Nzimande sê oor stappe ná dodelike vliegongeluk

Tewolde Gebremariam, uitvoerende hoof van Ethiopian Airlines, kyk na die wrak van die lugredery se vliegtuig waar dit neergestort het. (Foto: Facebook via AP)

Suid-Afrikaanse owerhede het ingegryp om vliegtuie soortgelyk aan die een van die Ethiopiese Lugdiens wat verlede maand geval het, te onttrek, het die minister van vervoer, dr. Blade Nzimande, in die parlement laat blyk.

Nzimande het op ’n skriftelike parlementêre vraag deur die DA-LP David Motsepe geantwoord.

Vlug 302 van die Ethiopiese Lugdiens het op 10 Maart, kort nadat dit van die Bole-lughawe in Addis Abeba opgestyg het, geval. Die vlug was op pad na Nairobi en al 157 mense aan boord is dood.

By navraag onmiddellik na die ongeluk het die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid navraag gedoen oor watter lugdienste hier te lande dieselfde tipe Boeing 737 MAX 8 gebruik wat in Ethiopië geval het.

Die antwoord was dat daar net een sodanige vliegtuig was wat op binnelandse roetes vlieg, en die vliegtuig het aan Comair behoort, wat binnelandse British Airways-vlugte bedryf. Nog een was by Comair op bestelling.

Comair het egter vrywillig albei vliegtuie aan diens onttrek selfs nog voordat Burgerlugvaart hulle kon vra, en dis steeds die geval.

Wat buitelandse lugdienste se vlugte na en van Suid‑Afrika betref, was dit net die Ethiopiese Lugdiens wat die Boeing 737 MAX 8 gebruik het. Die departement van vervoer het die Ethiopiërs se buitelandse operateurspermit sover dit daardie model vliegtuie betref teruggetrek, maar teen daardie tyd het die Ethiopiese Lugdiens reeds die tersaaklike model aan diens onttrek.

Volgens Nzimande is Suid-Afrika nie tans by die ondersoek na die lugramp betrokke nie, want die vlug was nie na of van Suid-Afrika op pad nie, daar was geen Suid-Afrikaners aan boord nie en Suid-Afrika is nie om hulp genader nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

piper ·

wat weet hy van vliegtuie,. hy kan nie een die spoorweg aan die gang hou nie

Johan Neuteman ·

Nou verstaan ek nie so mooi: een so vliegtuig in bedryf, een op bestelling. “Albei” word aan diens onttrek, maar die een is nog nie eers hier nie?

Beesblaas ·

Wys jou net hoeveel belangstelling daar is. ET302 het van Suid Afrika gevlieg die aand van 9 Maart, geland in Addis, mense af gelaai en op gelaai die ogend van die 10de en toe geval. En ja daar is Suid Afrikaaners wat op die toneel werk.

Anoniem ·

Doen net dit wat Jy goed kan doen en los dit wat Jy niks van af weet nie UIT vir die wat die NODIGE KENNIS het !! ?✔ ?✖ ❕

zoom zoom ·

Blade se departement kan nie eens ons nuwe kaart bestuurs lisensie uitsort nie dan wil hy besluite maak oor vliegtuiie.

Joe Olivier ·

Wanneer gryp hy in om die onopgeleide taxi bestuurders en hul onpadwaardige taxis van die paaie af te kry. Die taxi bedryf was tot dusver die grootste kapers van voortuitgang in die publieke vervoeŕ stelsel.

Anoniem ·

Joe Olivier

Ek stem : Taxi’s KAAP ons veiligheid op die paaie in Suid-Afrika ? ‘n Mens moet gedurig op Jou pasoppens wees as ‘n T A X I binne ‘n raduis van 5 meter kom ?❌❓❓❓❓

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.