Omstrede Bela al hoe nader: 8 provinsies steun wetsontwerp

skool-skoolbank-klaskamer-deltaworks.jpg

Argieffoto (Foto:
Deltaworks/Pixabay)

Al die provinsies behalwe die Wes-Kaap het Woensdag hul steun aan die omstrede wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) toegesê.

Die wetsontwerp word tans in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) hanteer. Die provinsiale wetgewers van al die provinsies, uitsluitend die Wes-Kaap, het aangedui dat hulle die wetsontwerp in sy huidige vorm steun.

Deidré Baartman, voorsitter van die Wes-Kaapse staande komitee oor onderwys, het gesê die Wes-Kaapse wetgewer moes met “groot hartseer” en “uit nood” sy onderhandelingsmandaat voorlê aangesien die NRP sy versoek vir verlenging van die sperdatum geweier het.

“Sedert 20 Maart het die komitee ʼn ongekende aantal skriftelike en mondelinge voorleggings oor die wetsontwerp ontvang. Meer as 5 200 voorleggings is por e-pos, WhatsApp en aanlyn kanale ontvang, terwyl meer as 2 700 mense tot dusver openbare verhore oor die wetsontwerp bygewoon het. Weens ʼn propvol parlementêre program kon die laaste twee openbare verhore – wat albei in Kaapstad gehou word – eers vir 4 April geskeduleer word.”

Volgens Baartman moes die wetgewer se onderhandelingsmandaat dus “onder dwang” voorgelê word terwyl die twee openbare sittings in Kaapstad nog uitstaande is.

“Die Wes-Kaapse staande komitee oor onderwys het verder besluit om voort te gaan met sy openbare verhore in Kaapstad ten einde sy wetlike en grondwetlike verpligting teenoor die mense van die Wes-Kaap na te kom; asook om die voorlopige onderhandelingsmandaat in te dien (en aan te vul) met alle voorleggings wat tot en met 4 April ontvang is. Die komitee het verder besluit dat indien ʼn uitstel nie ontvang word nie, die komitee sal vergader om te oorweeg of enige regshulp beskikbaar is oor hierdie aangeleentheid.”

Dat agt uit die land se nege provinsies die huidige weergawe van die omstrede Bela-wetsontwerp steun, bewys volgens AfriForum dat openbare belange en insette geminag word en die provinsiale owerhede slegs op eie belange en magsuitbreiding fokus.

Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, het gesê organisasies en individue het in groot getalle opgedaag en met deeglik begronde argumente teenstand teen bepalings van die wetsontwerp getoon tydens die openbare deelname- proses.

Van die organisasies, insluitend AfriForum, het volgens haar ook op grond van regsmenings van senior regslui beklemtoon dat hulle regsaksie sal onderneem indien die wetsontwerp, soos dit tans daar uitsien, aanvaar en geïmplementeer word.

“Duidelik stel agt van die nege provinsies se owerhede nie belang in die gegronde besware van die publiek of die risiko van duur regsaksies nie. Nog minder slaan hulle ag op die gevare wat dit vir die uitbouing van gehalte onderrig in die land inhou. Aan die vooraand van die verkiesing is hul fokus slegs op magsuitbreiding en om die oormaat ouers wat ontevrede is met die swak onderrig wat hul kinders ontvang, te paai met hierdie wetsontwerp wat die situasie net verder gaan vererger,” meen Bailey.

Dit is veral die feit dat die finale besluitnemingsmagte oor skole se plasings- en taalbeleid dan voortaan by provinsiale onderwyshoofde gaan berus, wat vir AfriForum onaanvaarbaar is. “Hierdie stap gaan beheerliggame ontmagtig. Húlle wat die beste weet wat in hul skoolgemeenskap se belange is, gaan blote rubberstempels word wat ondergeskik aan die wanfunksionele onderwysowerhede in hul provinsies sal wees.

