Ondersoek ná ‘vreemde voorval’ by kragstasie

André de Ruyter, hoof van Eskom. (Foto: ANA)

Eskom het ’n “interessante 24 uur” agter die rug.

André de Ruyter, hoof van Eskom, het Donderdag gesê die kragvoorsiener het ’n forensiese span na die Matimba-kragstasie in Limpopo gestuur nadat eenheid 1, 2 én 3 van die kragstasie Woensdag gelyktydig uitgeskop het.

’n Span het aan die droëverkoelingswaaiers gewerk toe ’n verlengkoord op eenheid 2 se transformator laat val is. Dít het ʼn kragonderbreking tot gevolg gehad, wat eindelik verkoeling na al drie eenhede gekniehalter en die eenhede laat uitskop het.

“Ons vind dit moeilik om te glo dat dit heeltemal toevallig was,” het Du Ruyter vanoggend tydens Eskom se mediakonferensie gesê. Hy het verduidelik dat hy versigtig is om “kwaadwilligheid” aan ’n voorval toe te skryf wat deur onbevoegdheid verklaar kan word.

“Maar wanneer drie eenhede gelyktydig só uitskop, wek dit beslis agterdog.”

Bykomende sekuriteit is sedertdien by die Matimba-kragstasie ontplooi om die kragvoorsiener se bates te beskerm.

“Ons het geen harde bewyse van sabotasie nie, maar dit is sekerlik bietjie toevallig dat die voorval nou moes gebeur het.”

Eskom ondersoek intussen ook die omstandighede rondom ’n voorval by die Lethabo-kragstasie in die Vrystaat. Dié kragstasie is tans Eskom se mees betroubare kragstasie, het De Ruyter gesê.

Volgens hom het een van die verskaffingstorings wat steenkool van Gauteng na die kragstasie vervoer, omstreeks 18:00, reg op die ander toring omgeval en albei buite werking gestel. Dit het boonop kort voor piektyd gebeur.

“Die bestuur het op hul voete gedink en nog steenkool kon op die nippertjie van die Vrystaat ingebring word voordat die kragstasie se steenkool gedaan was.

“Weer eens ’n interessante voorval,” het De Ruyter gesê.

Eskom werk intussen met die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) saam, om ʼn voorval te ondersoek waartydens ’n “netwerk” van steenkoolvervoerders glo onderweg na die kragstasies met die steenkool se omhulsel gepeuter het. Eskom glo goeie gehalte steenkool is vervang met materiaal wat eindelik nadelig was vir die kragstasies se meulens en ketelbuise.

Maroela Media het vroeër vanoggend berig beurtkrag sal na verwagting Donderdagaand om 21:00 opgeskort word voordat fase 1-beurtkrag Vrydagoggend om 05:00 in werking tree.

  • Die volgende konferensie sal na verwagting Vrydag om 09:00 plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Winnie ·

Snaaks né. Dit is darem baie toevallig. Ek wonder of die “onwettige koppelaars” ook loadshedding kry

VaalDonkie ·

Klink vir my soos in Animal Farm waar arme ou Napoleon die heeltyd blameer was vir die sabotasie van hulle windmeul

Misky ·

Ja nee, darem te veel “toevallige gevalle” nou so op mekaar. Iemand wil seker maak De Ruyter kry baie wind van voor en soek hom uit sy pos

Althes ·

Ja als in die naam van gierigheid en mag. Twee dinge wat ñ verslawing is aan die Suidpunt van Afrika

Lourens CFG ·

Ek dink mnr De Ruyter sal moet lyfwagte kry want, as hulle hom nie met sabotasie kan uitkry nie, kan leliker dinge volg.

casper ·

Ma dit is presies wat jy kry as jy onnosele en onkundige idiote moet aan stel weens hulle vel kleur. Dit is nie vreemd nie !!!

Wielspore ·

Dit wil voorkom of André de Ruyter se mes diep sny om al die slegte wonde skoon te maak. Staan sterk en gaan aan met jou goeie werk.

anniekiewiet ·

Aan wie se kant staan hierdie afduimpies? Dalk by die korruptes wat nie daar hoort nie?

Anoniem ·

Dis moedswillige sabotasie met die uitsluitlike motief om jou in ‘n swak lig te stel mnr de Ruyter.

