Ondersoek geëis na ‘ernstige bewerings’ teen Maties-rektor

Prof. Wim de Villiers. Foto: US

Die DA het gesê hy het met skok en teleurstelling verneem van die bewerings teen die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), prof. Wim de Villiers.

Dr. Leon Schreiber, LP en die DA se kiesafdelingshoof vir Stellenbosch, sê volgens mediaberigte het De Villiers na bewering op ʼn onvanpaste wyse probeer om vir regter Edwin Cameron van die Konstitusionele Hof te oortuig om die universiteit se nuwe kanselier te word terwyl Cameron die hofsaak teen die US se taalbeleid om Afrikaans prakties af te skaf, aangehoor het.

“Die DA doen ʼn beroep op die US en relevante wetstoepassingsowerhede om onmiddellik ʼn ondersoek van stapel te stuur na De Villiers se beweerde optrede.

“Universiteite is uiters belangrike instellings in ons samelewing, en dit is ononderhandelbaar dat hul bestuurders ten alle tye bo alle verdenking behoort te staan. Terselfdertyd is geen persoon verhewe bo die gereg nie, en De Villiers behoort tot verantwoording geroep te word vir sy beweerde optrede.”

Regter Edwin Cameron is as die nuwe kanselier van die Universiteit Stellenbosch aangewys. (Foto: US)

Schreiber het mediaberigte aangehaal waarvolgens De Villiers glo aangehou het om Cameron te probeer oortuig om kanselier te word selfs nadat Cameron die aanbod aanvanklik van die hand gewys het.

Schreiber voer aan dat Cameron reeds by die aanvanklike aanbod van die kanseliersamp sy kommer daaroor uitgespreek het.

“Ek sit juis omring van die dokumentasie in die saak wat ons volgende week aanhoor, en watter kant toe ook, sal my posisie in die beregting daarvan hopeloos gekompromitteer word sou ek die nominasie aanvaar,” het Cameron glo geskryf. “Eweneens sou my posisie as genomineerde waarskynlik onder billike bevraagtekening kom terwyl die saak nog hangende is.”

Volgens Schreiber is dit op sigself verregaande dat De Villiers vir Cameron in die eerste plek genader het om kanselier te word terwyl die US die respondent in ʼn saak voor die Konstitusionele Hof was.

Die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, Leon Schreiber.

“Wat egter nog meer skokkend is, is dat De Villiers skynbaar aangehou het om Cameron te probeer verlei met die kanseliersamp selfs nadat die regter aanvanklik die aanbod van die hand gewys het, voordat hy dit later op De Villiers se aandrang aanvaar het.

“De Villiers se optrede skep die uiters kommerwekkende indruk dat die rektor van die US gepoog het om sy mag om die kanselier aan te wys misbruik het, in ʼn poging om ʼn regter van die Konstitusionele Hof op ʼn onbehoorlike wyse te beïnvloed.”

Die SAUK berig dat De Villiers ontken het dat hy op enige wyse betrokke was in die proses om ʼn nuwe kanselier aan te stel. Volgens hom was sy enigste korrespondensie met Cameron rakende sy beskikbaarheid vir die pos en het Cameron die pos toe van die hand gewys.

De Villiers het gesê hy is positief dat hy te goeder trou opgetree het en dat die verkiesingsproses uiteindelik in ooreenstemming met die universiteit se beleid plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Realis ·

Nog een van die Stellenbosch se boys (Mafia) wat dink hy is onaantasbaar…….

Rooi Jan ·

Hierdie rektor laat n slegte smaak in mens se mond. Hy het duidelik n probleem met Afrikaanse mense. Hy is seker n Engelse persoon wat toevallig n Afrikaanse van het. Maar die Afrikaners moet die US nou uitlos laat dit vergaan soos dit bestem is om te doen. Ondersteun die nuwe Afrikaanse universiteit en beweeg aan.

Devil ·

Ek mag dalk verkeerd wees maar ek dink “de Villiers” is ‘n Franse van…

Andre ·

Ai, dat die ultra-liberaliste nou hierdie tipe van probleem onder mekaar het…

Hans ·

Daar behoort vrae gevra te word oor Het Jan Marais Nasionale Fonds se skenkings en beurse aan US, noudat dit nie meer Afrikaans gelyk met Engels bevorder nie, maar uitsluit van US as onderrigtaal.

JohanL ·

Baie geldige vraag Hans. Miskien moet instansies soos Akademia nou eerder in gedagte gehou word deur die trustees van die fonds. As oud-Matie is ek baie teleurgesteld met die pad wat US besluit het om te stap. Ek het regtig gedink daar is plek vir EEN Afrikaanse universiteit in die Kaap.

susan ·

Wit mense julle laat my skaam kry julle probeer regtig alles in julle vermoë om korrup te wees. Die Engelse en rassisme baie min mense gaan julle iets daarvan kan leer.Julle haat Afrikaans meer.

Vryburger ·

Stem volmondig saam met Rooi Jan. Sien die kern van die probleem skemer wasig deur in die agtergrond.

Gemors ·

Hy het al lankal ‘n probleem met Afrikaans – wat hy by ‘n eens Afrikaanse Universiteit gesoek het weet nugter alleen – het seker met die plan gegaan om Afikaans te vernietig.
Hand op die blaas gewees met Zuma en nou seker Ramaposa – dalk ook gekaap deur die Guptas’s?
Ek sal nie verbaas nie want daar is niks waaroor hy trots op hoef te voel nie.
Hy het nog net drooggemaak en dan agter sy stoel gaan wegkruip. Geen rugraat , integriteit nie. Hy beskik oor niks wat van hom ‘n rektor maak nie. Absoluut niks.