“AfriForum beskou die wetsontwerp as ʼn direkte aanslag op gehalte onderrig en veral ook die Afrikaanse gemeenskap. Ons sal dit daarom beslis met regsaksie plaaslik, en indien nodig, internasionaal teenstaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Boksombende ·

Ek ken nie een enkele persoon, maak nie saak watse kleur of van watse klas af, wat hierdie wetsontwerp ondersteun nie. Maar, dit moet nie verrassend wees vir ons nie. Dis hoe kommunisme werk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Stig af Wes-Kaap. Ons is nie meer in pas met Azania nie.

Hendrik ·

Wat kon ons anders verwag in die greep van n sentrale regering waarin soveel uiteenlopende minderheids groepe, volkere met grenslose uiteenlopende kulture lewens- en wereldbeskouings? n totale onregverdige toestand waarin die meerderheids regering vrylik kan breek en vertrap soos hy wil.

H.A. ·

Ramaphosa is steeds in beheer van die Titanic – spring af as julle kan, hier kom ñ groot tragedie.

Anel ·

Soos ek sê, kommunisme word nounop ons afgedwing, sonder dat ‘n skoot geskiet word. Wat ‘n tragedie wag daar nie vir hierdie mooie land van ons nie. Wat ons oor eeue heen opgebou het, afgebreek in net ‘n paar jaar.

Bolandse Nooi ·

“Dat agt uit die land se nege provinsies die huidige weergawe van die omstrede Bela-wetsontwerp steun”, bewys net een ding – ons moet ons regmaak op volle, kommunistiese ‘regering’ à la Rusland: daar word vír jou besluit wat jy mag doen, sê, dink, hoe jy mag of nie mag optree nie ens. ens. ens. Die individualis word onderwerp aan die kommunis: dit wat myne is, is myne; dit wat joune is, is ook myne en dit was almal s’n is ook myne.

skurweberg ·

Die wat geletterd is weet en verstaan presies wat die implikasie van hierdie wetgewing vir hulle kinders se onderwys en opvoeding inhou. Die probleem le egter by die wat nie weet, nie omgee of te veel dink aan oorlewing , maar dieselfde demokratiese reg het om ‘n regte besluit te neem, wat almal se lewe gaan beinvloed.

Die vraag is nou hoe bou ‘n mens ‘n volhoubare brug met kwaliteit materiaal tussen hierdie twee realiteite . ‘n Brug waarop ek as ouer die vrymoedigheid het om my kind te laat loop? Dink saam aan ‘n volhoubare oplossing, want ons staan by ‘n gevaarlike kruispad wat die potensiaal het om gehalte onderwys wat oor jare opgebou is, te vernietig. “Kyk net hoe lyk SA nou!”

skurweberg ·

Those who are literate know and understand exactly what the implication of this legislation is for their children’s education and upbringing. However, the problem lies with those who do not know, do not care or think too much about survival, but have the same democratic right to make a right decision, which will affect everyone’s life.

The question now is how do you build a sustainable bridge with quality material between these two realities. A bridge on which I, as a parent, have the freedom to let my child walk? Think together about a sustainable solution, because we are standing at a dangerous crossroad that has the potential to destroy quality education that has been built up over years. “Just look at what SA looks like now!”

Hendrik ·

In Afrika le die grondwette rond ewe eens as die kenmerkende rommelhope.
Die kommunistiese regering het die vrye hand want die wereld gees van globalisme is aan hul kant.

Elna ·

When the Western Cape asked for an extension, Mr Nchabeleng, the Chairperson of the NCOP said;

“I don’t think we will be able to extend it by more than two weeks. Our term ends this year and we don’t know when the election will be. Before the end of term, we must make sure the bill is passed. Those who are behind should speed up the process.”

He had already made up his mind before the Legislatures had concluded their public participation and their research. This public participation is merely something that they have to do.

Why is the end of term more important than the implications of this Bill?

Why do Provinces need to speed up the process?

This Bill needs to be heavily amended.

Elna ·

The only reason why 8 Provinces are accepting the bill, is because the ANC have the majority and are pushing it through. They are like sheep, they get told what to do, they can’t think for themselves

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.