ʼn Visserman is Donderdag dood nadat hy ʼn toeval gekry en van ʼn boot naby St Francisbaai gered is, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
“Die span het omstreeks 06:30 op die noodoproep van die Vulgaris, ʼn tjokkaboot, reageer,” het Paul Hurley, stasiebevelvoerder, in ʼn verklaring gesê. “ʼn 42-jarige bemanningslid van Jeffreysbaai het glo onophoudelik toevalle gekry.”
Die bemanning het aan die NSRI gesê die man het ophou asemhaal en hulle het KPR op hom toegepas. “Die NSRI het die pasiënt na die kuslyn gebring en ʼn dokter en paramedici het steeds die man probeer bybring, maar hy is later dood verklaar,” het hy bygevoeg.
ʼn Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.
Ek wil graag weet wat n toeval is.
Ek neem aan n toeval is n epileptiese aanval.
Dagsê SNEL
Die NSRI het nie duidelik gemaak of dit ‘n epileptiese toeval of stuipe of enige ander aanval was nie. Ons vermoed die inligting sal eers in die nadoodse ondersoek bekend gemaak word.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media