Persgesig ·

O ek wens so hy word ontslaan weens erge ‘misbehaving’!!!!
Sal ‘n blye dag wees!!!!!!

Feite ·

Ten minste is daar organisasies soos die DA wie iets probeer doen aan al die skade wat reeds deur al die aandadiges aangerig is aan die behoud van afrikaans by universiteite. Ongelukkig is dit mostert na die maal omrede hierdie pogings verswak word deur vorige hofuitsprake wat ongunstig was vir die behoud van afrikaans soos in die hofuitspraak van afriforum vs UV. Die skade was reeds gedoen tydens daardie hofsaak waar dit duidelik geword het dat afrikaanssprekendes bedrieg was deur diegene wie voorgegee het dat hulle geveg het vir die behoud van afrikaans by universiteite, maar wie inderdaad met opset versuim het om sterk argumente vir n gunstige uitspraak vir die behoud van afrikaans aan te voer. Sodaniges se versuim het dus die gewenste uitwerking gehad vir n ongunstige hofuitspraak. Daar bestaan by my geen twyfel dat die UV hofuitspraak alle sake vir die behoud van afrikaans daarna beduiwel het en uitsprake beinvloed het. Afriforum se aandadigheid aan die uitfasering van afrikaans by universiteite kan dus nie gering geskat word nie, asook die verraad wat gepleeg was teenoor afrikaanssprekendes wie hulle afrikaanse universiteite erfenis kwyt is en dit alles vir die motief om n sakeryk te bou uit afrikaanssprekendes met privaat akademias.

Henning ·

@feite, as jy iets van die reg en die regsproses geweet het sal jy nie sulke snert kwyt geraak het nie. Jy maak (soos gewoonlik) weer ‘n absolute aap van jouself.

Jacomanie ·

So mnr feite jy sê dat afriforum die oorsaak is vir die miskenning van afrikaans??
Vertel dan vir ons wie nou eintlik vir die behoud van die taal geveg het. Beslis nie jy nie.

jean ·

Janee…dat die ou oompie ook nou so ‘n skelm streep het nê!…..

Johan ·

De Villiers pas mooi in die skeefgetrekte Suid-Afrikaanse manier van dinge doen. Hy is gewild in sekere kringe want hy is ‘n “useful fool”…

Matieland ·

Het hierdie onderduimsheid al vermoed toe Cameron na die hofuitspraak aangestel word as Kanselier. Ek begin hierdie tipe mense al soos ‘n boek lees. Ek bevraagteken sy titel as hoogleraar, dink dit is toegeken op grond van konneksies en ‘n skakel te wees tot verandering.

Jimmy ·

Afrikaans se status as amptelike taal is ook in gedrang. Dis net ‘n kwessie van tyd.

Dirk ·

Daar gaan die laaste Afrikaanse universiteit. Nou gaan Afrikaans ‘n kombuistaal word.

Sonder tersiere opvoeding staan ons nie ‘n kans nie.
Die jonger garde het hoeka ‘n groter liefde vir Engels as Afrikaans en ek praat uit die huis.

Charles ·

Die laaste openbare Afrikaanse universiteit staan nog stewig.(Pukke)

Kallie ·

Ons sal seker nog baie jare grappe in Afrikaans vertel, maar as akademiese taal sal Afrikaans binne die volgende 15 jaar uitsterf. Ons kleinkinders sal eendag oorslaan na Engels wanneer gesprekke tegnies raak.

Oud Tukkie ·

Jammer Charles, maar ‘n universiteit wat nie sy eie geskiedenis wil erken nie, kan nie as ‘n stewige Afrikaanse universiteit beskou word nie.

Dirk ·

Jammer Charles, is “Pukke” /NWU rerig ‘n stewige Afrikaanse universiteit?

Ek hoor dan by PTA Fm dat die universiteit nie wil deel wees van sy 150 jaar viering nie.

Die vraag is hoekom?

Charles ·

Manne julle huldig geldige punte, ‘n Afrikaanse Pukke gaan waarskynlik nie meer lank bestaan nie, synde dit ‘n openbare universiteit is en derhalwe in die spervuur van die Afrikaanshaters is.

Dit is nou net Akademia en Aros al die pad!!

Afrikaner ·

Wim lyk vir my soos n Joiner. Hy kan bly hy wees ons is nie vandag in daardie tye nie……

Leser ·

Joiner…rugraatloos en integriteitloos en nou nog n titel bygekry….skelm.

Feite ·

@Afrikaner. Nou praat jy my taal. Bo en behalwe die joiners kan ek jou Virseker dat almal wat aan die uitfasering van afrikaans by afrikaanse universiteite aandadig was, vir verraad teenoor die afrikaanssprekendes, tereg sou gestaan het. Gelukkig vir hulle en ongelukkig vir die afrikaner leef ons nie meer in daardie tyd nie en daarom het al die aandadiges in vandag se tyd, n huisie by die see!

JohanR ·

Daar gaan al ‘n geruime tyd snaakse goed aan by US. Miskien moet hulle Spook Brekers inroep, of omdat die nou ‘n Engelse universiteit is, Ghost Busters? En daar val ek alweer van my stoel af met lag!

Henry ·

Natuurlik sal hul die man jag en sal hul hom plat trek en verskeur in die nuus…. maar nie vir ou Julius of Jacob nie. NEE NEE – daardie manne mag maar maak nes hul smaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.