gwarube, die DA se hoofsweep.

Sy was die afgelope drie jaar die DA se koukusvoorsitter. Sy het in 1999 by die Demokratiese Party aangesluit en is in Desember 1999 verkies as wykskansellier vir die Demokratiese Alliansie.

Sy is in 2009 verkies tot lid van die parlement (LP) vir die DA en is weer in 2014 en 2019 herverkies.

Lotriet het ʼn LLB-graad en ʼn doktoraat in onderwys. Sy dien tans op die artikel 194-ondersoek na die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane se geskiktheid om in haar amp te bly.

“Ons wens haar alles van die beste toe in haar nuwe posisie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die hele spul het eintlik al relevansie verloor. Trek groot en onbekostigbare salarisse, maar kan weinig opbrengs toon. Die land het gefaal en daar moet eerder gewerk word aan nuwe modelle. Ons kan nie op die huidige trajek voortgaan nie. Minder as 40% van die stemgeregtiges daag by wel die stembus op. Die super belangrik politici reken hulle kan so voortgaan sonder gevolge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.