Ondersoek na NSFAS se administrasie, bestuur gelas

Randall Carolissen, NSFAS-administrateur.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys het ’n eenparige besluit geneem om ’n oorsigtelike ondersoek na die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) te doen.

Die ondersoek sal na die administrasie en bestuur van NSFAS kyk. Die komitee het die besluit geneem nadat hy ’n opvolgvergadering gehou het met dr. Randall Carolissen, administrateur van NSFAS, rakende bewerings van wanadministrasie en korrupsie.

Die komitee het ook getuienis van senior NSFAS-werknemers ontvang. Philly Mapulane, voorsitter van die komitee, het gesê hulle is geskok oor die oënskynlike totale miskenning van normale werwingsbeleid en -prosedures rakende die werwing van personeel by NSFAS. Die NSFAS-werknemers wat voor die komitee verskyn het, het beweer dat die administrateur die indiensneming van vriende en kennisse gefasiliteer het sonder om die behoorlike prosesse te volg.

Carolissen het erken dat hy wel die CV’s van sommige van die geïmpliseerdes aan menslike hulpbronne deurgegee het en dat hulle later aangestel is. Hy het egter ontken dat hy verantwoordelik was vir hul aanstelling. Daar is glo ’n lang lys onreëlmatige aanstellings wat aan Carolissen verbind word. Dit sluit in ʼn skoolmaat, ’n universiteitsmaat, ’n vriend van sy broer, die dogter van ’n vriend, ’n vriend van sy vrou en ’n broerskind van ʼn vriend.

Volgens Mapulane het die komitee voorts besluit dat bewerings wat in die verlede aan die lig gebring is, insluitend die beweerde onreëlmatighede in die verkryging van skootrekenaars, ook deel sal vorm van die ondersoek.

Die komitee het intussen ook beweerde optrede teen ’n werknemer omdat hy voor die komitee verskyn het, veroordeel. “Ons wil NSFAS daaraan herinner dat getuies wat voor die parlement verskyn, ingevolge die wet beskerm word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Philly Mapulane is geskok oor werwingsprosedures genade ons is geskok oor julle blatante BEE aanstellings wat nie die werk kan doen nie pffft

Sarel ·

Waarom nou kamtig geskok. Al die ANC Administrateurs doen dit. Sekere Universiteit = vrou Menslike Hulpbronne
Stel haar mzn aan as Direkteur van ‘n Dept met goefkeuring deur Bestuur. Geskok? ….
Nepotisme is net so dik as Korrupsie. Wie weet die klaers se familie kon seker nie reg kom nie.

Elsabe ·

Daai Vriend van ‘n Vriend se Kind se Vriend se Vrou en Skoolmaat en Universiteits-vriend en die se Dogter ens ens ens….

Mariana ·

Verontskuldiging is nog ‘n “trademark” van die mense. Is net nooit hulle skuld nie, nee dit was die een of daai een of Jan se skuld. Hoekom nie net eerlik wees nie…….

'n Simpelman ·

And another one bites the dust.
En die goue lyn sigbaar in nog ‘n organisasie.

Soos tereg gesê, waarom verbaas?

Eclectus ·

Daar is groter probleme met NSFAS as hierdie. Hoekom word subsidies aan die studente betaal en nie direk aan die instellings nie? Meeste studente vermors hierdie subsidies op luukshede of stuur dit huistoe om hulle families te onderhou en krepeer dan met ‘n slagoffer mentaliteit terwyl die instellings weens ‘n gebrek aan betaling noustrop trek. O, ek het vergeet, dis mos polities korrek vir die stert om die hond te swaai.

Sarel ·

Nepotisme is volgens die ANC Kulirele beginssel Hoekom nou geskok. Ek dink eerder dit gaan oor iemand wat nie pos gekry het nie

Sarel ·

Klink meer na suur druiwe. Iemand het seker nie pos gekry nie en nou Zuma die een ( as julle my aankla gaan ek prast)

Jan ·

“Daar is mos niks verkeerd met Nepotisme nie. Almal doen dit,” volgens Ace Maghashula, hoof van ANC. Niks snaaks nie.

Dries ·

Die ideale kandidaat om die baas van NSFAS te word is Mej Mani van Umtata wat so paar jaar terug lekker geleef het op die toevaliige R14miljoen in haar rekening. Dit sal 100% inpas by hoe ons land nou funksioneer.

Jakes ·

En hierdie mater verdien groot salaris elke maand terwyl hy totaal onbevoeg is om sy werk met eerlikheid en integriteit te doen. Maar natuurlik handhaaf hy net die status quo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.