Nuwe variant kan VRK in chaos dompel

Scarlets tydens een van hul oefensessies in Durban. Foto: Twitter.

Die nuwe Covid-19-variant wat in Suid-Afrika aangeteken is maak ook amok op die sportveld.

Suid-Afrikaanse rugbyspanne is veronderstel om hierdie naweek vir die eerste keer Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde aan te bied, maar van die besoekende spanne skarrel reeds om beskikbare vlugte terug na Brittanje te soek.

Volgens Wales Online sal die Cardiff Blues en Scarlets se ander wedstryde ook in die slag bly nadat Suid-Afrika weer eens op Brittanje se rooilys geplaas is.

Die twee Walliese spanne moet hierdie naweek teen die Lions en die Sharks speel.

“Na aanleiding van die nuus van ’n nuwe Covid-variant wat in Suid-Afrika opgemerk is, wil Scarlets die familie en vriende van spelers gerusstel dat elke moontlike poging aangewend word om die toergroep sou gou as moontlik terug in die Verenigde Koninkryk te kry,” het Scarlets getwiet.

Volgens Simon Muderack, voorsitter van Scarlets, is die spelers se gesondheid en welstand die klub se hoofprioriteit.

“Ons ondersoek alle moontlike opsies om ons spelers so spoedig moontlik te repatrieer,” het hy gesê.

Cardiff Blues het ook ’n soortgelyke boodskap op hul sosiale media geplaas.

“Die situasie in Suid-Afrika het baie vinnig verander. Besorgde familie en vriende moet gerus wees dat die spelers se welstand ons hooffokus is.”

Die jongste verwikkelinge moet katastrofies vir SA Rugby (Saru) wees nadat hy alles in sy vermoë gedoen het om tuiswedstryde vir Suid-Afrikaanse spanne te verseker.

Daar was vroeër sprake dat die Bulls, Stormers, Sharks en Lions hul tuiswedstryde in Italië sou speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nicolaas ·

Die griep het soveel variante elke jaar, maar vir Covid gooi hulle die hele appelkar om. Die entstof werk ook duidelik nie so goed as die land met so hoë inenting persentasie dadelik alles wil toesluit nie.

Riaan ·

En daar gaan my Superbru predictions alweer by die venster uit.

Hardus ·

Hulle wil uit ‘n land met 2500 gevalle per dag terugkeer na ‘n land met 43000 gevalle per dag… EN die ‘nuve variant’ is irrelefant aangesien dit gaan versprei ongeag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.