Onbepaalde vonnis vir vrou wat familielede vermoor

Levona Jacobs.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê die onbepaalde vonnis wat die hooggeregshof in Kaapstad Levona Jacobs – die vrou wat twee van haar familielede vermoor het – opgelê het stuur ʼn duidelike boodskap dat die howe dié soort gedrag nie gaan duld nie.

Jacobs is in Mei vanjaar skuldig bevind op tien aanklagte wat twee moorde, diefstal, aanranding, aanhitsing om moord te pleeg, bedrog, ontvoering en regsverydeling ingesluit het.

Sy het haar tannie, Virna Jacobs, en dié se dogter, Rowena, in Oktober 2015 vermoor en hul liggame in die agterplaas van die familie se huis in Delft begrawe.

Jacobs het met die misdaadvlaag begin ná die dood van haar broer, Donovan. Hy en sy vrou, Virna, hul dogter, Rowena, en haar kinders, Dervinicia en Leveno, het saam in die huis in Delft-Suid gewoon.

Sy het ná Donovan se dood met die plan vorendag gekom om uiteindelik al die familielede uit die huis te skop, het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG in die Wes-Kaap, gesê. Jacobs het die huishouding oorgeneem, almal se ID-kaarte weggeneem en die kinders se Sassa-kaarte, wat gebruik word om hul maatskaplike toelae te eis, gevat.

Sy het Virna en Rowena daarna vermoor en aan die familie gesê dat Virna na Garries in Namakwaland is en Rowena na Atlantis vir werk verhuis het. Ntabazalila het gesê die familie het egter onraad vermoed en die twee as vermis aangemeld.

Die huis se agterplaas is deursoek en die twee vroue se erg ontbinde liggame is daar ontdek. Daar is bevind hul voete is onder meer vasgebind en hul monde is toegestop met stukke lap en plastieksakke.

Jacobs is tydens die hofsaak as ʼn gevaarlike misdadiger beskryf wat waarskynlik haar misdade sou herhaal as sy vrygelaat sou word.

Sy is ʼn onbepaalde vonnis vir die moord opgelê. Vir die aanklag van diefstal is sy ʼn boete van R3 000 of ses maande tronkstraf opgelê. Dit is vir drie jaar opgeskort. Levona is twee jaar tronkstraf opgelê vir aanhitsing om moord te pleeg, vyf jaar vir ontvoering en drie maande vir bedrog wat ook vir drie jaar opgeskort is. Sy het ook ʼn jaar tronkstraf gekry vir regsverydeling. Laasgenoemde vonnisse word gelyklopend met die moordvonnis uitgedien.

Regter Mushtak Parker het beveel dat Jacobs eers in 2044 – ná 25 jaar agter tralies – ʼn assessering kan ondergaan vir oorweging om op parool vrygelaat te word.

“Die boodskap is duidelik dat ons howe nie dié veragtelike en wrede gedrag gaan duld nie. Dit het twee jong kinders van die liefdevolle sorg van hulle ma én ouma ontneem en hulle moet nou in afsonderlike huishoudings grootword,” het Ntabazalila ná afloop van die hofsaak namens die NVG gesê.

“Die beskuldigde is tot gevaarlike misdadiger verklaar. Sy kan nie voor 2044 vrygelaat word nie en dan ook net ná oorweging deur die hof van ʼn verslag van die paroolraad oor of sy gerehabiliteer is en berou toon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois le Cochon ·

Klink eerder na skoonsuster as tannie, haar broer se vrou. Behalwe as haar broer met haar tannie getroud was. Bedoelende dat haar broer met hul ma/pa se suster getrou het. Baie ingewikkeld die een.

tw ·

Ek glo nie Virna is Donavan se vrou nie. So dit lees Donavan en sy vrou [ naam nie genoem nie]…….. Verna, haar dogter en kinders …………….ens.

Trol ·

Waar daar kinders is, sal sassa geeis word of net een ouer of albei werk? Ek het gister n munisipale hoë gsan sien. Toe besluit om eers geld by dir otm te gaan trek.an met n sassa kaart voor my. Stel jou my verbasing voor toe die einste man myvin sy kantoor te woord staan. Hoekom is ons blankes so traag waar daar friebies uitgedeel word?

Blommie ·

@ Trol, dis eenvoudig. Ek leef nie op die gravy trein nie. Ek leer werk vir my EIE geld. Die staat moet ophou mense aanmoedig om om als GRATIS te soek en vir n slag werk vir wat mens soek.
Nie te min, op die onderwerp, kan ek nie help wonder of sy haar man ook leed aan gedoen het nie.

Anton Smith ·

Waar is die doodstraf???Dus kan jy maar vandag soveel mense doodmaak soos jy wil en nog lekker kos lewenslank in n tronksel kry!?!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.