Nuwe LP’s aangewys na oudministers bedank

Susan Shabangu. Foto: ANA

Die ANC het bekend gemaak wie die drie oudministers sal vervang wat die afgelope week uit die parlement bedank het nadat hulle nie weer in die kabinet opgeneem is nie.

Susan Shabangu, oudminister van maatskaplike ontwikkeling, Nomaindia Mfeketo, oudminister van behuising en Dipuo Letsatsi-Duba, oudminister van staatsveiligheid, het bedank.

Die kantoor van die ANC se hoofsweep het die voormalige LP’s bedank vir hul diens aan die ANC en die parlement.

Nonceba Mhlauli, woordvoerder van die kantoor van die ANC-hoofsweep, het gesê die party het reeds die proses afgehandel om die drie oudministers te vervang.

Fikile Masiko vervang Shabangu, Sfiso Buthelezi vervang Letsatsi-Duba en Tashoganetso Tongwane vervang Mfeketo.

Die oudpremier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, het oorgeskuif na die Nasionale Raad van Provinsies, waar sy tot ondervoorsitter verkies is. Sy word vervang deur Nombulelo Lillian Hermans.

Emily Manketsi Thlape vervang pres. Cyril Ramaphosa, wat kragtens die Grondwet opgehou het om ʼn lid van die Nasionale Vergadering te wees die oomblik toe hy tot president verkies is.

Judy Hermans vervang die voormalige omroeper Makhosini Nkosi.

Die nuwe lede sal Maandag in die parlement ingehuldig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Verduidelik tog asseblief: As ‘n Minister of ‘n Misister uit sy pos bedank….behou hy of sy haar ministireële salaris en byvoordele? Is dit waar? Hoe bevoordeel dit dan die ekonomie as die Prez sekere ministiriële poste skrap? Die mense wat daar gedien het, sit nou in ander poste, of by die huis…………..en die belastingbetaler betaal, en betaal, en betaal? Wie de hel het hierdie sisteem ontwikkel tot by die punt waar ‘n persoon met GEEN ondervinding nie, vir my voorskryf hoeveel van hy hard verdiende inkomste ek moet aanstuur, sodat daardie persoon in weelde kan leef met die geld wat EK voor gewerk het………en as ek dit NIE doen nie, is EK die krimineel en kan vervolg word? Dis absurd….

Afrodemokraat ·

Demokrasie werk so: Die staat verseker dat daardie mense wat nie belasting betaal nie vir hom stem deur die betaling van welsyn toelaes. In hierdie land is hulle die meerderheid. Tog logies. Wat verstaan jy nie? ‘ Democrasy’ op sy beste. Demokrasie is eintlik iets wat net werk in lande waar die meerderheid werk en belasting betaal. Koebaai Afrika!

Gert van Wierdapark ·

Ons Demo-crazy is in werklikheid maar net ‘n Kakistokrasie! Die woord is darem een van heel beste beskrywing van dit wat ons het!! He-he-he

Gollie ·

Ek hoop net die premier van die Noord Kaap wat nou aangestel is sal kyk na die hele Noord Kaap kyk en nie soos Sylvia Lukas nie na gedeelte.Daar is Sutherland ,Fraserburg,Loxxtoxn wat sy en die president nie van weet hoe swaar dit daar gaan nie.Blykbaar weet hulle nie eers Sutherland is die koudste dorp in die land nie,hulle kyk nie tv en lees nie koerant nie,net besig met korrupte dinge.

Huh? ·

Drie ministers het bedank omdat hulle nie in die kabinet opgeneem is nie maar hulle word vervang???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.