Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, het Maandag ontken dat sy strafregtelike aanklagte teen haar voorganger, Thuli Madonsela, aanhangig gemaak het oor opnames wat uitgelek het wat met die staatskaping-verslag verband hou.
“Dit is nie waar dat adv. Mkhwebane aanklagte teen haar voorganger aanhangig gemaak het nie,” het haar kantoor in ʼn verklaring gesê. “Sy het wel ʼn saak by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria aanhangig gemaak en versoek dat die beweerde uitlek van die opnames ondersoek moet word, om te bepaal of dit neerkom op ʼn oortreding van artikel 7(2) van die Wet op die Openbare Beskermer.”
Volgens die verklaring het Mkhwebane besluit om ʼn saak te maak ná klagtes ontvang is van die presidensie en die kantoor van die speaker van die nasionale vergadering.
Kragtens artikel 7 (2) van die Wet op die Openbare Beskermer mag niemand inligting, bewyse of getuienis bekend maak tensy die openbare beskermer opdrag gee nie.
Madonsela het erken dat sy die klankopname tussen haarself en pres. Jacob Zuma, wat in haar staatskaping-verslag geïmpliseer word, uitgelek het. Weens regstappe deur Zuma, is die verslag egter eers vrygestel nadat Mkhwebane die leisels by Madonsela oorgeneem het.
Mkhwebane het gesê nog ʼn publikasie het navraag gedoen wat beweer dat hy opnames het van Madonsela se onderhoud met die voormalige ANC-LP, Vytjie Mentor.
Volgens die nuwe openbare beskermer is sy besorg dat die inligting wat uitgelek het, ernstig die vertroue kan skend wat die publiek in haar kantoor het. “Om die geloofwaardigheid van die openbare beskermer te behou en vir die mense om die instansie te vertrou, moet ons bewyse en getuienis, wat persone, insluitend fluitjieblasers, aan ons verskaf, beskerm.”
Hierdie nuwe OB hap in die wind om haar baas ter wille te wees. En sy weet dit, sy wil net nie self die antwoorde gee nie, want dan skep sy die indruk dat sy teen Zuma is, so nou wil sy dat iemand anders dit sê. Kom ek sê dit dan nou hier. Madonsela se termyn het amptelik op 24 Oktober vanjaar verstryk, sy het die bande, waarin dit gewys het dat Zuma lieg, op 13 Oktober vrygestel. Nou, hoe moeilik is dit om te verstaan. Jy hat dan al die feite, waarom agter iemand ander skuil?
Regstelling: Madonsela se termyn het op 14 Oktober verstryk (nie 24 Oktober nie), ‘n dag na sy die bande vrygestel het.
ek weet nie waaroor bekommer sy oor die geloofwaardigheid van haar kantoor nie. dis klaar in sy glory in met haar optrede teen tuli. duidelik in die sak van zuma.
MM…julle het ‘n hele paar mense se bloeddruk vanmôre opgejaag met julle berig van ” Nuwe OB dans na Zuma se pype” dit was vals en onakkuraat….gaan julle dit erken? Onthou Springbokke maak ook foute of is dit “voute”…groetnis Popeye. My verwysing was die Engelse media.
Jy het die kat aan die stert beet.
Halo almal; net ingeval iemand nog gewonder het…Eks die nuwe OB…n volwaardige Zumaikie!!!!!
Tipiese Zuma styl ontken alles.
Solank die waarheid net nie op die lappe kom nie.
Wens hulle karing meer dat sy nog n bom los …want glo my daar is meer
Solank die inligting beskerm, en nie weggesteek word nie
Nuwe OB weet natuurlik daar is n lewe na zuma …so sy moet haar stap nou ken
Ek sal verbaas wees as Thuli gefouteer het om die opnames bekend te maak. Prof De Vos, ‘n Grondwet kenner, meen in elk geval dat sy die bandopnames beskikbaar kan stel omdat die transkrip daarvan by haar verslag aangeheg was. Sy het nou net die inhoud daarvan in ‘n ander formaat na die beskikbaarstelling van haar verslag, bekend gemaak.
Thuli sal die nuttelose OB mince……..Ai Thuli jy was vreesloos, niemand was vir jou te groot om aan te vat nie….
In ‘n nuwe werk neem dit omtrent 3 maande om aan te pas en jou voete te vind. So gee haar die geleentheid; en dan kan mens praat. Van waar ek egter sit, het ek nog nie gesien dat sy namens die publiek van SA gepraat het nie. Sy sal moet sterk en vreesloos wees om Thuli se groot skoene te kan volstaan.