Nuwe hoof by SAL

Vuyani Jarana. Foto: ANA.

Die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL) het Vrydag aangekondig dat Zuks Ramasia die leisels sal oorneem as die waarnemende uitvoerende hoof van die lugredery ná Vuyani Jarana se bedanking.

Ramasia was voorheen die operasionele bestuurder by SAL.

Thandeka Mgoduso, ʼn SAL-raadslid, het by ʼn mediakonferensie gesê Jarana gaan nie sy kennistydperk van drie maande tot aan die einde van Augustus vanjaar uitdien nie.

Die raad het sy versoek om sy pos vroeër te ontruim, toegestaan.

“Die direksie van SAL kondig graag die aanstelling van me. Zuks Ramasia as waarnemende uitvoerende hoof van SAL aan. Die uitgaande uitvoerende hoof se laaste dag op kantoor is Maandag 10 Junie, soos ooreengekom met die raad,” het Mgoduso gesê.

Mgoduso het Ramasia beskryf as ʼn ervare hoof met uitgebreide kennis van die lugvaartbedryf.

Volgens Mgodusa het die raad reeds begin met die soektog na ʼn nuwe permanente hoof. Hy sê dit moet iemand wees met die nodige ervaring en kundigheid van die bedryf.

Hoewel Jarana binnekort nie meer aan stuur van sake gaan wees nie, sal hy in die volgende drie maande beskikbaar wees om leiding aan sy opvolger te gee.

Jarana, wat in November 2017 as uitvoerende hoof by die lugdiens aangestel is, het verlede week bedank.

Volgens Magwaza was die raad nie suksesvol nie om Jarana te probeer oortuig om in sy pos aan te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

San ·

Hoe gaan hy SAL uit penarie kry? ? SAL moet privatiseer – al uitweg.

beurt vir beurt ·

So kry elkeen sy beurt om geld te maak en sodra dit begin wys dat hy nie eintlik weet hoe nou nie, dan bedank hy en volgende een kry sy beurt. As hulle tog maar net hulle “touchyness” wil oorkom en ‘n kundige aanstel in die pos om die gemors weer reg te ruk. Maar nee, dit sal tog so ‘n verleenheid wees ne?

Strand looper ·

Mooi man….SAL kry 1ste prys vir die beste clowns ooit

Pieter ·

Nou moet jy skep, Zuks! As dit pap reen moet jy skep!

Geniet die gravy train

aj ·

SAL is lankal DOOD!

Moenie verder GOEIE GELD agter SLEGTE GELD aan gooi nie!

Likwideer, privatiseer, verkoop of GEE SAL GRATIS WEG!

zoom zoom ·

Nuwe tydelike hoof en onmiddelok vra hy vir R4bn Om SAA Te help. So kry elke een wat dink hy weer hoe Om die SAA se Gemors uittrsort n vet pay en Na n jaar n stewige goue handskud. Gordan en die SARB sal sorg vir sy kaders.

Gert van Wierdapark ·

Voorheen operasionele hoof, nou nuut waarnemend! Wat is die rol van die operasionele hoof in die SAL se treurige geldmors saga? Sal sy iets beter kan doen as voorheen? Skut al die vliegtuie en gooi die kantore se sleutels weg – SO SAL Geld gespaar kan word SAL!!!

Alida ·

Ai hulle leer nie. Stel die regte persoon aan en daardie persoon sal sy eie personeel met die hand uitsoek en aanstel. Die wat daar is sal hulle in elk geval nie aan n nuwe hoof steur nie. Maak skoon en gee die leisels vir iemand met vaardigheid en integriteit. Mens vee nie n nuwe huis met n ou vrot besem uit nie. Begin heelvoor.

Siener van Melbourne ·

Ek dink in hierdie pos is jou hande agter jou rug vasgebind. Jou base verhoed jou om kritiese besluite te neem en die beursie is alreeds gestroop. You’re setup for failure even before you start.

Strand looper ·

Imagine…Donald Trump hier by ons vir n week….dan is almal op hul voete en loop soos dit hoort!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.