Onderbrekings weens oorstroming van substasie

Argieffoto bloot ter illustrasie.

Die oorstroming van die Stad Tshwane se substasie in die kelder van die Gautengse provinsiale regeringsgebou in die middestad het tot kragonderbrekings in die stad gelei.

Kragverbruikers en belangrike staatsinstellings in die omgewing van die substasie word tans deur die kragonderbreking geraak.

Volgens Selby Bokaba, woordvoerder van die Stad Tshwane, is die substasie verlede Woensdag omstreeks 18:00 oorstroom. Die oorsaak van die oorstroming is nog nie bekend nie.

Die volgende geboue word deur kragonderbrekings geraak: Pretoriase landdroshof, Pretoria-Sentraal-polisiestasie, die nasionale departement van maatskaplike ontwikkeling, die departement van grondsake en landelike ontwikkeling en die Gautengse provinsiale regeringsgebou.

Kragverbruikers in Kgosi Mampuru-, Madiba-, WF Nkomo- en Sophie de Bruyn-straat word ook deur die onderbrekings geraak.

“Die stad se span tegnici is besig om die water te dreineer sodat die watervlak onder die substasie se vlak is. Aanvanklik het die water 2,3 meter hoog gestaan, maar het nou al na 30 cm gedaal. Dit is ʼn aanduiding dat die span goeie vordering maak om die water te dreineer,” sê Bokaba.

Die stad verseker die publiek dat die dreineringsproses na verwagting teen vanaand afgehandel sal wees.

“Ná die dreineringsproses sal die span begin met die assessering van die skade. Omdat water in die ratte ingeloop het, moet die span die ratte se olie vervang as ʼn voorsorgmaatreël. Die elektriese werk sal eers ná die uitpomp van die water begin.”

“Indien alles volgens plan verloop, sal die herstelwerk teen Donderdagoggend afgehandel wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Goeiste!! Dit is al Woensdag oorstroom! Ek is seker dat hulle nie dadelik met die uitpomp begin het nie. Anders kon daar al Vrydag krag gewees het. Maar hier word daar mos nie na-ure en oor naweke gewerk nie!!! En ek glo nie dat dit net staatsgeboue is wat sonder krag is nie. Wat van al die besigehede en woonstelle??

Dries ·

Voorspelbaar. More sal dit wees kragonderbrekings a.g.v. kabel diefstal

annie ·

Kan Eskom nie die kragonderbrekings tot een uur per slag beperk op dieselfde tyd 2 per dag en indien nodig meer keer snags nie. Om elke dag op ‘n ander tyd gereed te wees, is ontwrigtend. Sê van 10-11 vm en weer 3-4 smiddae en 11-12 snags en/of 1-2. Besighede en klante weet dan waar en wanneer. Dit kan per gebied gerondomtalie word elke paar maande indien nodig. Sulke daaglikse skommelinge dien watter doel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.