Ollie Viljoen oorlede

Lees ook:
‘Hoop daar is trekklaviere in die hemel’

Ollie Viljoen. Foto: Facebook

Ollie Viljoen. Foto: Facebook

Die bekroonde musikant Ollie Viljoen is Sondagoggend in die ouderdom van 76 oorlede.

Viljoen se dogter, Enel, het Sondagaand die nuus aan Maroela Media bevestig. Enel sê haar pa het Sondagoggend in sy slaap heengegaan nadat hy verlede week weer in die hospitaal opgeneem is.

Enel sê haar pa is vroeër die week in die Mediclinic Panorama in Kaapstad geopereer weens ernstige probleme met sy bloedsomloop.

Viljoen was einde Julie ook in die hospitaal opgeneem en is op 1 Augustus ontslaan nadat hy onder meer behandeling vir hartversaking ontvang het.

Enel sê haar broer was by hulle pa toe hy gesterf het. “Sy humorsin en warm geaardheid sal ons altyd bybly. Hy was ‘n man van vele talente gewees. My pa was ‘n entertainer gewees. Van musiek tot televisieprogramme, radioprogramme en storievertel. Hy het selfs ‘n boek geskryf.”

Viljoen het in 2007 van Gauteng na die Wes-Kaap verhuis vir sy aftrede. Hy het hom steeds besig gehou met CD-opnames, toere, produksies en solovertonings dwarsoor die land. Viljoen het in Gordonsbaai gewoon.

Huldeblyke stroom intussen in vir die bekroonde trekklavierspeler.

Lees ook:
Goeie nuus: Ollie Viljoen uit hospitaal ontslaan
Gebede vir sieklike Ollie Viljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zenith Lakey

Sal U regtig mis. Rus in Vrede . Sterkte vir Familie

Jurie

Oom Ollie was n Legend! Rus in vrede oom Ollie

Delia

Watter treurige tyding! Ons gaan hom mis Saterdae op RSG..
Innige simpatie en medelye met die familie. RIV Ollie….

Fanie de Jager

Ai Olla, onthou jy nog? ‘n Jaar of wat gelede een oggend sit jy en ek, Enel en Erina hier in ons kombuis en skerts oor wat ek eendag op jou begrafnis moet sing. Op ‘n stadium slaan jy jou hande op de tafelblad en bars uit van die lag “….besef julle ons is besig om my begrafnis te bespreek?”. Jy vra toe of ek ‘Danny Boy’ vir Enel sal sing. Terwyl ek sing stroom die jou trane oor jou wang. Dit was ‘n ongelooflike kompliment vir my Olla, baie dankie!! Rus in vrede ou maat, jy verdien dit oor… Lees meer »

quentin cunningham

Boeremusiek sal nooit weer dieselfde wees,sonder oom Ollie….
Ons sal jou mis…RUS IN VREDE