Nuwe LP’s aangekondig om vakante poste te vul

Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep. (Foto: Armand Hough/ANA)

Die ANC sal vyf nuwe LP’s in die parlement verwelkom om vakante poste in die Nasionale Vergadering te vul, het Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Dit volg nadat Jeff Radebe, die voormalige minister van energie, dr. Siyabonga Cwele, voormalige minister van binnelandse sake, Bathabile Dlamini, voormalige minister van vroue in die presidensie, Derek Hanekom, voormalige minister van toerisme, en Mildred Oliphant, voormalige minister van arbeid, onlangs bedank het.

Die nuwe LP’s wat hulle skoene sal volstaan, is Alexandra Beukes, Kebby Maphatsoe, Zanele Nkomo, Wilma Newhoudt-Druchen, en Matthew Wolmarans.

Majodina het die nuutgekose lede namens die ANC in die verklaring verwelkom. Die lede sal op 18 Junie om 15:00 in die parlement beëdig word.

“Ons bedank ook die kamerade wat uit die parlement bedank het vir hul ywerige diens aan die ANC en aan die mense van Suid-Afrika. Ons sien uit daarna om in die toekoms saam met hulle te werk, aangesien hulle aangedui het dat hulle die ANC asook die land in ander hoedanighede sal bly dien. Ons wens hulle alles van die beste toe,” het Majodina gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marie ·

Kebby se dreigement om alles oor die ANC se moord/verkragtingskampe in Zambië etc. te vertel het hom nou ‘n heerlike possie verskaf. Korrupsie in die ANC is totaal buite beheer.

Dries du Toit ·

Skuweberg. Beukes en wolmarans is nie ons mense nie. Dankie daarvoor. Wolmarans was blykbaar verkeerdelik vervolg vir moord. Hierdie is seker nou sy vergoeding

Willehond ·

Aag asseblief!! Blah blah! Nienamd glo hierdie nonsens meer nie!

Strand looper ·

LP=”Long play” Neeee net genoeg om jul sake vol te maak

Johanna Botha ·

Is hulle bekwaam …kyk net om jou hoe alles verval ….maw NEEE ! !

Chris ·

Bekwaamheid is nie n faktor nie, al wat van hulle verwag word is om op elke voorstel van die amptelike oposissie n teen stem uit te bring. Om in elke komitee te dien en om ook daar n teen stem uit te bring. Vir al daardie moeite word hulle beloon met n vet salaris en voordele op die soustrein. Dit is seker die onderste punt van die kader waglys vir n sitplek

Hartseer ·

Stem 100% saam met jou. Dit gaan alles oor “show me the money, smart cars etc”

Strand looper ·

Nog n paar wat gou gaan ryk word ten koste van ander. Wat n belaglike spul!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.