Ondersoek na ‘rassestereotipering’ by mediese fondse

Adv. Thembeka Ngcukaitobi gaan die ondersoek lei. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Adv. Tembeka Ngcukaitobi gaan die ondersoek lei na beweerde diskriminasie teen swart en Indiër medici in die private gesondheidsorgstelsel, het die Raad op Mediese Skemas (RMS) Dinsdag aangekondig.

Die ondersoek is van stapel gestuur nadat lede van die National Health Care Professionals Association (NHCPA) beweer het mediese fondse behandel hulle onregverdig op grond van hulle ras. Hulle voer onder meer aan betalings vir eise word weerhou weens hulle velkleur en etnisiteit.

“Die RMS glo adv. Ngcukaitobi, ʼn gerespekteerde regskenner, gaan help om die oorsaak te ondersoek van bewerings van rassestereotipering, betalingswartlyste, betalings wat geblokkeer word, eise vir vertroulike kliniese inligting, boeliery en teistering, dwang, verstrikking en die gebruik van versteekte kameras,” het Sipho Kabane, uitvoerende hoof en registrateur van die RMS, gesê.

Volgens Kabane is die RMS se mandaat, ingevolge Art. 59 van die Wet op Mediese Skemas, die beskerming van die publiek en om die nodige stappe te doen waar hy voel dit nodig is. “Ons mandaat is om die kwaliteit en uitkomste van tersaaklike gesondheidsorgdienste deur mediese skemas te bepaal en om klagtes te ondersoek en dispute te besleg wat verband hou met die sake van mediese skemas, soos uiteengesit in wetgewing.”

Skriftelike voorleggings kan tot die einde van die maand gedoen word. Onderhoude en openbare verhore vind van Julie tot September plaas.

Die finale verslag oor die ondersoek word op 1 November verwag.

Ngcukaitobi word bygestaan deur nog twee advokate, Adila Hassim en Kerry Williams.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

emily ·

AG liewe hemel, Wanneer gaan almal ophou alles in die lewe op RAS blameer. Regtig, is julle selfbeeld dan so swak.

Roxy ·

Emily ek stem saam met jou. Ek glo nie dit gaan ooit ophou nie. Sekere mense het beslis ñ swak selfbeeld. Maak my siek. Natuurlik sal die EFF ook ñ eier lê,want hulle druk mos hul neuse oral in.

Cherokee ·

Roxy, miskien sal die eff nou stiller begin raak na AfriForm hulle so rook.

Dries ·

n Nuwe manier om regering se nasionale gesondheidsorg te versnel ?

Dries du Toit ·

Hierdie klink weer vir my na n uiteindelike aanslag teen die blanke. Hierdie gaan lei tot bewerings van wit bevooregting .

Robert Naude ·

25 jaar in die nuwe SA. Ons is darem maar nog bevoorreg…..

Andreas ·

Dries, jy is reg, Thuli het mos toegegee/gesê dis universeel met haar twiet aan Zille. So wit mense is maar oor die wêreld heen bevoorreg. Mens kan dit ook andersom gestel het.

Gesina ·

Die NHCPA is so pateties het al n saak by hulle aangemeld in 2017, hulle kom net nie terug nie, hulle antwoord nie mails nie en ook nie oproepe nie.

Willie ·

Rasbehepte klomp… betower my eerder met julle myl pale…

se net ·

die meeste mediese fondse word deesdae deur die BEE regeer. As jy bel dan praat jy net met die waarteen gediskrimineer word, nou wonder ek, wie kla vir wie aan. Anderskleuriges is dan die wat als beheer ens.

Judge Dredd ·

Wel met motor versekering ondersoek hulle ook verdagte eise en dan vat dit langer om uit te betaal.
Kan dit wees dat hierdie betrokke dokters soveel eise indien dat die mediese skemas snuf in die neus gekry het of pasiente wel behandel word?

Marius ·

Maroela, verduidelik meer van die “en die gebruik van versteekte kameras”. En wat moet ek sê, ‘n jaar nadat ek my vorige mediese fonds bedank het, soek hulle nou skielik R6000 van my. Glad nie my ingelig toe ek bedank het nie. Omdat ek wit is dink hulle ek het geld om vir ander kleuriges te susidieer. En ek wat huidiglik minderbevoorreg is. Ga, hulle hel toe gestuur met ‘n “one way ticket” en hulle sien nogal uit na die “trippie”/

khat ·

wel ek moet se ek was in hospitaal en toe fonds betaal en hulle stuur my die bewys van betaling het ek dadelik gesien n dr wat ek nooi eers gesien het of geken het nie ies ook nou moet ek se sommer baie want hy myu glo 2 keer n dag besoek toe ek hulle bel en vra sy die dame hy aseseer die internis toe bel ek maar die internis en hy se toe die n bolie storie ek het daai dr terug gebel en se woorde was hy het my elke oggend en aand gesien and i must pay toe bel ek maar die fonds en se hulle toe kom dit uit die sekere dr doen dit gereeld so i rest my case if you want to be skelm moet my nie by dit betrek nie

Onnie ·

Gebruik nou die rasse kaart om die vereistes te omseil waaraan hulle moet voldoen. Dis nou wat gebeur as jy jou doktersgraad in 10jaar gekry het met die (finansiële en akademiese) hulp wat die regering jou gee. Jy behaal 55% gemiddeld in matriek maar kry voorkeur bo leerders wat 80% gemiddeld behaal het. En so ry jy die soustrein. Dis nou wat gebeur as jy nie meer op meriete beoordeel word nie, maar op ras.

Anon ·

Wel, kom ek deel my onlangse ervaring. Privaat nie-blanke dokter eis na ure R3000 per uur maar het NIE my ma persoonlik in die hospitaal gesien op ‘n Sondag nie. Totale fooi vir dag R6000. Dokter misdiagnoseer en my ma is eindelaas oorlede. Terselfdertyd kry ek ‘n tweede opinie van blanke dokter, fooi na ure op ‘n Saterdag, R600. Mediese fonds weier nie-blanke dokter se eis en keur blanke dokter se eis goed. Is dit rasse diskriminasie? I think not.

Verkrampte ·

Hel nee! wanneer gaan die voortrekkery stop ek skaam my vir ons wit mense gun daardie mense ook bietjie kos op die tafel ons het dan so baie!

Susna ·

Wel nou het ek alles gehoor. Laat hierdie nou vir ons n les wees. Gaan julle state van die Mediese fonds deeglik na.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.