Twaalf jaar ná die gewraakte besluit van die ANC om die bobaas-korrupsiebevegters, die Skerpioene, te ontbind, het pres. Cyril Ramaphosa die terugkeer van ‘n afkaatsing van die spesialis-eenheid aangekondig.
Die nuwe ondersoekende direktoraat sal uit die kantoor van die nasionale direkteur van openbare vervolgings funksioneer kragtens artikel 7 van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, het Ramaphosa Donderdag tydens sy staatsrede in die parlement in Kaapstad gesê.
Die nuwe instelling sal veral fokus op die vervolging van diegene wat hulself skuldig maak aan korrupsie en staatskaping, veral die inligting wat by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aan die lig gekom het.
‘n Aankondiging in die Staatskoerant sal eersdaags die raamwerk formuleer waarbinne die nuwe direktoraat sal funksioneer.
Net soos die Skerpioene sal die nuwe direktoraat sowel ondersoekende as vervolgingskomponente hê wat saamgevoeg sal word. Die hoofdoel sal wees om die opbrengs van korrupsie terug te kry en die skuldiges aan die pen te laat ry.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
Hoop net dat hulle sal kan doen wat hulle moet sonder inmenging ! Gee die OPDRAG en LOS hulle !
Van die GOOD STORY ???van die anc se zuma jare na 9 lost years ???
“Die hoofdoel is om die opbrengs van korrupsie terug te kry”. Haha! En dan? Dan steek julle dit maar net weer in julle sakke op ‘n ander plek??
Is dit nie wat die Hawks veronderstel is om te doen nie?
Kan ons asb ‘n naamlys kry van die mense. Ons hier by BOSSASA het klaar hul pakkie geld reg. Ons wil dit net aflewer.