Soorte resepte:

Nuwe vleisregulasies, en dis nou maar (boere)wors

(Foto: Argieffoto)

Dis nou maar wors: Een van Suid-Afrika se braaigunstelinge, boerewors, sal voortaan aan ʼn nuwe stel standaarde moet voldoen voordat dit verkoop mag word.

Van die regulasies behels dat boerewors uit nie minder as 90% vleis en nie meer as 30% vet gemaak is nie. Benewens die vleis self, mag boerewors ook geen ander bestanddele as graan en/of stysel, asyn, speserye, kruie en/of sout, voedselbymiddels en water bevat nie.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het op 26 Augustus ʼn hele rits nuwe regulasies in verband met die klassifikasie, verpakking en merk van sekere rou verwerkte vleisprodukte in die Staatskoerant bekendgemaak.

Dit sluit in verskeie klassifikasies, spesifieke samestellingstandaarde en beperkings op die verkoop van rou verwerkte vleisprodukte, asook bepalings vir toepaslike produkname en verpakkingsmateriaal.

Volgens die jongste regulasies op die Wet van Landbouprodukstandaarde verwys “rou boerewors” na enige wors wat verkoop word onder ʼn naam waarin die woord “boerewors” voorkom, of op sigself of in kombinasie met enige ander woord of uitdrukking, en wat aan die standaarde soos in die regulasies uiteengesit, voldoen.

Die regulasies bepaal verder dat boerewors:

  • vervaardig word van die vleis van ʼn mak dier, soos bees-, skaap-, vark- of bokspesies, of van ʼn mengsel van twee of meer daarvan;
  • ʼn eetbare omhulsel bevat;
  • geen eetbare of oneetbare afval bevat nie, behalwe waar sodanige afval uitsluitlik as die omhulsel van die rou boerewors gebruik moet word;
  • geen meganies herwinde vleis bevat nie.

Ander vleisprodukte wat in die regering se regulasies vir rou vleisprodukte gespesifiseer word, sluit in braaiwors, maalvleis, afval en hamburger-vleiskoekies (patties).

Klik hier om die volledige dokument te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Witwax ·

Ag shame.
Hier kom dit, nou wil hulle my vertel wat ek mag en nie mag eet nie.
Verander net die naam “boer”

Samuel ·

Dit is nie wat hulle doen nie. Van die gemors wat as boerewors verkoop word, voldoen hoegenaamd nie aan die ou standaarde nie. Hoogtyd.

Johan D ·

Daar is al vir jare voorskrifte waaraan wors moet voldoen om as boerewors verkoop te kan word!
Daar is ander wors waar daar nie dieselfde voorskrifte is nie wat mense verkeerdelik as boerewors beskou!

Klaar me Maroela ·

Stem saam van die gemors wat vir BOEREWORS verkoop word, is kwalik “braaiwors”.
En braaiwors is oneetbaar – dis ‘n flou poging om polonie as wors te bemark…. ????

Nommer 7 ·

Witwax, u kan nogsteeds u gunsteling wors vol vet en swak vleis koop en eet. Hierdie nuwe regulasie is om te verseker dat boerewors, nie braaiwors, van hoogste en beste gehalte is, en dat verbruikers kry waarvoor hulle betaal.

Piet 6 ·

Nou gaan die prys van wors, maak nie saak watse wors nie, weer die hoogte in skiet.

Piet 6 ·

Dit is ń baie goeie idee, maar van die slagters gaan nou weer ń verskoning kry om die prys te verhoog en dan net ń etiket op te sit met die regte besonderhede op. Niemand gaan werklik toets nie. Daar is in elk geval lankal reels vir die die inhoud van boerewors, maar min steur hulle daaraan en die smaak word met kruie en smaakmiidels “reg gedokter”.

Lood ·

Hoe werk – nie minder as 90% vleis en nie meer as 30 % vet ?

asjassie1 ·

Vet is deel van die vleis, goeie verhouding van 2 derdes vleis en 1 derde vet; die 10% is kruie ens

Nommer 7 ·

Elma, slagters en verbruikers wat die begrip van persentasies verstaan, weet presies wat dit beteken.

VaalDonkie ·

Die ander 10% is water, speserye, semels, ens. Die 30% vet is deel van die 90% vleis. Met ander woorde in die hele wors mag 27% vet wees. Die ander 73% is vleis en vullers.

Dr Pieter ·

Ek is baie bly hieroor.
Ons plaaslike slagter maak heerlike Boerewors met goeie vleis, maar sommige produkte wat ek al as ” boerewors” gekoop het gaan maar reguit asblik toe.
Hierdie maatreëls maak seker ons kry waarvoor ons betaal.

Klaar me Maroela ·

Ek stem. Die gemors wat party winkels vir BOEREWORS verkoop, is ‘n skande!

B-Man ·

Donkies en kangaroos val ook seker onder “mak diere”…

Johan D ·

Hier is die ou bepalings waaraan wors moet voldoen om as boerewors verkoop te kon word!
Die nuwe bepalings kan boerewors net nog lekkerder maak!

