‘Onderbenutte grond’ is geensins onbenut nie

Dit is verkeerd om aan te neem dat grond op plase, wat lyk of daar nie veel op gedoen word nie, onbenut is. (Foto: Maroela Media)

Tydens sy eerste lekgotla-vergadering van 2022 het die ANC ʼn aantal sleutelkwessies, soos korrupsie, grondhervorming, die energiekrisis en toelaes, bespreek.

Tydens die grondhervormingsgesprek is daar aangedui dat ʼn gebalanseerde en doeltreffende grondhervormingsproses nagestreef behoort te word, sonder om voedselsekerheid in te boet.

Van die instrumente wat voorgehou is om grondhervorming te bespoedig, is belasting op grond wat nie ten volle benut word nie, verdigtingstrategieë en die oprigting van produksie- en kleinhandelpersele in informele en formele nedersettings.

Die ANC het die parlement ook versoek om die verwerking van die onteieningswetsontwerp te finaliseer.

TLU SA sê hy neem kennis van die ANC se idee om onderbenutte grond te belas as ʼn manier om meer grond vir sy hervormingsagenda beskikbaar te kry, maar doen daarmee saam ʼn beroep op die ANC om te verduidelik wat hy met onderbenutte grond bedoel.

“Verwys die ANC dalk na die 95%-grond wat ingevolge sy grondoordragprogramme uit produksie gegaan het – wat hy self erken het?” vra Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

Hy sê wanneer ʼn boer in ʼn wisselbouprogram bepaalde kampe laat rus, is dit ver verwyder van onderbenut en is daar ʼn wetenskaplike volhoubaarheid ingebou.

“Om grond uit te deel is van geen waarde as dit nie die ander produksiefaktore in ʼn bepaalde sinergie in ag neem nie. Grond op sy eie is nie welvaart nie, maar kan slegs winste genereer en welvaart skep indien ʼn ondernemer, soos ʼn boer, dit saam met die ander faktore in ʼn dinamiese produksieproses met kundigheid bestuur.”

Geldenhuys sê die ANC moet besluit of hy voedselsekerheid in die land wil hê of nie. “Met sy beleid is hy besig om ons land se voedselproduksie onder die verkeerde soort druk te plaas.

“Hierdie benadering om grond in die hande te probeer kry, kan hoogstens beskou word as ʼn stemwerwery. Deur die jare het TLU SA en andere by herhaling ekonomies gerigte voorstelle gemaak oor hoe nuwe toetreders wel tot die landbou-omgewing kan toetree en die kans op sukses kan hê, mits hulle natuurlik die verantwoordelikheid aanvaar wat dit verg om te kan boer.”

Voor die hand liggende, gesonde ekonomiese beginsels

Geldenhuys vra verder die vraag oor wat nog verduidelik moet word oor hoe die ekonomie werk en die enigste meganisme wat bepaal of daar ekonomiese sukses is al dan nie, naamlik die markkrag-beginsels.

“Kom ons probeer weer. Die entrepreneur of ondernemer as een van die produksiefaktore is die persoon wat die risiko waag om met sy of haar toepaslike kennis die ander produksiefaktore, naamlik grondstowwe, kapitaal en arbeid, in ʼn onderneming saam te voeg.

“Met die snelle ontwikkeling van tegnologie en meganisering sou dit as ʼn vyfde produksiefaktor beskou kan word, ook in die sin dat dit arbeid kan vervang. Dit is iets waarvan die vakbonde dalk kennis moet neem.

“Dit is dalk nodig vir die ANC om te leer hoe om mense met ʼn ideologie te voed, want met sy werkswyse van kaderontplooiing, selfverryking en byna geen ekonomiese uitkomste nie, sal dit dalk al wees wat mettertyd gaan oorbly om mense kos te gee,” het Geldenhuys gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Op skool het ons al in std 2 geleer van wisselbou in landbou. En gronderosie en sulke goed. So ja, wonder wat het die lot op skool gemaak.

Hennie ·

Dan kan hulle mos oy Rampsapopsie se plaas ook vat, daar gaan nikksss aan op sy plaas se velde nie!

Mariana ·

Ongelukkig luister niemand in die ANC na goeie raad nie. Hulle wil net hê wat hulle wil hê, soos kleuters, dan as dit nie so lekker uitwerk nie, blameer hulle iets of meeste van die tyd iemand anders vir hul mislukkings. Kyk hoe lyk dit waar die grond reeds uigedeel is, hoeveel suksesvolle plase is daar nou nog oor. Voedselsekerheid is laaate ding op hul ideologiese pad. Dis mos maklik, stap net by winkel in en jy koop kos,……maar iemand moes daai kos daar kry. Geen ordentlike boerderye geen kos.

Jaco ·

Is daar al besluit watter grond alles by onteiening sonder vergoeding ingesluit sal wees? Ek besit 2 huise in Kaapstad, so 25km van mekaar af. Gaan ek van albei onteien word, net omdat ek wit is, of gaan net 1 onteien word met die argument van “jy het mos klaar 1. Waarom nou gierig wees om 2 te hê

Jacobus ·

Dit gaan nie oor grond nie.
Rigting is eerder die toepassing van die ANC se kommunistiese ideologie.
Klein happies wat reeds gevat is en weens ignorering daar gelaat was, word nou groot happe.

Frederik C ·

Kleinhandelpersele in informele nedersettings ?? Met die eerste beurtkrag word dit afgebrand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.