Pieter ·

Die anc is kommuniste en terroriste wat het jy gedink andre

Samuel ·

Mnr. De Ruyter, nou klink u soos ‘n leier. Moet nie bang wees vir politici en vakbonde nie. Tree op teen booswigte of onbekwames on u organisasie. Dankie.

Perdeby ·

De Ruyter moet net sterk staan teen al hierdie kaders wat hom met alle mag wil uit hê. Ek dink hy is stil stil besig om vordering in die regte rigting te maak.

henndrik ·

Ek reken dit sal ‘n goeie belegging wees om oral kameras op te sit en miskien lukraak leunverklikker toetse

Janine ·

Sterkte, Mnr de Ruyter. Alhoewel baie jou kruisig, besef baie meer van ons dat jy 27 jaar se gemors moet opklaar. Niemand van ons waardeer ‘loadshedding’ nie, maar ons het darem ook die vermoë om te besef dis nie jou skuld nie. Jy is besig om die gemors uit te sorteer, en daarvoor haal ek my hoed vir jou af!

Suzette ·

Ek hoop Mnr de Ruyter kyk uit vir sy eie veiligheid ook…..die spul wil verseker van hom ontslae raak.

My siening ·

Sterkte Mnr De Ruyter jy word deur die koruptes geteiken!

Frank John ·

Dit lyk al meer na sabotasie. Ek dink die land is op die punt om oorgeneem te word deur iemand. As jy eers jou krag voorsiening verloor, jou lughawens, water en kominikasie. Dit is al die goed wat geteiken word pasop sê ek. Iets is besig om te gebeur en ons is nie daarvan bewus nie. Die land sal moet wakker skrik. Kyk maar waar word buiteland se geldelike hulp aangebied. Hierdie land word onder ons neuse opgekoop.
Hiers die strik: THE LUST FOR MONEY!!!
Not money, THELUST!!!

Elize ·

Mnr de Ruyter, jy sal vinnig van die vyande van die land moet ontslae raak. Hulle wil seker maak jy verloor jou werk. Julle sal moet dink aan Eskom polisie.

Ria ·

Ek glo hierdie vermoedens. Dit wys net weer dat alles in SA oor kleur gaan. Ons kan nie eers saamstaan om almal se ligte aan te hou nie. De Ruyter is wit en daarom moet hy gesaboteer word sodat n blonde swart ou sy job kan kry

Saartjievandiebosveld ·

Ah. .iewers het die ligte aangegaan. ..ek sê lankal al dat Eskom gesaboteer word

Andries ·

Wat ookal die oorsaak – onbevoegdheid of moedswilligheid – STEEK IN DIE PAD!

Blikkies ·

Mr, de Ruyter is al reeds so grys, hoe gaan die arme man lyk na die tyd? Ek haal my hoed af vir hom.

Perdeby ·

Passop dat daar nie iemand met ‘n agende is nie, om hom te probeer uitwerk nie, maar ek glo nie hy sal so maklik vir die grappie val nie, daarom het hy die valke ingekry.

madels ·

Ek is so bly dat uiteindelik begin De Ruyter die “toevalligheid” bevraagteken. Natuurlik is dit Sabotasie!!!! Maar o wee, n mens durf dit mos nou nie sê nie! Die nie polities korrek nie!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Vervang die Eskom Raad en Topbestuur met net Eskom vakbondleiers. Dan kan hierdie vakbondleiers vir die Suid-Afrikaanse nasie bewys hoe Eskom doeltreffend en effektief bestuur kan word en binne 5 jaar winsgewend word.

“Just show the South African nation the money based on profits”.

Nico ·

Wat beteken hierdie vreemde voorval in aanhalings tekens, verduidelik dit asb. deesdae is alles vreemde voorvalle as gevolg van onbevoegdeheid.

Esme ·

Net ‘n ander vorm van staatskaping… Natuurlik het ons almal ons eie persepsie wat aangaan en wie agter die chaos werksaam is en laat ons hoop op ‘n arrestasie.

Antonk ·

Ja.Dis nie eers ons skuld dat hulle nou so aanjaag by eskom nie,maar nou moet ons sit met beurtekrag.

Dunsie ·

Eskom kragstasies het sekuriteit, wat gaan nog sekuriteit help?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.