‘Onbekwame’ Shabangu as raadgewer aangestel

Susan Shabangu (September 2012) (Foto: GCIS)

Lindiwe Sisulu, die minister van menslike nedersettings, het oudminister Susan Shabangu aangestel as raadgewer oor waterdienste.

Dit is onthul in reaksie op ʼn parlementêre vraag wat aan die minister gestel is.

“Shabangu is die jongste in ʼn lang lys van onbekwame en ongekwalifiseerde kaders wat deur Sisulu aangestel word om lonende poste te beklee in haar departement, wat tegnies bankrot is,” het Emma Powell, die DA se skaduminister oor water en sanitasie en menslike nedersettings, in ʼn verklaring gesê.

“Shabangu se werksgeskiedenis in die regering spreek vanself en sy het verlede jaar uit die parlement bedank toe sy nie ʼn pos in pres. [Cyril] Ramaphosa se kabinet aangebied is nie. Onsuksesvolle oudminister Bathabile Dlamini en die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging Menzi Simelane is ook vroeër vanjaar deur Sisulu aangestel. Albei is reeds in die konstitusionele hof veroordeel.”

Powell het gesê die jongste aanstelling is ʼn teken van Sisulu se “absolute minagting” vir die mense van die land wat reeds gebuk gaan onder droogte, siektes en die ANC-regering se onbekwaamheid.

“Sisulu se neiging om onbekwame en ongekwalifiseerde kaders in lonende poste in haar departement aan te stel, is ʼn klap in die gesig van haar voortgesette ‘Sisulu-antikorrupsie-veldtog’.”

Sy het bygevoeg die DA sal die aanstelling by sy “lang lys van onreëlmatige aanstellings”, wat reeds by die openbare beskermer ingedien is, byvoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

PieterP ·

Snaaks hoe daar altyd ‘n spanner in die werke hegooi word om aandag af te lei van ander dinge wat aan die gebeur is…

Michael 1 ·

Onbevoegdheid of arogantheid sonder om die nagevolge in gedagte te hou.

Porseleintjie ·

Dank Sisulu af. Duidelik is sy onbevoeg om enige wyse besluite te neem, want sy beskik nie oor die nodige insig om die pos te beklee nie. Selfs Zuma was nie verhewe bo ‘n meerderheids besluit om uit te tree nie.

Andre ·

Ons land lyk ook al meer of hulle nie eers ring-aring-arosie kan speel nie. Hoe vinniger jy uival hoe beter plek kry jy.

Magda ·

Wat het ons verwag – 1 onbekwaamde stel n ander onbekwaamde aan. As jy nie die kwalifikasies het nie hoe kan jy iemand aanstel wat dit het. het. Sy doen dit om haar onbewkwaamdheid weg te steek, bang iemand wat iets weet vang haar uit. So stel iemand aan wat net so onbekwaamd as sy is, dan kom jy weg met alles en almal – DOM SOOS (grond) kan hulle nie eers vergelyk met grond nie want grond gee vir ons baie (vrugte . groente – blomme – bome) wat gee hulle so – so dom soos net hulle kan wees, en daarvoor is daar nie pille nie.

Kokerboom ·

Die dame is onaantasbaar. Haar optrede is arrogant en minagtend van protokol, reels en standaarde . Moenie vir my se ons President is NIE bewus van die ongerymdhede. Dis ‘n klap in sy gesig.

Scalla ·

Soort soek soort, hul hoef nie opgelei te word nie want hul doen niks.

Yvonne ·

Hmm, klink mos of sy hoër aspirasies het en besig is om haarself met dankbare onderdane te omring!

Alida ·

Hoekom n feit in aanhalingstekens? Die lys is lank van onbekwames.

Jack ·

Hoe kan die leier van die land toelaat dat sy maak wat sy wil. Dit lyk asof hy n vrou nie kan teengaan nie aldoen hulle vernieteginde dinge. Ek kan nie meer die president verdedig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.