“Daar bestaan ‘n wetlike vereiste in Suid-Afrika vir slaghuise wat boerewors verkoop. Boerewors moet ‘n minimum van 70% vleis bevat, dus kan goedkoop “vullers” soos graan, brood, soja of water nie onbeperk bygevoeg word tydens die maak daarvan nie. Goedkoper wors wat só “verdun” word, staan as braaiwors, ekono-wors of “sausages” bekend.”

Pierre ·

ons noem dit sommer 2.5 duim duk wors, 2duim as jy begin braai en 0.5 as jy klaar is.

Strandloper ·

Die res klink soos n klomp hart lyers in die tussen tyd eet hul te lekker saam…

Braam ·

Maak net seker Bill Gates & kie lees die wet, want insekte, goggas, spinnekoppe en sintesiese vleis word nie toegelaat nie.

Duck ·

Pragtig! Dis omtrent tyd, die slaghuise (en winkels) druk enige iets in wors en verkoop dit onder die “boerewors” naam. Ek het destyds in ‘n slaghuis gewerk en ons moes netordentlike vleis, vet en speserye in wors stop, deesdae is dit saagsels, en kruie wat die smaak na vore bring. Ek is bly iets word gedoen, die vraag is “gaan hul dit doen of plak hul net ‘n nuwe plakker op die wors wat gaan sè “90% vleis”? Ek neem aan die “antwoord is in die WORS”

André ·

So, ek aanvaar dat die regering die land se behuisings probleme en goedkoper kos vir die armes klaar op gelos voor dat hulle hierdie breinpoep gelos het?

madels ·

Dis goed want so is ons gewaarborg dat ons goeie boerewors oral sal kan koop MAAR dis kommerwekkend dat die regering wil ons voedsel BEHEER… dinge kan hier baie slegte gevolge hê

Manie ·

Nou kan daardie pienk geloofswors nie meer boerewors heet nie.

jac ·

Dis nou goeie nuus want elke slaghuis gooi al hulle alfal in wors in

Elma ·

Wonder hoeveel gaan dit NOU kos.
Mag wors koop, solank dit net nie BOEREwors is nie. Pateties.

SjN ·

Gaan die wetgewing ook van toepassing wees op die tradisionele slagtings, seremonies en norme?

RS ·

…ag asseblief tog… wil jy nou mense kom voor sê oor hoe om wors te maak???? regtig???

Andre ·

Boerewors het al vir baie jare soortgelyke wetgewing gehad, dit moet eintlik net toegepas word. Maar dis goed as ander wors ook beheer word.

LANA is ELANè ·

Waarom meng hulle in, elke persoon se “worssmaak” verskil mos…?

Hendrik ·

Ek glo daar is baie min slaghuise wat hulle daaraan steur. Dis al jare lang die vereistes en niks nuuts nie. Die ding is wie gaan dit opcheck. Hoe gaan jy weet. Wie gaan dit afdwing. Wat kan jy doen as jy vermoed jy betaal duur vir boere wors dan is dit sommer net cheap braaiwors. Enige vleis kan lekker proe met regte spices in.

OW ·

Dit is die munisipaliteite sê gesondheids departemente,inspektoraat wat hierdie regulasies moet toepas.Die regulasies bestaan al baie jare en hierdie lyk soos ‘n uitbreiding van die bestaande regulasies.SA besit van die beste wetgewing in die wêreld maar die toepassing is baie swak.

Anonymouse ·

Ek ondersteun hierdie regulasies. Ek het al opgehou boerewoes koop want meeste van hulle is absoluut walglik.

Jan ·

Ja, daar is ‘n verskil tussen wors en boerewors. As ek boerewors koop verwag ek ‘n sekere standaard.

Party boerewors wat die kettingwinkels verkoop is oneetbaar en bevat allerhande gemors. As ek by ons slaghuis koop weet ek presies wat om te verwag en weet ek kry kwaliteit.

Herman ·

Ag die goed is mal in hulle dom koppe man. Hy is dalk een wat hom al die jare dik pens gevreet het aan die Boere wors.

VaalDonkie ·

Ek dink dis great. Boerewors het sekere standaarde. Die definisie klink vir my goed.

VaalDonkie ·

Kyk hier, mense. Hulle gaan nie ander wors verbied nie. Jy mag net nie ‘n ding “boerewors” noem as dit nie aan die definisie voldoen nie. Jy moet maar ‘n ander naam uitdink.

Anje ·

Op n manier is dit goed want party winkels verkoop wors wat nie die woord “boer” vooraan , waardig is nie. Maar wie gaan nou werklik opvolg? Nes alle reels en regulasies is dit maar net woorde op papier

Mariana ·

Regte boerewors moet in elk geval net vleis, vet en speserye in balans bevat anders is dit nie boerewors nie. Maar daar is baie kansvatters wat enige goed in wors sit en dit dan as boerewors verkoop.

KatjieDeKat ·

Ja en vir my wat nie gluten (graan) mag of kan eet nie is dit n Geweldige probleem!!

Skuilnaam ·

En wie gaan kamma die boerewors inspekteer om te sien dat dit nie goed soos vark-ore en hoender-anusse bevat nie? Huh? Huh?

Hennie ·

Te veel ” longe en hoewe” in sommige boerewors. Hopelik word dié bepalings toegepas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.