Nuwe vaartuig aan vloot oorhandig

Die vaartuig is een van drie wat vir die Suid-Afrikaanse vloot gebou is. (Foto: DSCT)

Die eerste van drie hipermoderne patrollievaartuie – wat boonop plaaslik gebou is – is aan die Suid-Afrikaanse Vloot oorhandig.

Die vaartuig moet Suid-Afrika se maritieme veiligheidskapasiteit versterk deur die land se vermoë te verbeter om doeltreffend, vinnig en bekostigbaar op bedreigings soos smokkelary en onwettige visvang te reageer.

Die vaartuig van 62 m x 11 m is ontwerp deur Damen Shipyards in Kaapstad (DSCT) en bedoel om ʼn vinnige reaksievermoë te lewer.

Die vaartuig se primêre rol is om seerowery, onwettige visvang en smokkeloperasies teen te werk,” lui ʼn verklaring van DSCT. Die vaartuig is egter só ontwerp om aan verskeie behoeftes te voldoen, wat dit ʼn sogenaamde multi-sendingkapasiteit gee.

Die vaartuig, die SAS King Sekhukhune I, is vroeër by die Simonstad-vlootbasis deur vise-admiraal Mosuwa Hlongwane, hoof van die vloot, in ontvangs geneem. By hom is Sam Montsi van Damen Shipyards. (Foto: DSCT)

Die gepatenteerde ontwerp lewer uitsonderlike seevaardigheidsvermoë. Die bylvorminge romp sny deur die water en verbeter gerief en veiligheid, terwyl dit boonop uitlaatgasse en brandstofverbruik verminder.

Die vaartuig, die SAS King Sekhukhune I, is vroeër by die Simonstad-vlootbasis deur vise-admiraal Mosuwa Hlongwane, hoof van die vloot, in ontvangs geneem.

Hlongwane het aan defenceWeb gesê die vloot sukkel om Suid-Afrikaanse gebiedswater te patrolleer. “Indien die bemanning nou aan boord van die vaartuig is, beteken dit ons gaan ʼn teenwoordigheid en afskrikmiddel in die patrollering van ons waters hê,” het hy aan webwerf gesê.

Die vaartuig het ʼn bemanning van 49 mense, waaronder agt offisiere, en ruimte vir nog 14 mense is beskikbaar. Bykomende akkommodasie of toerusting kan ook in spesiale houers op die agterdek geplaas word.

Bouwerk aan die oorblywende twee vaartuie duur voort. Die tweede vaartuig sal na verwagting volgende jaar aan die vloot oorhandig word en die derde een in 2024.

Werkskepping

Die vaartuig het ʼn bemanning van 49 mense. (Foto: DSCT)

Volgens DSCT speel die projek ʼn belangrike rol om vaardighede en nuwe werkgeleenthede te skep. In die geheel sal die projek na verwagting meer as ʼn miljoen man-ure vir bouwerk aan die drie vaartuie verg en meer as 1 000 direkte en indirekte werkgeleenthede word deur die projek gebied.

“Die lewering is ʼn beduidende mylpaal in die verhaal van Damen Shipyards Cape Town. Dit is die eerste keer dat ʼn vlootvaartuig van hierdie kaliber in die skeepswerf gebou is en is dit ook die eerste van sy soort,” sê Sam Montsi, voorsitter van die DSCT-raad.

Die meeste van die boumateriaal wat gebruik word, is boonop plaaslik bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Burgermeester ·

Die vloot kon nie eers die vorige vaartuie seevaardig hou nie, hoe lank gaan dit wees voor diè nuwe vaartuie in die droëdokke tot ruste kom. Die regering is soos bedorwe kinders, sodra iets breek, dan moet dit met ‘n nuwe en duurder weergawe vervang word.

Watsenaam ·

Gelukkig is die boot plaaslik vervaardig, en ek hoop daar is n instandhoudings klousulle ingesluit. Die vervaardigers kan nie bekostig om n slegte naam te kry as gevolg van swak instandhouding nie. Die is n groot besigheid en werkskepping geleentheid vir Suid Afrika.

Burgermeester ·

Dit is waar Samuel, en ek stem 100% saam met jou. Ongelukkig kan ek nie help om skepties te wees nie.

