Omstrede polisiehoë bedank

(Argieffoto: Pieter Cloete/Maroela Media)

Brig. Nokuthula Pete, die omstrede bevelvoerder van die Paarl-polisiestasie om wie se kop daar ’n rassestorm losgebars het, het bedank.

Maroela Media het vroeër berig verskeie organisasies het Pete se kop geëis nadat sy onder meer gesê het die Paarlse polisie is te wit.

Sy het in Desember verlede jaar in kommentare aan ʼn medegebruiker op Facebook gesê die Paarlse polisiestasie het ʼn luitenant-kolonel in die finansiële afdeling nodig en dat sy dié oorplasing sal afteken sodat sy “hierdie wit heerskappy” (white supremacy) kan verander, omdat die “Paarl wit is”.

Sy het dié plasings sedertdien verwyder – maar nie voordat skermskote daarvan geneem is nie.

Die Wes-Kaapse polisie het vroeër bevestig dat ʼn interne ondersoek na die voorval begin is. Dit is egter onduidelik of die ondersoek afgehandel is en indien wel, wat die bevindings daarvan was.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie oor Pete se bedanking gestuur, maar nog nie terugvoer ontvang nie.

Die vakbond Solidariteit, wat op Pete se skorsing aangedring en druk op die polisie geplaas het om daadwerklike stappe te doen, sê hy is “verheug” oor haar bedanking.

“Ná 37 jaar se diens en slegs drie jaar oor voordat brig. Pete sou aftree, maak haar skielike bedanking dit vir ons baie duidelik dat sy geweet het dat sy haar werk sou verloor,” het Ronel Stander, netwerkorganiseerder by Solidariteit in Bellville in die Wes-Kaap, gesê.

“Hierdie is vir Solidariteit baie goeie nuus en die boodskap wat ons hiermee wil uitstuur is dat die polisiebestuur moet weet hulle word dopgehou en dat ons niks sal ontsien nie om te verseker dat geregtigheid in die werksplek geskied.

“Hierdie moet ’n baie duidelike boodskap wees dat ons geen rassisme of vals klagtes van rassisme in die werkplek gaan duld nie.”

Pete se bedanking is ook deur die drukgroep Action Society verwelkom.

“Dis ʼn reusesukses vir die mense van die Paarl, maar ook vir Suid-Afrikaners wat ‘nee’ sê vir rassisme,” het Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society, gesê.

“Dis ʼn sukses vir organisasies wat saamgestaan het en ‘nee’ gesê het vir haar gedrag as ʼn kamstige leier.”

Cameron sê die polisie moet hom by die stryd teen misdaad bepaal en landsburgers dien.

“Aanstellings moet volgens bestaande riglyne in die polisie gedoen word en soveel te meer op meriete gebaseer wees.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Prikkie ·

Vir wie ookal vir haar bedanking verantwoordelik was sê ek baie dankie!

Die SAPD het nie mense nodig om hulle naam deur die modder te sleep nie, en ons as landsburgers weet daar is nog goeie hardwerkende polisielede. Spaar hulle die vernedering.

Althes ·

Baie dankie! Die dae wat hul ons menswaardigheid probeer vertrap, is verby!

Ore ·

Moet sy nie vervolg word nie? MRK sal mos ‘n deeglike ondersoek doen openbaar maak dat sy skuldig is aan rassisme en dus ook tronkstraf opgelê moet word.

Heinrich ·

Een uit die pad, 30 ander wat in die ry staan om haar plek te vat…
Ek stem saam Ore, what’s good for the goose in good for the gander.

Di ·

Good Riddance!! Daar is TE VEEL van haar soort in die Staatsdiens. Hulle moet begin leer om hulle monde in toom te hou, hulle is nie “untouchable” soos hulle dink nie.

Samuel ·

Die MRK kan nie teen kaders optree nie. Dit is goed Pete het bedank uit haar eie.

Sandra ·

Sy word gegroet met ‘n deeglike handdruk dat sy nie weer haar hand aan die wiel hoef te slaan nie. Die antie lag al die pad bank toe. 1 vrot appel maak die hele kis vrot, in die geval vrot die kis al lankal

Riana ·

En volgende kry sy een of ander baie belangrike ministers pos met driedubbel haar huidige salaris

Roek ·

Ek kan julle waarborg dat sy ‘n beter pos gaan kry op die einde van die dag, korektiewe diense of so iets, hou maar gerus dop !

Andre ·

…lekker golden handshake en ‘n lekker aftree- joppie!
Hou maar dop!

koos10 ·

Jip, haar pad is met goud besaai na die parlement of een of ander senior pos by ‘n SBO.

Wendy ·

Wonder steeds hoe sy n brigadier gewrd ht met n oorheersende swart polisiemag is dt sekr te verstane – hulle is die grootste rassiste en ht dit in die afgelope 30 jr al erger gmaak -al wat in die wereld oorbly is dat Jesus moet terugkeer volgns Sy belofte want niemnd kan dit meer hou.

Minnie ·

Wendy, sy het aansoek gedoen vir n Brigadierspos in Gugulethu en so bevorder. Daar kon sy glad nie dinge hanteer nie en toe is sy Paarl verplaas. Ek het onder haar gewerk………sy was openlik rassisties. Sy kan geen witmens verdra nie. Die dag toe ek klaarmaak en met pensioen afgaan, het ek haar probeer groet in haar kantoor. Sy en vele “ander” was besig om “fish en chips” op haar lessenaar te eet. Baie jolig en baie luiddrugtig. Toe ek in stap om haar te groet, was daar skielik stilte en haar woorde aan my was “I don’t have time to see you now. Just go and shut my door on your way out”.
Agterna moes ek hoor ek het geloop sonder om haar te groet…….
Ek was ook n senior lid…….en te wit !
Karma is maar n harde slag vir haar.
Ek hoop sy geniet haar oudag…….

SjN ·

Deur te bedank is sy dus nou skotvry, sy moet nog steeds vervolg word volgens wetgewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.