Filipe Nyusi, Mosambiek se president, het Saterdag die amptelike opening van die nuwe pad tussen sy land se hoofstad, Maputo, en die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal waargeneem.
Die provinsiale departement van vervoer sê die reistyd tussen Maputo en Kosibaai, KwaZulu-Natal se Ooskus-grenspos, word danksy dié nuwe pad drasties verminder – van ses ure na net 90 minute.
“Dis ʼn reuseprestasie,” sê die departement op Arrive Alive se webwerf. “Dit sal baie beteken vir die bevordering van handel en toerisme tussen Suid-Afrika en Mosambiek.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
28 Kommentare
Eintlik is hierdie een se naam die 24 hour open arrive & stay/free take-away-skyway. Ons hoop die brug is sterk want hy gaan holrug gekry word met swaar gelaaide voertuie. Die grootpad vir dagga-invoere en diefstal-uitvoere… Dink tog aan nog planne op ons vol geldtrommels te ledig.
Ons sukkel alreeds so om onwettige immigrante uit die land te hou
En nou behoort mosambiek ook aan china. Zim val ook vir china en ons eie RSA is vinnig oppad om deel van China Te word. Dit danksy die anc
100% in die kol zoom zoom.
N goeie pad om van weg te bly. Tussen china en bbbee kan jy net … verwag.