OB-verslag oor Phala Phala eers later bekend

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Stefan Heunis/AFP)

Die Openbare Beskermer (OB) bevestig dat die ondersoekspan, wat die Phala Phala-ondersoek hanteer het, ʼn skrywe op 20 Januarie 2023 aan die klaer uitgereik het.

“Dié brief dien as inligting oor die vordering van die ondersoek, kragtens ons standaard bedryfsprosedures,” sê Ndili Msoki, waarnemende woordvoerder van die OB.

“Die ondersoekspan het inligting en bewysstukke ingesamel, dit hersien en die geldigheid daarvan bepaal voor die voorlopige verslag afgehandel is. Dié verslag mag nie aan die publiek beskikbaar gemaak word terwyl die ondersoek voortduur nie, kragtens artikel 7(2) van die wetgewing.”

Msoki sê ná die OB se gehalteversekeringsprosesse afgehandel is, sal die voorlopige verslag aan die betrokke partye uitgereik word, en steeds nie beskikbaar wees vir die publiek nie.

Sodra dié proses afgehandel is, sal die finale verslag gepubliseer word.

Die Phala Phala-skandaal het in Junie 2022 op die lappe gekom toe Arthur Fraser, ʼn voormalige spioenbaas, ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak het. Fraser het beweer dat Ramaphosa die diefstal van miljoene dollar op sy wildplaas in Limpopo toegesmeer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Harley Davidson ·

N kriminele oortreding is begaan en cr is vandag nog ‘n vry man ,wat meer is nodig om te besef hierdie is ‘n piesang Republiek.

christo ·

CR kan nou sy mond afhou van JZ, want hy gebruik die Stalingrad metode om hom uit die tronk te hou. Wie is nou meer of minder korrup?

annie ·

Zuma2. Ons trek al by meer as 2 jaar en nog ‘n dekade of twee is nie te versmaai nie. Zyril wil 2024 darem ook agter die rug kry. En saam met die troebelwater sal die Phala-mites en legendes verspoel…

Grassie ·

Dit lyk vir my die ondersoekspan begin nou water trap met die ondersoek. Hulle sukkel seker om al die vergrype wat daar is toegesmeer te kry.

Yvonne ·

So word daar voete gesleep as die ANC uitgevang word….wee enige ander nasionaliteit

SjN ·

Hoekom is die Money laundring en verskeie ander wetgewing nie op hom van toepassing nie?

JohanR ·

Eeers die verslag mooi deurkyk en hom skoon vee, dan kan die land hom sien! Ons is oor die 60 miljoen mense in die land – ons is nie ALMAL dom nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.