Frank John ·

Laat weet ons waneer dit inkom vir sy eerste reperasies want sekerlik gaan dit gebreek word deur een of meer van die vloot matrose.

philippus ·

Jy weet dat byna 60% van ons vloot kan nie swem nie. Dis nie n vereiste nie.

Di ·

Wonder hoe lank gaan hierdie vaartuig in werkende kondisie wees! NIKS word mos opgepas en in stand gehou nie.

Casper ·

Ironies genoeg verkkap hulle nie hierdie keer wat die vaartuie gekos het nie en dit laat my wonder

Lourens CFG ·

Die bedrag is té ingewikkeld om uit te spreek óf te spel.

philippus ·

Dink jy een van die “woke” journalists Sal moeite doen

Smirre ·

inderdaat, indrukwekkende vaartuig, net jammer dis is soos om vir ‘n 3 jarige ‘n R30 000 se “gaming” laptop te koop.

Chris ·

Chris Noordkus, Baie dankie Maroela vir hierdie berig, uiteraard is daar soos gewoonlik net negatiewe kommentaar, jammer dat mense alles oor dieselfde kam skeer, dit sal help as mense voor hulle sulke negatiewe kommentaar lewer dalk met mede Afrikaanse sprekers in die SA Vloot kon kontak gehad het. Maar soos die spreekwoord se,”klok hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie”

Anel ·

Behalwe die onderhoud, wie gaan hom vaar? Wat het van die duikbote geword? Gaan hierdie een nie dieselfde pad volg nie? En alles is plaaslik vervaardig! Nou wonder ek maar net hoeveel kortpaaie is nie gevat nie! Ons mag mos skepties wees!!

Henri ·

Dit is fantasties om te dink ons het die vermoë om ons eie grondstowwe te omskep in waarde. Ek bly optimisties.

Treurwilger ·

Stem saam, Henri!
Nie baie lande wat dít kan sê, of nadoen, nie.
Spoggerige vaartuie, mag hulle baie suksesvol wees.

Samuel ·

Damen skeepswerf is uitstekend, maar diegene wat nou hierdie patrollievaartuig moet bestuur kan dit nie na behore doen nie. Eersdaags is die skip ook op die krukkelys.

Plotman ·

Ek hoop hul die boot se drywer mooi geleer om te parkeer.

Fran ·

Mooi man! SA het ‘n kuslyn van 2800km wat ons met 3 bote gaan patroleer! Net die ANC wat so kan beplan. Dis internationaal bekend dat SA ‘n maklike land is vir smokkel. En natuurlik is die vervaardiger ‘n BEE maatskappy. Moenie julle asems ophou nie. Hulle gaan hulle opneuk. Dis net ‘n kwessie van tyd.

Dewald ·

Ek is ongelukkig skepties. Ek wag om te hoor watter politikus se bankbalans het ‘n lekker hupstoot uit hierdie transaksie gekry…

Phumba ·

Damen Shipyard is n Internasionale maatskappy wat in Holland sy ontstaan het. So die tegnologie en kwaliteit behoort van n internasionale standaard te wees.

Die Boerepompie ·

Die is beste nuus en om te dink dit ons wat so iets gebou het Ek se baie baie mooi hou so aan

Blikkies ·

Tot die skoonmaker ‘n belangrike knoppie breek en sê ‘Sorrrry’ dan staan hy weer vir maande om so knoppie te moet vervang.

JohanR ·

Maak net seker om die ketel se prop vir koffie by die REGTE gat in te prop, of julle blaas die hele duikboot, ekskuus, patrollievaartuig.

Samuel ·

Ek het goeie rede om te wonder waar die swart admiraal en skeepskapteins skielik vandaan kom. Beslis nie in SA opgelei nie.

Niklaas ·

Laat ons maar net hoop dat daar opgeleide bemanning sal wees wat die vaartuig korrek gaan hanteer en natuurlik dat onderhoud gereeld en deurlopend sal geskied.

philippus ·

Wonder hoe lank hy gaan hou… die anner is almal stukkend… ten minste is die een in Suid Afrika gebou… die palms was seker ook maar geghries maar darem nie so kwaai soos met die vorige bestelling nie. Die skelms van die vorige deal is nog nie vervolg nie en als is al stukkend van daai deal… skroot metaal

Boatsie ·

Wat gaan weer hier aan.
8 Offisiere vir 49 manskappe / 6 per offisier.
So mors ons belastinggeld op elke denkbare wyse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.